Hoër minimum loon = meer werkloosheid

Argieffoto (Foto: Traphitho/Pixabay)

Die verhoging van 6,9% van die nasionale minimum loon sal die reeds rampspoedige werkloosheidskoers net verder laat styg, het die VF Plus Woensdag gesê.

Maroela Media het vroeër berig ʼn nuwe nasionale minimum loon van R23,19 per uur sal vanaf 1 Maart in werking tree. Dit geld vir huiswerkers sowel as plaaswerkers.

“Billike vergoeding vir werk gelewer moet ʼn gegewe wees en moet so geskied, maar vasgestelde en voorskriftelike arbeidswetgewing smoor die private sektor en veral klein sake-ondernemings,” het Heloise Denner, VF Plus LP en woordvoerder vir arbeid, Woensdag gesê.

“Waar vasgestelde lone afgedwing word, sal werkgewers genoop word om dié werkers wat hulle nie meer kan bekostig nie, af te lê en dit sal tot ʼn groter werkloosheidskrisis in die land lei. Groter werkloosheid sal lei tot verdere maatskaplike probleme soos ʼn toename in misdaad, toenemende druk op die staat en ander vergrype.”

Maroela Media het in November berig dat die werkloosheidskoers ʼn rekordhoogte van 34,9% bereik het.

Denner sê dit is tragies dat kwesbare werkers soos huis- en plaaswerkers, op wie hierdie minimum loon van R23,19 ook van toepassing is, veral hieronder sal ly.

“Baie huishoudings gaan juis weens die gevolge van die Covid‑19-pandemie en ander faktore gebuk onder toenemende finansiële druk.”

Die VF Plus meen die verhoging van die minimum loon vir plaaswerkers is eweneens ontydig en ondeurdag in ag genome die huidige ramptoestande wat reg oor die land weens vloede en ander skade heers. “Die landbousektor het geweldige skade gely weens hierdie verskynsels wat reeds tot minder werksgeleenthede in die landbousektor sal lei. Verhoogde finansiële druk sal die situasie net vererger.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Jaco ·

As ‘n baie groot persentasie van die werkers nou wit was, het ek dié uiters lae minimum loon verstaan: dan sal dit seker maar deel wees van die ewige “straf” op wit mense vir apartheid. MAAR die meeste werkers is van dieselfde ras as die ministers en amptenare wat die minimum loon wet geskryf het. Hoe sorg hulle dan so  swak vir hulle eie mense?
Die minimum loon werk uit op R4000 per maand. G’n mens kan op so min per maand oorleef nie.

AmY ·

Dis wat my broer betaal word…
Ja, ‘n hongerloon, né. Maar hy is dankbaar vir die werk.
Hy gee die helfte daarvan vir my om te help met ‘n deel van die water en ligte en kos.
Die verband en polisse betaal ek self.

Arno ·

AmY, ek kan dink hy is bly vir werk, maar dink jy dis regverdig wat hy betaal word? Mense word uit gebyt en word skrik gemaak deur om gedryg te word dat hulle vervang kan word. Vir my is dit onmenslik.

Daizee ·

Arno, dit baie duidelik dat jy nog nie ‘n werkgewer was wat van iemand probeer “ontslae” raak het nie!!! Dis basies ‘n saak van onmoontlik!!!

Perdeby ·

En sommer elke huishouding kan R4000.00 bekostig nie , so wat doen jy, jy doen jou eie huiswerk maar self.

Cindy ·

jy sal verbaas wees oor hoeveel mense op baie minder as dit MOET oorleef….. R4000 per maand wanneer jy gratis bly, en “gratis” krag kry klink vir my na genoeg om op te leef in ieder geval. Ek het beslis nie daai geld oor na my blyplek en krag/water betaal is nie…

Louwrens ·

Wel ek en my vrou kom met minder as dit per maand deur. Ons kry net toelaag vir ouer persone aangesien ek alreeds al my geld moes uitgee om teen kanker te veg. En daardie geveg gaan voort in staats hospitale. So dit is dubbel dit wat ek ontvang, maar al my werkende lewe moes ek belasting betaal teen die hoogste koers want ek het baie verdien. Ek dink dit moes net bly waar dit is of selfs laer gewees het sodat daar meer geleenthede vir werk op plase kon wees. En natuurlik ook vir huishulpe.

Arno ·

Ek stem 100% saam. Ek het geswot om ‘n rekenaar tegnikus te wees. My eerste twee jaar se salaris was R3500 tot R4000, by twee aparte besighede gekry. Alby was een man saak besighede. Dit was wel in 2012, maar toe was dit ook net bo minimum lone. Ek kon nie oorleef het nie. Ek moes nog by my ouers gebly het. Dis ook nie asof my base my meer kon betaal het nie. My een baas spog een kersfees hoe hy vir sy vrou vir kersfees ‘n R50k huis teater stelsel gekoop het, wat my meer as my jaar se salaris was.

