Gordhan kasty De Ruyter: ‘Alwetend, narsisties, melodramaties’

Die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan. (Foto: ANA)

Nee, minister Pravin Gordhan het nié André de Ruyter se boek gelees nie.

Dit was Woensdag tydens die minister van openbare ondernemings se verskyning voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) baie duidelik dat Gordhan nie meer ooghare vir De Ruyter het ná daardie TV-onderhoud en nou ook boek nie.

Die minister het verskeie steke ingekry en sarkastiese opmerkings oor die voormalige Eskom-hoof gemaak. Hy het ook ruiterlik erken dat hy geskok was deur De Ruyter se onderhoud met eNCA en dat dié onderhoud eindelik ’n vertrouensbreuk veroorsaak het.

Oor De Ruyter se nuwe boek, Truth to Power: My Three Years Inside Eskom, sê Gordhan dat De Ruyter se uitlatings oor korrupsie by Eskom “niks nuuts is nie”.

“Ons het dit almal gesê – voor sy tyd, gedurende sy termyn en ons sal dit ná sy tyd óók sê.

“Wat wél nuut en interessant is … het hy elke gesprek wat hy gehad het, opgeneem? Was hy meer geïnteresseerd daarin om ’n boek te skryf vir sy nalatenskap wat sy prestasie by Eskom betref?

“Indien die boodskap is dat daar korrupsie by Eskom is … ons almal het dit al voorheen gehoor.

“Maar is dit nodig om rekenskap te gee oor wat jy gedoen en nie gedoen het nie by ʼn instansie soos Eskom om aan mense te verduidelik waar Eskom vandag is?

André De Ruyter tydens sy onderhoud met verslaggewer Annika Larsen. (Skermgreep: eNCA)

“As jy in beheer is, toon ʼn mate van verantwoordelikheid. En as jy nie jou doelwit behaal het nie, toon dan ʼn gevoel van berou. Sê: ‘Ek is jammer, Suid-Afrika. Ek het my bes probeer. Ek kon nie beter doen as wat ek gedoen het nie’.

“Jy gaan nie rond en maak bewerings teen mense nie. Dit is karaktermoord, bloot om jouself te verdedig. Sommige sal sê dit is narsistiese gedrag.

“Maar ons is nie hier om [De Ruyter] se psigologie te ontleed nie. Ons is hier om as ’n land na baie belangriker dinge te kyk.”

Gordhan erken dat De Ruyter met sy aanstelling as hoof van Eskom ’n instelling geërf het wat van vooraf opgebou moes word.

“Maar jy het aansoek gedoen vir die pos van uitvoerende hoof. Jy het in ’n onderhoud gesit met vier ministers. Jy het voor dít in ’n onderhoud met die raad gesit. Jy het die pos aanvaar. Jy het gesê jy is bereid om ʼn salarisverlaging in nasionale belang te neem.

(Foto: Mariska Nanni/Maroela Media)

“Dan moet jy verantwoordelikheid neem vir wat jy geërf het. Jy verander wat jy erf. En jy vra vir hulp.”

Gordhan verwys dan later in antwoord op ’n vraag na ’n voorval waar genl.maj. Nico Gerber, hoof van die Valke in Mpumalanga, ná die eNCA-onderhoud na De Ruyter uitgereik het om meer inligting oor die beweerde korrupsie by Eskom te bekom. De Ruyter het glo nie op die versoek reageer nie.

“So, aan die een kant kla jy dat wetstoepassers nie genoeg doen nie en aan die ander kant probeer wetstoepassers vasstel wat jy sê en jy weier om saam te werk.

“Maar ek veronderstel dit is waaroor melodrama gaan.”

Gordhan sê hoewel hy nie De Ruyter se boek gelees het nie, het hy by ander gehoor dat De Ruyter die indruk skep dat “die enigste held in Suid-Afrika De Ruyter is”.

“Die res van ons is blykbaar dwase. Net hy weet wat die beste is. Net hy weet wat korporatiewe bestuur beteken. Die res van ons is blykbaar almal steeds in doeke.

