Grey Kollege se nuwe hoof aangekondig  

Braam van Wyk is as die nuwe hoof van Grey Kollege Sekondêr in Bloemfontein aangewys. (Foto: LinkedIn / Braam van Wyk)

Grey Kollege Sekondêr het vandeesweek aangekondig dat Braam van Wyk die leisels as nuwe skoolhoof oorneem.

Van Wyk is die 11de hoof sedert 1855 van dié spogskool in Bloemfontein. Hy is ook ʼn oudleerder van die skool en was vir meer as 27 jaar as ouer aan die skool verbonde. Van Wyk het van tyd tot tyd ook hokkie by die skool afgerig – ʼn sportsoort waarin hy nasionale erkenning geniet.

Sy nuwe rol volg nadat hy meer as ʼn dekade die hoof van St Michael’s School for Girls was.

Hy sal op die eerste dag van die nuwe skoolkwartaal formeel aan die onderwysers en Grey-leerders bekendgestel word.

Dié spogskool is die afgelope jare in die nuus weens ʼn bittere twis tussen die beheerliggaam en die voormalige hoof, Deon Scheepers. Hy het verlede jaar sy bedanking aangekondig.

Cobus Visser, voorsitter van Grey se beheerliggaam, het in ʼn plasing op die skool se Facebook-blad gesê dat hulle met “groot verwagting na Braam se bydrae en leiding uitsien om Grey Kollege tot steeds groter hoogtes aan te spoor”.

Hy beskryf Van Wyk as ʼn deurwinterde skoolhoof met meer as 21 jaar ervaring en ʼn bewese geskiedenis en prestasie in dié rol.

“Die feit dat hy St Michael’s vir die jaar aangevoer het tot ʼn platinum akademiese skool, is maar een van sy uitmuntende prestasies.

“Spesiale vermelding moet ook gemaak word van mnr. Ludwig Koekemoer wat met onderskeiding as hoof waargeneem het. Ons sien uit die na die volgende era in Grey Kollege se geskiedenis.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Erik ·

Baie geluk Mnr van Wyk. Ek glo jy is die beste kandidaat. Ek hoop werklik dat die BL jou sal toelaat om jou werk te doen. Daar was soveel onwettighede onder die tafel ingevee by Grey voor Mnr Scheepers se aanstelling, dat hulle hom daar uitgewerk het omdat hy dinge reg en wettig wou doen. Van onwettige aanstellings deur die BL (ek kan vele voorbleelde noem bv. vrouens van Cheetah spelers en oud-Grey manne se aanstellings, wat glad nie gekwalifiseerd is nie en veel meer) tot Grey tradisies wat deesdae onwettig is, maar moes voortgaan. Ek hoop van harte dat u die skool se naam kan herstel, want tans sal ek glad nie my seuns daar inskryf nie.

Zombie ·

Ek stem 100% met jou saam, @Erik. Ek dink egter nie die Grey-fanatici sal jou inskrywing op prys stel nie.

krodedil ·

Welkom Braam. Ek glo jy kan die blapse en verleenthede van Scheerpers regmaak as jy ‘n reguit pad stap sonder verskuilde agendas. Grey se naam het jaarliks agteruit gegaan onder Scheepers se swak leiding en manier van dinge doen. Leerders se punte moes jaarliks aangepas word weens swak onderig. Akademies is Grey heel onder aan die lys van skole. Stop die maaitjie aanstellings en die omkoop van ouers om hulle kind te bevoordeel.

Spook ·

krodedil, ek stem saam met jou. Ek hoop Bishops is gereed vir die ongeluk wat hulle gaan tref! Die dissipline het agteruit gegaan onder die vorige hoof. Dit gaan ‘n reuse poging kos om weer die dinge reg te kry. Een van die kommentators hierbo het die opmerking oor onwettige tradisies gemaak. Ek weet nie van so iets nie.
Daar is twee tipe mense, die wat op Grey was, en die wat wens hulle was daar. :-)

007 ·

Spook ek neem aan jy was daar? Ek sal my kinders nie in Grey sit agv mense soos jy!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.