Guptas se uitlewering ‘vorder’

Argieffoto van Atul Gupta. (Foto: AFP)

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het reeds sy aansoek vir die voorlopige inhegtenisneming en uitlewering van Atul en Rajesh Gupta by die relevante owerhede in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) ingedien.

Suid-Afrika het nou ingevolge ’n verdrag wat hy in 2019 met die VAE onderteken het, 60 dae om ’n formele aansoek vir uitlewering in te dien.

“Die NVG is op koers om hierdie proses te finaliseer,” sê Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die NVG, nou.

Dié versekering kom te midde van vrese oor of die aansoek wel betyds sy weg tot in die VAE sal maak om te verseker dat die broers uitgelewer word.

Mhaga sê egter die NVG se leierskap het volle vertroue in die ervare span aanklaers wat by die Gupta-uitleweringsproses betrokke is.

“Hierdie kernspan van aanklaers lei die proses, met die ondersteuning van verskeie private advokate om te help met die finalisering van die formele uitleweringsversoek.”

Amptenare van die departement van justisie en die departement van internasionale betrekkinge en samewerkings hanteer op hul beurt die diplomatieke en politieke aspekte.

Mhaga sê die NVG is steeds nie bereid om so vroeg in die uitleweringsproses verder kommentaar te lewer oor die proses nie.

“Ons neem wel met kommer kennis van die wydverspreide verkeerde inligting en spekulasie oor hoe die NVG en sy leierskap hierdie komplekse regsproses hanteer. Terwyl ons die openbare belang in hierdie aangeleentheid besef, moet ons daarop fokus om ons grondwetlike mandaat en verantwoordelikhede uit te voer sonder afleiding, vrees of guns.”

Mhaga sê die NVG verwelkom opbouende kritiek. Die vervolgingsgesag ontken egter berigte oor sy oënskynlike swak hantering van die Gupta-broers se uitleweringsproses, of versuim om op versoeke van die VAE te reageer.

Luidens mediaberigte het dit die Suid-Afrikaanse owerhede drie maande geneem om die broers se vingerafdrukke aan Doebai te verskaf sodat hulle in hegtenis geneem kon word.

Mhaga sê dié bewerings is nie akkuraat nie en bloot “gevaarlike spekulasie, of polities en persoonlik gemotiveerde aanvalle om die NVG en sy leierskap tydens hierdie proses te ondermyn”.

Kenners het kort ná Atul en Rajesh se inhegtenisneming in Doebai aan Maroela Media gesê dit sal na verwagting jare neem voordat die broers aan Suid-Afrika uitgelewer gaan word om op tuisbodem pa te staan vir hul beweerde aandeel in staatskaping.

Dit is dan boonop maar die begin van ’n bittere regstryd wat selfs nóg langer kan duur.

Lees die volledige berig hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Swerwer ·

Zuma sal seker sorg dat die spertyd van 60 dae nie gehaal word nie want dit is mos sy tjomme

Annamarie ·

Hoe lank is die reis dan van Dubai af na SA? Per vliegtuig of donkie-kar?

Pampoen ·

As hulle ooit tronk toe gaan vreet ek my hoed op. Hulle weet te veel.

Peach ·

@Pampoen, van wie weet hulle te veel….. van jou of van my of, van ons albei?

Kobus ·

Is hulle tans in die tronk? Indien wel stel ek voor die NVG sleep voete want as hulle hier aankom gaan hulle vlugtig in die hof verskyn en borgtog kry om maar net weer deur die ander No1 vanaf Waterkloof te laat ontsnap. Mpofu is seker reeds besig met sy voorbereiding

Willi ·

Wat ‘n grap. Almal weet dat dit jare sal neem om hulle hier te kry om nie eens te praat van vervolging nie. Wie wil hulle nou flous?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.