“Ons moet lyk my almal by sy voete sit en by hom leer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Christo ·

Dis tyd vir De Ruyter om name te noem. Ons sal crowdfund vir se hofsaak…

JvR ·

Hy moes drie jaar gelede name genoem het as hy enige eerbaarheid gehad het

WitBlits ·

Gaan lees sy boek – dalk sal jy dan verstaan onder watter druk en vrees die man moes werk en lewe….

piet ·

‘n Mens sou dink dat ‘n ou wat 10 miljoen verdien sal so effe druk moet kan hanteer.

piet ·

Hy kan nie want hy’t goed in ‘n boek gelees en dit verkoop as die waarheid. Dit stel De Ruyter in ‘n baie swak lig. Hy’s bang om name te noem want hy gaan gedagvaar word vir naamskending dan.

Surfer ·

En ook maar geraamtes in die kas……..wag net, dit sal ook nog uitkom.

Sobymykoolkop ·

Anders as die geswore kommunis is dd Ruyter ń man van min bedrog.

Sobymykoolkop ·

Teen die tyd behoort jy te WEET ADR weerhou die name op regsadvies. Gordan is die ” baas” en hy weet wie dit is omdat DR aan hom rapporteer het. Dring vir slag aan dat PG name noem.

Truthful ·

N. TYDTJIE GELEDE HET PRAVIN NA AFRIFORUM GEHARDLOOP VIR HELP… SNAAKS… HY MOET WEET VAN WAT AANGAAN.. HY IS BANG VIR IETS.. MY OPINIE

Sobymykoolkop ·

Hoekom het hy dit gedoen, wanneer? Lig ons in dat ons ook weet asb, dink nie dis waar nie.

Theunis ·

Baie interessant dat die ministers nou hulle ruggies krom trek, voel hulle dalk kwesbaar in die opsig dat daar nou werklikke besonderhede ter tafel gelê is as bewys dat hulle werklikwaar onbekwaam, korrup, oneerlik en pateties is.

Gert ·

Gordhan sê dat De Ruyter se uitlatings oor korrupsie by Eskom “niks nuuts is nie”.
En steeds doen nie een van julle ANC hoog geplaastes iets daaraan nie want almal vreet saam uit die trog uit.

Johann ·

Oor een ding is Gordhan 100% reg – dit is dat die res van sy “ons” almal dwase is! En meneer Gordhan JY is “waar die buck stop” – JY het niks gedoen terwyl JY MOES. De Ruyter het ons net gewys dat die ANC is selfs meer walglik as wat ons vermoed het.

SwartBees ·

Beste kommentaar vir die dag, beter kon dit nie gesê word nie. Dankie.

Janine ·

Sê: ‘Ek is jammer, Suid-Afrika. Ek het my bes probeer. Ek kon nie beter doen as wat ek gedoen het nie’. Is dit nie presies wat die HELE KORRUPTE regering moet doen nie, jou nar!!!!!!

Papsak ·

Gorden jou mond nou baie los en groot oor De Rhyter maar het jy en almal saam met jou by eskom al iets reg gekry of gedoen kom se jou gou antw is NEE ja hy is n yster julle wil net nie waarheid hoor nie julle kan by hom gaan leer regtig want sover gaan daar niks aan by eskom nie julle flip net meer op so bly liewers stil

Anel ·

So as almal can die korupsie geweet het, hoekom nie iets daar aan gedien nie? Nou kom d Ruyter en hy maak dit openbaar en nou is hy die vark in die verhaal! Gordan, jy is maar net so slegs. Ek is seker jy vreet net so lekker by die trog. Dat jy so laag kan daal om iemand wat die waarheid praat so te beledig sê ook baie van jou!!!

Herman L ·

Gordan wat “geskok was deur De Ruyter se onderhoud met eNCA”, maar hy erken dat dit niks “niks nuuts is nie”. Hoekom was hy dan geskok? Politici van veral die ANC is baie duidelik daaroor dat daar bewyse moet wees voordat korupsie ondersoek word. As daar bewyse is, wat is dan die doel van ‘n ondersoek? Wat is dan die funksie van die polisie, Valke en SVA? Daar is net een rede die polisie, Valke en SVA se funksie is om die bewyse te laat verdwyn. En as daar bewyse aan hulle gegee word, doen hulle niks daaraan nie!

Jannie van Niekerk ·

Met a die (on)nodige repsek mnr Gordhan, die enigste een wat NIE lieg oor ESKOM nie is Mnr De Ruyter. Uself kan nie geglo word nie want destyds toe die SAL (kastig) verkoop is was u die een wat gesê het die SAL sal nie weer belastjnggeld kry nie net om met die volgende begroting weer miljarde te vra vir ‘n maatskappy wat geen bestaansreg het nie.

