Hoof van sekuriteit by Eskom geskors

Karen Pillay, hoof van sekuriteit by Eskom (Foto: Twitter)

Die hoof van sekuriteit by Eskom, adv. Karen Pillay, is geskors hangende ’n ondersoek oor ’n omstrede R500 miljoen-tender vir veiligheidsmaatreëls by Eskom se kragsentrales.

Daphne Mokwena, woordvoerder van Eskom, het aan Maroela Media bevestig dat Pillay voorkomend geskors is sodat die ondersoek na die bewerings ongehinderd kan voortgaan.

Mokwena wou geen verdere kommentaar oor die aangeleentheid lewer totdat die ondersoek afgehandel is nie.

Die stap kom ná inligting oor ʼn tender van R500 miljoen wat glo in ʼn geslote tenderproses aan die Fidelity Security-groep vir sekuriteitsdienste toegeken is.

Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, en Pillay word daarvan beskuldig dat hulle die gewone verkrygingsprosedures vir tenderprosesse verontagsaam het om die transaksie onder die dekmantel van noodverkryging goedgekeur te kry.

Die politieke party African Security Congress (ASC) het Dinsdag ’n memorandum aan Eskom oorhandig waarin die party antwoorde oor die kontrak eis.

ACS het Eskom 14 dae gegee om op die memorandum te reageer. Die party het gesê indien Eskom dit nie doen nie, sal nog lede van burgerlike organisasies betrek word om Eskom onregeerbaar te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johan Tredoux ·

Ek voel hierdie is nog n “fallguy” scenario. Daar móét n gesig wees wat aan die publiek gewys word as “skuldig”. Gewoonlik is daar dan n nuus-stank, dan verdwyn die storie en dinge gaan aan soos tevore.

Impact ·

Ja so impliseer hulle dat sy betrokke is by tender bedrog want iemand moet die “blame” dra sodat hulle ongeskonde daaruit kan stap. Sy is dalk heeltemal onskuldig, of so hoop ek. Ek hoop hulle kyk hier lelik op hulle neuse want skielik is De Ruiter ook betrokke by bedrog en en en………………..

Papsak ·

Nee kyk ewe skierlik is DeRhyter ook betrokke hulle soek nou maar net iets om hom skuldig te laat lyk los hom uit julle hom klaar uit gewerk so vat julle pak slae nou moenie skuld op ander wil pak nou nie

JvR ·

Onthou om sy voete te was vir alles wat hy gedoen het om loadshedding te verminder in die tyd wat hy op die wit porselein troon gesit het

Kattebol ·

Jy is natuurlik hoogs gekwalifiseerd om sulke uitlatings te maak….seker vanaf jóú wit troon tuis.

SwartBees ·

So, gaan Andre de Ruyter se naam elke keer genoem word as mede beskuldigde by elke korrupte geval wat die lieflike anc pleeg?! Hy het voorwaar hard op iemand se tone getrap dat hulle hom bly blameer vir al hul te kort komminge.

My siening ·

Een krimineel vervang met n ander moordenaar krimineel! Hoeveel skaamte moet SA nog deurgaan!

Keelvol ·

Bietjie lank gevat. Want volgens haar boodskappe het Sy alte lekker gekonkel.

Kosie ·

Net n manier om Andre te laat sleg lyk, en die nuwe kader en minister van geen elektrisiteit permanent in sy pos te kan aanstel, want dan lyk hy mos goed.

Casper ·

Hoeveel het madam geswore.R500.000.000 vir drie maande en die aanvanklike bedrag is R 150.000.000 wat vrek baie is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.