Hernude ondersoek na Cele verwelkom

Bheki Cele (Foto: Rasaad Adams)

“Bheki Cele moet gekeer word om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) dieper die afgrond in te sleep.”

Só het Action Society gesê nadat dit bekend geword het dat Cele, minister van polisie, weer ondersoek gaan word in verband met polisie-huurkontrakte van miljoene rand.

“Ons sê al lank dat Cele nie geskik is vir sy pos nie en afgedank moet word en daarom wil ons adv. Andrea Johnson van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gelukwens met die heropening van die ondersoek teen hom,” het Kaylynn Palm van Action Society gesê. “Hy moes nooit as minister aangestel gewees het nie.”

Cele is in Oktober 2011 as nasionale polisiekommissaris geskors en in 2012 afgedank nadat bevind is dat hy onregmatig en onwettig opgetree het rakende twee huurooreenkomste vir polisiekantore in Pretoria en Durban. Cele is later as adjunkminister van landbou aangestel en in Februarie 2018 het pres. Cyril Ramaphosa hom as die minister van polisie aangewys.

Cele is daarvan beskuldig dat hy ’n onregmatige huurooreenkoms van R1,7 miljard met die sakeman Roux Shabangu aangegaan het. Die hooggeregshof in Pretoria het in April 2019 Cele se afdanking as nasionale polisiekommissaris in 2012 tersyde gestel en oudpres. Jacob Zuma is beveel om Cele se regskoste te betaal.

Daar het niks van destyds se ondersoek na Cele gekom nie nadat bewysstukke glo verdwyn het. Adv. Paul Hoffman, direkteur van Accountability Now, het die saak egter weer onder die ondersoekdirektoraat van die NVG se aandag gebring waarna besluit is dat die saak verder ondersoek moet word.

“Ons hoop die NVG sal die saak met die uiterste dringendheid ondersoek,” het Palm gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Roek ·

Hahaha , wat gaan hul doen Cyrel het hom nodig vir die KZN stemme !

Althes ·

Cele ontken dan dat die Phala sage onder sy aandag gebring was

Andries ·

Bheki Cele moet gekeer word om die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) dieper die afgrond in te sleep.”DIS DIE WAARHEID

Grassie ·

Hy is duidelik nie bevoeg om daardie pos te beklee nie maar wie of wat kom in sy plek. Seker een of ander van die karikature wat daar in die kabinet rondhang as ministers. Ek dink hy weet ook baie van die Pres se dollarbank wat daar op sy wildsplaas bedryf word, so hy sal nie maklik afgedank word nie.

Samuel ·

Kan die Suid-Afrikaanse Polisiediens nog verder in die afgrond in gesleep word? Ek glo nie.

Sarel ·

Sit sal hy sit…Laat my dink asn Mbheki se destydse Mimister van Gesondheid….
Ek kan paar noem.wat nie bevoeg is nie masr tog steeds sit en elke keer net van Portefeulje verander…
Dlamini Zuma…sy het ten minste invloed..
Mthetwa…..Mimister van Naamsverandering
Sisulu…haar konneksie met die naam Sisulu
Mbalula….ons Minister van Taxis..

Piet parys ·

Zuma het nie invloed nie alhoewel dit lyk of sy onder die invloed is .

Harley Davidson ·

Bheki cele word aangehou omrede hy die stemme vir die ANC in kzn inbring, geen persoon nie eers ‘n onosele een sal ‘n persoon wat net gekwalifiseerd is om skool te gee vir voorskoolse kinders aanstelling as minister van polisie nie.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

In die land van die blindes is een oog koning!

Genis ·

Hy gaan weer die troefkaart speel- ek was op Robbin Eiland….

domheks ·

ou zuma het al die trieks in die boek gedoen ou cele sal dieselfde doen. NVG & MRK grap van die eeu!

Hercules ·

yes asb doen ‘n volledige forensie ondersoek na die mees onbevoegste sapd minister in die hele geskiedenis van die eens eerbare SAP!! hy is magsbehep, oneerlik en het geen maniere nie :-(

Esme ·

Dit is net krisis op krisis binne die ANC maar die President staar homself blind vir die ANC se tekortkominge.
Een krimineel sal nooit teen ‘n ander krimineel opstaan nie. Dit is so duidelik soos daglig.

Lurock ·

Ag hierdie is nog ‘n vermorsing van geld. Daar sal niks kom van die ondersoek indien dit wel gedoen sal word.

Peter ·

Ha, Mr Hatman, karma is ‘n lelike ding ou maat………….

My siening ·

Hy is in 2011 n krimineel en is nou min. Hoe kry die regering dit reg daar is groot foute met ons konstitusie en reg stelsel. Dit blyk daar is meer kriminele in die ANC as wat daar in die tronk is. En nou gaan ons ook die grys muishond van die wereld word!

Koos 100 ·

Baie interessant. Jacques Pauw se nuwe boek verskyn en die informasie word dadelik as fopnuus afgemaak deur die EFF en ANC, maar word nou ondersoek? My ander vrees is of daar werklik enige ANC lid is wat sonder skandale is en by Cele kan oorvat en sukses kan bereik?

JohanR ·

Kyk maar as soe kom dat Cyril ‘n tweede termyn wen, sal Bheki Cele weer in die kabinet aanbly as Minister van Polisie.

Danie ·

Wel dis goed dalk te laat.Die polisie se nuwe hoof en mede offisiere nou ook betrek by korrupsie.Dis n vrot spulletjie.Geen wonder daar is geen diens nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.