Staal ·

Gordhan is so aanvallend soos ‘n gehokte wilde dier. Bang vir die waarheid of wat?

Watsenaam ·

Aanval is die beste verweer, Daarna volg die Staling orde van doen. Weg met die anc en eff. Hulle probeer altyd die skuld op ander pak, instede daarvan om te erken hulle het misluk.

tweeling ·

Wel, de Ruyter het gesê hy is jammer hy kon nie beter nie. Gaan lees dit in verskeie berigte, maar dis beter om die man onder die bus te gooi. O ja terloops, hy is gevra om aansoek te doen deur ‘n vername politikus en hy was vêr agter in die ry. Terloops jy is die minister van openbare ondernemings soos bv Poskantoor, SAUK, Prasa, Transnet, Eskom ens. Noem een wat jy kan sê uit jou stal nie uitmekaar val. Stop shooting the messenger, he did a great job

Felix ·

Het die siel nou ‘n goue sterrietjie in sielkunde in die kleuterskool gekry…..lees die DSM 5 se kriteria vir narsosisme

Republikein in die Wes Kaap ·

Werkers by Nampak en Sasol stem saam met Gordhan.

My siening ·

Dit vat groot narsiste en rassis om kleintjies raak te sien, Gordhan!

Willem ·

Geagte minister
Vertel vir ons net EEN enkele ding wat jy gedoen het om Eskom beter te maak. Net een!
Ons het soveel respek vir jou gehad op ‘n tyd, maar nou is hy maar net nog ‘n kader.

Jolanda ·

Mnr. Gordhan, jy is nog ‘n groter sikofant as wat ek gedink het. Skynbaar net soos die res. Hou maar aan vasklou aan jou ou idealistiese ideologieë – kyk waar bring dit jou…

Watsenaam ·

En so sê een van die grootste leunaars wat nog in die kabinet sit. Hy weetalles en doen niks. Te bang hy gaan sy werk verloor. Gordhan jy is net so sleg soos die ANC!!

Jacobus ·

Jô, maar dis moeilik om koeēls te “dodge” met broek om jou enkels!

kommentaar ·

Mnr Gordhan, jy is soos die een w/app groep in velddrif se admin. As jy iets doen waarmee hulle nie saamstem nie mute hulle jou. Is jy en sodanig dan so bang vir mnr de Ruyter se vertellinge van sy tyd by eskom want julle is nou bitter versigtig vir wat hy weet. En om te dink ek het nog altyd vir jou opgekom en respek gehad!!!

Frikkels ·

Dit is die woorde van ñ man wie se tone blou getrap is mnr. Gordan. Jy en julle moe in die eerste plek na de Ruyter geluister het en die korrupsie gestop het, of kon jy dalk nie omdat die skoen jou te styf pas hmmmmmm!

Koos 100 ·

Ek kan nie glo ons was verlig toe hy vir die tweede keer as minister van finansies aangestel was nie.

Tricea ·

Karaktermoord? Ook maar lekker bang, ne? Staan in elk geval ook agter die deur en beskerm elke kader sover as wat julle gaan!

AH ·

Op ‘n stadium lank gelede het ek gedink Gordhan is nie té sleg nie. Nou het hy al deur en deur sy ware klere gewys wat hom maar so korrup soos die res van sy trawante maak. Alles wat hy van de Ruyter kwyt raak is eintlik van toepassing op homself! Kyk in die spieël Mnr Gordhan!

Se maar net ·

Ja Pravin, probeer jouself cover en verontskuldig, jy het goed geweet en niks gedoen nie, nou gooi jy De Ruyter onder die bus om jou bas te red.

Chris ·

As jy in beheer is, toon ʼn mate van verantwoordelikheid. En as jy nie jou doelwit behaal het nie, toon dan ʼn gevoel van berou. Sê: ‘Ek is jammer, Suid-Afrika. Ek het my bes probeer. Ek kon nie beter doen as wat ek gedoen het nie’

Baie interessante aanklag wat hy maak. As DR al Eskom inligting metPG gedeel het, hoekom het hy wat minister is nie ingespring en DR gehelp nie, maar nee smaak my hy is een van die voorste skeppers van Eskom se fondse. Klink my of hy familie ooreenkomste het met die Guptas. Sê maar net.

Piet ·

Ek het ook nie die boek gelees nie. Enige persoon wat in ‘n baie moeilike situasie instap en gesprekke opneem dink op sy voete, dit was ‘n baie slim idee gewees. so niks wat julle vir hom gooi gaan kleef nie.