Nou gaan ek ook seker hoor hoe ek kon geskuif het. Daar was net daai 2 IT besighede in die dorp waar ek gebly het en hulle het ‘n monopoly op alle IT gehad in die plek. Ej moes by my ouers bly, so ek kon nie skuif nie.

Mense wat die tiepe uitbuiting nie verstaan nie is hoogs bevooreg en mens kan dit sien.

Alfred E Neuman ·

Jy moes jou eie besigheid begin het, en die uitbuiters toegemaak het.

Frank ·

En pensioenarisse wat hele lewe lank belasting betaal het kry nie eens helfte van dit nie, en is kans 95% dat sulke mense nog nooit belasting betaal het nie.

Caroline ·

Thank you Frank I am a pensioner of 76 and receives not a dime from the government but still have to pay tax

Pieter du plessis ·

Nou sê vir my die “Pensioenarisse se Sassa is R2000 Per maand, gaan die korrupte regering vir hulle ook R 2000 verhoging gee tot by minimum,,,,,,,,,,,,, loon…. Word wakker ons is in Afrika geregeer deur ANC

melaney ·

Ek kom agter die verkeersligte is deesdae ‘n populêre bymekaarkom plek vir die wat werk soek. Al hoe meer werkloses kuier daar bymekaar.

Pieter ·

Laat die anc maar vir hulle werk gee dit is van al die anc wette dat mense nie hier wil bele nie.

Arno ·

Hierdie is nie meer ‘n swart of wit ding nie. Mense moet begin dit uit hulle koppe kry. Wit en swart sukkel a.g.v dit. Ek was een van hulle wat onder dit gesukkel het om ‘n lewe te maak.

Mariaan ·

Ja jaco..maar huishoudings wat reeds swaar trek..doen als in hul vermoe om huishulpe te behou…sodat SY nie sonder werk sit nie…ons salarisse word minder..nie meer nie…hoe moet ons dan huishulpe MEER betaal…sy sal dan op die ou einde in heelwat meer huise moet gaan werk..WAT MEER HARDER WERK gaan wees…ek kan nie meer as R150 per dag + kos + taxi + bonus aan die einde vd jaar bekostig nie…+ meds as sy of haar kids siek is en en en….werkloosheid gaan net toeneem…dis al

SlinkseKoljander ·

Steek haar maar in die pad, die ANC sal vir haar sorg

krodedil ·

Die antwoord vir die gemiddelde persoon of besigheidsman is. Kan ek iemand se dienste bekostig en is dit finansieel die moeite werd? As die antwoord “Ja” is betaal die minimum loon. As die antwoord “Nee” is ontslaan die werker of moet nie van sy diens gebruik maak nie. Lewenskostes het die hoogte ingeskiet met krag, petrol, rentekoerse, kospryse wat daagliks opgaan. Die gemiddelde man sal werkies self moet begin doen om aan die lewe te bly.

VaalDonkie ·

Maar stel jou voor: jy gaan swot landbou want jy wil boer. Na drie jaar loop werk jy vir Oom Ampie met die groot plase en hy seg “Raait, ek betaal jou R4500 per maand en jy kry ‘n selfoon en ‘n bakkie om mee te ry”. En hy werk jou 7 dae per week, 12 ure per dag. En as Kersfees kom, dan is daar nie bonus nie want “dit gaan swaar”, maar Oom Ampie vat die tannie vir twee weke see toe en jy moet tog asseblief kyk dat alles oraait is op die plaas, asseblief.

Elize ·

Ja VaalDonkie ek stem. Kry die afgelope 5 jaar nie verhoging maar die baas en gade gaan jaarliks see toe vir verlof. Geen bonus nie want hy reken dit is ‘n voorreg en nie ‘n reg nie. So ek hou my bek en is dankbaar vir die geld wat ek verdien. Twintig jaar en kry nog nie eers R10,000 pm nie

Arno ·

My baas weer aan die ander kant het my ook R3500 p/m betaal en gespog oor hoe ky vir sy vrou geskenke koop wat meer as my jaarlikse salaris was.

VaalDonkie ·

My pa het ook so gewerk. Hy was altyd mislik en ek het later in my lewe eers besef ek sou ook mislik wees as ek van 5 uur die oggend tot 7 uur die aand moes werk en ek kannie eers vir my kind ordentlike skoene koop nie.

Arno ·

Presies wat jy daar sê. Die mense besef dit nie. Ek het ook onder dit deur geloop.

Vir 3 jaar geswot om ‘n rekenaar tegnikus te word, net om daarna R3500 p/m te kry. Ek het vir 2 jaar so gelewe terwyl ek by my ouers moes bly. My base het ook lekker geskog hoe hy vir sy vrou ‘n kers geskenk gekoop het wat meer as my jaarlikse salaris was.

