Hofdatum bekend vir DA-saak oor Rampbestuurswet

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die hofsaak tussen die DA en die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Dlamini Zuma, sal op 8 en 9 Februarie in die Gautengse hooggeregshof aangehoor word. Die DA betwis die grondwetlikheid van die Nasionale Rampbestuurswet.

Die DA het in Mei aangekondig dat hulle hul tot die hof wend rakende die voortgesette algehele landwye afsondering wat die Covid-19-pandemie bekamp. Dit is reeds tien maande later en die Nasionale Ramptoestand, wat die afdwing van afsonderingsregulasies moontlik maak, is steeds van krag.

Die DA het hom aanvanklik tot die Konstitusionele Hof gewend, maar dié hof het die aansoek in Julie van die hand gewys op grond daarvan dat dit nie “in die belang van geregtigheid is” vir die Konstitusionele Hof is om die saak aan te hoor nie.

Die DA voer in hofstukke aan dat die wet aan Dlamini-Zuma “buitensporig baie mag gee”.

Die hofsaak sal deur middel van ʼn video-uitsending deur Microsoft Teams plaasvind.

Afhangend van die verloop en uitslag van die hofsaak sal die DA vanjaar konsepwetgewing voorberei om die Rampbestuurswet te wysig om ʼn toekomstige inperking onder parlementêre beheer te plaas, het Maroela Media vroeër berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hennie J ·

Nou wat probeer hulle eintlik bereik behalwe om geld te mors. Ek wil graag die regter sien wat in hulle guns sal besluit.

Casper ·

Mnr Ssteenhuisen het jy ‘n merkbare oplossind anders as die afsonderingsmaatreëls wat die verspreiding van die infeksies kan hokslaan.Moet die regering maar gods water oor gods akker laat loop en hoop van die beste.Nee Mnr.Steenhuisen dit gaan nie die pandemie keer nie.Hierdie coronavirus is realiteit en maak baie mense dood.Ek steun die afsonderingsmaatreëls tenvolle.Al wat ek nie mee saamstem nie is die drankverbod.Daar is miljoene mense in die bedryf wat nou werkloos is en dit verhoor armoede en daar stem ek saam dat tannie met die kopdoek nie gedink het nie.

andre ·

Wat van die miljoene wat hulle werk in ander sektore verloor en besighede wat wat ondergaan en mense sonder inkomste laat, wat van miljoene wat as gevolg hiervan nie eers n broodjie het om te eet nie?? Maar jy is gepla oor jou dop??

Alleen Wolf ·

Besef jy dat dit nie net gaan oor lewens red nie maar dat die ANC regering besig is om vir jou ‘n nuwe normaal te skep wat min vryheid van die verlede insluit, gaan gerus voort en ondersteun die ANC met hulle drakoniese inperkingd, maar moenie later huil as die einste proses wat jy nou goed praat jou byt nie

SjN ·

Die foto spreek boekdele wat integriteit aanbetref, dit is hoekom ons rommelstatus verdien.

Frederik C ·

Al baie gewonder wat het die Dokter/Doktor in haar tesis geskryf. Moontlik het haar ex die tesis geskryf. Hehehehehehehehehehehe!!!!!!

Pieter ·

Sy is ‘n mediese dokter volgens my geneesheer. Maar een met ‘n vrot reputasie. Mense sterf onder haar sorg. Sal interessant wees om daarop in te gaan.

Pappa Beer ·

Ek is nie baie optimisties dat hierdie hofsaak gaan vrugte afwerp nie. Die korrupte regering het klaar n houvas op die regstelsel in hierdie land, en kopdoek is mos adelikheid. Dit gaan weer uitgestel en uitgestel word vir maande.

KB ·

Ag asseblief, DA…
Ses maande (plus) nadat LFN se Reyno de Beer se Hooggeregshof (Gauteng Noord) dieselfde saak teen DZ wen (Regter Davis), kom julle en probeer die wiel herontwerp!
“Elke hoenderhaan kraai koning op sy eie mishoop”.

Zombie ·

Ek was nie daarvan bewus dat howe ń saak weer sal aanhoor, nadat daar reeds ń beslissing was nie.

Tanniepetoors ·

Ek hoop van harte hierdie aansoek slaag. Een persoon, wat na niemand anders wil luister nie, kan en mag nie in beheer wees van ‘n hele land se ekonomie waarvan sy niks verstaan nie. Daar moes in die eerste plek nie ‘n ramptoestand afgekondig gewees het nie, wel ‘n noodtoestand wat waarskynlik beter en vinniger reaksie ten opsigte van gereedmaking van hospitale en ander gesondheidsdienste tot gevolg sou gehad het.
Die ekonomie sou nie vernietig wees nie en duisende sou nie nou werkloos, bankrot en honger wees nie.

Jannie van Niekerk ·

Hierdie antie moet seker al digby die 100 jaar oud wees. Moes sy nie lankal op die ouetehuis se stoep sit en tee drink en doilies hekel nie?
Hulle is baie gretig om te sê dat 60 jariges moet tuisbly en nie werk nie. Waarom geld dit nie vir hulle nie? Is mane vanb haaar ouderdom ne al die mneeste seniel nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.