Ropp ·

Word wakker Gordhan!!!!!! de Ruyter WAS die ENIGSTE HELD wat probeer het om Eskom om te draai.
Is die minister se naam dalk op die lysie??

4ntj13 ·

Nee, Gordhan, daai man het ʼn geheue soos ʼn olifant en kon op geen ander manier vir ons plebiete die waarheid vertel van ons staatsinstellings nie. Dus: DIT WAS NODIG!

JvR ·

Ja. Hy kon n boek van meer as 200 bladsye skryf in n betreklike kort tydjie

Marina ·

Laat hy homself die held noem, maar wat het die regering gedoen om hom te ondersteun. Hy het probeer ten minste. Sedert 1994 breek julle bet af. Als stort in duie, infrastruktuur, paaie, hospitale, klinieke, skole, transnet, poskantoor, SAL, Eskom, Telkom, munisipaliteite, staatsinstansies soos weermag, tronk en SAPD ens. Jul is al 29 jaar aan bewind en wat het verander, niks. Julle blameer rassisme maar julle is rassisties…kyk nou na jul beoogde nuwe rasse. wette van Indiër en Kleurling….is ons dan nie gelyk nie. Ons dien mos een God en ons bloed is almal rooi. Dus tyd om te aanvaar…..jul het gefaal. Jul het julself verryk dus al. Gee terug voor jul verder afbreek en niks oorbly nie, maar jul het ook nie die “guts” daarvoor nie, want jul is ruggraat loos met geen eer en waardigheid nie. Julle is tog so bang jul stap daar uit kaal hande. Julle kyk nie eers na julle eie mense wat verarm nie.

Althes ·

Alles waarvan Peavin Gordhan Andre de Ruyter van beskuldig, is presies wat SA se burgers van die regerende party dink. Niks wat uit hul mond kom, klink meer loofwaardig nie.

Heinrich ·

Daar is soveel fout met hierdie tirade dat daar nie genoeg plek is vir kommentaar nie!
“The buck stops here” bestaan nie in Gordhan se dept nie, as almal dit al lankal weet en die land is op sy knieë, wie is dan verantwoordelik?

Dit wat Gordhan oor de Ruyter sê is net soveel van toepassing op homself: “As jy in beheer is, toon ʼn mate van verantwoordelikheid. En as jy nie jou doelwit behaal het nie, toon dan ʼn gevoel van berou. Sê: ‘Ek is jammer, Suid-Afrika. Ek het my bes probeer. Ek kon nie beter doen as wat ek gedoen het nie’.

Die beste verdediging is ‘n aanval op die persoon ipv die probleem aanspreek; stokoue ANC taktiek. Geen spanwerk nie.

“Jy gaan nie rond en maak bewerings teen mense nie. Dit is karaktermoord, bloot om jouself te verdedig. Sommige sal sê dit is narsistiese gedrag.” The pot calling the kettle black…

Agie@toeka ·

Jy gooi lekker klippe en dit terwyl jy self in jou ou luukse glashuis bly! Vee eers voor jou eie deur, voordat jy oor die ander ou wil weeklaag! De Ruyter is tenminste eerlik genoeg waar julle als toe smeer! Maar die dag gaan kom dat julle ongeregtigheid julle verby steek en dan gaan ons die lekkerste lag!!

Peter ·

Toema Gordhan, die wiel draai stadig maar seker, wees maar voorbereid…

4ntj13 ·

De Ruyter het hulp gevra orals. En kon dit nie kry nie. En, hy het geweet dat verby ʼn sekere punt die publiek ingelig moet word. Dink aan waar die integriteit-aanvalle nou staan.

Asof die hoof van die Valke nie eens uit SAPS se rekords kan sien waarvan De Ruyter praat nie… Nou het hy privaatheid nodig om sy lewe te beskerm, selfs van hulle.

Dit wat SAPS se eksperts gedog het is “sinus poisoning” ipv “cyanide poisoning” is verdomp die duidelikste teken van die vlak van ondersteuning wat hy gehad het.

Maar, blykbaar is Mandaryns ʼn beter vaardigheid vir CEO by Eskom as common sense. Almal het vergeet De Ruyter is ge-headhunt. Dat 28 ander voor hom die werk geweier het. Die “moeilikste werk in SA”. Hy is vervang met… Deur immorele mense, blykbaar sonder gemiddelde geheue of intelligensie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.