Met daai geld wat ek gekry het, het ek nie mediese fonds gekry nie, of ‘n kar, of ‘n foon nie. Ek het later ook uit gevind hulle het nooit my UIF betaal nie. Hulle het my in die pad gesteek toe hulle hoor ek soek ander werk, want hulle soek “lojale” mense. Hulle het so twee jaar daarna toe gemaak omdat hulle nie meer lus was vir die bedryf nie. Nou sit al hulle lojale werkers sonder werk. Party kon weer werk kry, maar ander nie.

Kwikkie12 ·

Hierdie mense moet maar hard bid vir ‘n baie Klein kameel en ‘n Groot naald!!

Hennie ·

Hierdie gaan in elk geval nie om n beter lewe aan werkers te gee nie, dit gaan slegs om stemme te koop in die volgende verkiesing. Lyk goed op papier, maar ‘n ramp in werklikheid

Arno ·

Ek lewe in ‘n land waar ek sien dit werk (Nederland). Ja, in die begin fase is dit baie moeilik en daar is wel groot werk verlies, maar in die einde raak dit beter. Toe ons in Nederland aan gekom het, het my vrou ‘n werk by McDonalds gekry. Sy het meer verdien as ek toe ek in ZA gewerk het as ‘n sagteware engeneer. Hulle minimum lone is baie goed. Pryse van goedere is wel hoër, maar die mense kan ‘n lewe maak. Daar is ook behuising beskikbaar, wat nie verniet is nie, maar minder kos vir werkers soos daai. Ook die ander verskil is dat dier ‘n oorvloed van werk is. Mens het die vryheid van keuse, so jou baas kan jou nie bang praat dat hy jou gaan vervang as jy nie gelukkig is nie. Hier beboet hulle sulke gedrag van werkgewers.

Ook aan die ander kant, Nederland betaal elke volwassene inkomste belasting, wat die regeering nooit in ZA sal doen nie. Ook die ZA mentaliteit is nie gereed hiervoor nie.

Susan ·

Ja Jaco, jy se geen mens kan op R4000pm oorleef nie, tog moet die pensionarisse op R1890pm oorleef, skandelik om die minste te se!!

Ina ·

Die meeste werkgewers betaal hul huis- en tuinhulpe baie meer as die aangekondigde minimum loon. Die betrokke werkers vra buitendien hul eie loon vir die dag wat tussen R200 en R250 per dag beloop. In party gevalle word vervoer dan addisioneel betaal. As die minimumloon vir sommige werkgewers te veel is, dan kan hul die ure afskaal.

MAGRIETHA ·

Minimum loon wat van die ouer mense wat hul alies af gewerk het vir die land en n skamele 1900 per maand pesioen kry , pleks hul moet die arbeids wette hersien dat mense weer n selaris,kos,klere ens daagliks huistoe kan vat en hier praat ek van ouer mense wat geen geleerdheid het nie wat wil werk maar wette keer hulle. wat van sekere mense wat sassa geld trek en die meeste van dit in bottelstore bele sien dit maa\ndelliks waars die waars die beamptes wat na dit moet kyk ma nou ja hersien wette en meer mense het werk

Lekker in SA ·

Daar is reeds baie wat werkloos is omrede besighede nie skool verlaters/ mense met matriek wil aanstel nie n mens moet jare se ondervinding he sonder om n geleentheid te kry

Pieter du plessis ·

My tuinwerker verloor nou 1 dag per week , ons is penionarisse wat geen verhoging kry nie. ????????????????

Swerwer ·

‘n Minimum loon is haalbaar as jy as werkgewer net soveel inkomste kan verdien om dit te regverdig.
Die ANC het wettelose werkloosheid geskep omdat hul nie bereid is om te werk nie. Dit is baie lekkerder om ‘n toelaag van die staat te kry vir die “kindertjies” en by die huis te lê.

SlinkseKoljander ·

Viva die ANC! Ek kan nie wag om te hoor watse luens Cybil vanaand vir ons gaan spin.

Kobus ·

Die ANC-gedrewenes beoefen geen logika nie. Op ons dorp het daar ses mense in ‘n garage se kafee gewerk. Die ANC-gesindes kom daar aan en eis dat hulle dubbeld hul salaris moet ontvang. Die eienaar verduidelik dat hy dan drie werkers sal moet afdank. Nee, dít maak nie saak nie, solank die oorblywende drie dubbeld hul huidige salaris ontvang! Bou nou ‘n nasie!

Diets ·

Ek sal ook nie omgegee het vir ‘n 7% verhoging nie. Plaas hulle maak die persentasie verhoging standaard vir die hele land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.