‘Hou op lieg Cele en Sisulu’

Bheki Cele en Lindiwe Sisulu (Foto: Dirco/GovernmentZA/Flickr)

Dit is nie duidelik in watter Suid-Afrika minister Lindiwe Sisulu woon nie, maar in die Suid-Afrika waarin die res van ons woon word daar drie mense elke uur en 71 mense elke dag vermoor.

Só het Ian Cameron van die burgerregteorganisasie Action Society SA gesê in reaksie op Sisulu, minister van toerisme, se uitlatings dat Suid-Afrika ’n veilige plek is vir toeriste om te besoek.

Sisulu het onder meer gesê dat “slegs drie” internasionale toeriste sedert 1994 in Suid-Afrika dood is. “Dit is ’n rekord van veiligheid,” het sy gesê. “Ons voorsien maksimum sekerheid vir toeriste.”

“Minister Sisulu dit is ’n skande dat jy so kan lieg vir die res van die wêreld, seker net om aansien te probeer red en moontlik geld te spaar. Wanneer gewone mense in die land vermoor word, gee jy nie om nie.”

Ian Cameron (Foto: Action Society/Twitter)

Cameron het ook teen Bheki Cele uitgevaar en gesê die polisieminister sal eerder “terwyl die wêreld kyk” tonele gaan besoek waar toeriste vermoor is en “leë beloftes maak en lieg dat Suid-Afrika ’n veilige plek is” as om werklik misdaad te bestry.

Pres. Cyril Ramaphosa skitter ook in sy teenwoordigheid, het Cameron afgesluit.

Die Afrikanerbond het Sisulu ook oor haar uitlatings gekap en gesê dit skets ʼn prentjie van ʼn regering wat tred met realiteit verloor het.

Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond, meen dit is nodig vir ʼn indringende besinning oor die totale misdaadsituasie in Suid-Afrika want elke strategie van die regering teen misdaad, het tot dusver skouspelagtig misluk.

“Suid-Afrikaners is hierdie week weer geruk deur nog sinnelose moorde. Die moord op die Duitse toeris, plaasmoorde en ‑aanvalle is alles deel van die daaglikse statistiek. Terwyl 71 Suid-Afrikaners daagliks vermoor word, kan geen minister die versekering gee dat die land se mense of besoekers aan die land veilig is nie.

“Terwyl ʼn verdere R2 miljard in 2022 spandeer word aan BBP-polisieskerming – vir die president, adjunkpresident, voormalige presidente en voormalige adjunkpresidente, besoekende staatshoofde en hul gades, asook 62 nasionale hooggeplaastes – beleef die gemiddelde Suid-Afrikaner ʼn lae intensiteit misdaadoorlog.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Anel ·

Ons belastingbbetaal vir hulle veiligheid en dan moet ons nog ekstra betaal vir privaar sekuriteit! Dit is verkeerd. Hulle kan op die meeste van 2 mense gebruik mask. Hoekom ‘n hele peleton? En wat betaal hulle en waarvoor is hulle bang????

Plaaskind ·

Baie dankie Ian dat jy een man, spreek waaraan soveel Suid-Afrikaner harte swaar aan dra. Ek hoop jy kan jouself ook goed beskerm, want jy trap op seer tone van die regering.
Baie dankie vir jou eerlikheid en omgee.

vuurvliegie ·

Teen R2 Miljard se beskerming per jaar behoort hulle tweetjies veilig te wees.
Beweeg net vir een dag sonder julle lyfwagte rond dan sal julle besef wat gaan aan in SA.

Gert ·

Ek dink as die publiek hulle gaan vererg vir daai twee se twak gaan ‘n peloton wagte hulle ie kan help nie

Cherokee ·

Jy hoop so. As die publiek die moed gehad het, sou dit lankal gebeur het.

Republikein in die Wes Kaap ·

Suid Afrika se laaste dae is met ons. Dit gaan elke dag net slegter.

Gertdup ·

Dan sal ons hopelik die land weer opbou en veilig maak sonder ñ korupte anc!

Marelize ·

Kan ek ‘n “refund” kry? Gee maar my belasting geld terug en dan sal ek myself beskerm.

Manie ·

In Kaapstad is daar die afgelope week 13 mense vermoor, so hoe veilig is die land Cele/Sisulu?

Samuel ·

Sy het nog nie van Kaapstad gehoor nie. Dit is iewers in die buiteland.

Roebs ·

Cele maak plek vir Ian Cameron hy weet meer wat in jou land aangaan as jy. step down en laat iemand wat weet jou pos oorvat.

Nie Verbaas ·

Hulle sien hulleself as BBP. Die res van Suid Afrika en die wêreld sien hulle as totaal onbevoegde narre. Hulle lieg en bedrieg so ver as wat hulle gaan.

annie ·

En dan smeek ons toeriste om hierdie ‘veilige land’ te besoek. Indien alle toeriste beskerm moet word sal ons ekonomie ten gronde gaan omrede salarisverhogings om die polisie te oorreed om te doen wat hul behoort te doen… plus dalk nog om so nou en dan na eie landsburgers om te sien… sonder skelmstreke.

Marius ·

Met die tipe uitlatings wys ons regering net hoe pateties hulle is. Dink hulle vir een oomblik die res van die wereld glo hulle , as die hool se mense hulle nie glo nie???????
Kom by en word wakker!!!!!!!

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Ek het geen respek vir enige ANC-leier van die verlede en hede nie. Finish en klaar.

Botterblommetjie ·

Die feit dat hulle soveel beskerming nodig het spreek boekdele… mens hoef net dit te lees om te besef hoe groot die kritiek in ons land is….

Papsak ·

Dankie Ian dat jy so staan vir ons in SA se jou se like dit

Sandra ·

En tog beklee hulle dieselfde poste en word nooit in die bek geruk vir hulle uitlatings nie. Vreemd

Gert ·

Ek verstaan nie hoekom julle dan met stringe lyfwagte rondloop as dit so “veilig” is nie……

Delia ·

Nou vat regering nog meer van.pensioenarisse, om al die twak te finansier

Delia ·

As Cele omgee en slim is, sal hy Ian as raadgewer aanstel, iemand wat eerlik is oor wat aangaan

Gert ·

Dis juis wat hoed nie wil hê nie, eerlikheid werk glad nie vir hom nie.

Samuel ·

Mnr. Cameron, jy beweeg op baie dun ys. Die kaders gaan jou teiken as ‘n vyand van die volk.

Dit is duidelik dat Sisulu, Cele, Ramaphosa et al, ver verwyderd van die werklikheid leef. As enigiemand in die kabinet sy of haar mond oopmaak, lieg hulle skaamteloos. Ons as belastingbetalers ken misdaad en weet wat dit kos vir private veiligheid.

Faraway ·

Terwyl ek my lewe lei is daar n man wat sy lewe waag vir elke SA. . . IAN mag GOD jou beskerm!

Kobus ·

Kan nie verstaan waarom hulle opgepas moet word nie. Hulle kiesers sal hulle beskerm. Ons minderheid het werk om te doen so ons het nie tyd om komplotte te smee nie. Gee daai geld aan die armes , want dis mos julle verkiesingsbeloftes om arm mense op te hef en SA veilig te maak

Prikkie ·

Ons is almal kwaad, gegrief en teleurgestel en voel verneuk deur die huidige regime.

Ons uitlatings hier gaan egter niks aan die saak verander nie. Die mense wat moet lees, lees nie hier nie en kan dalk nie eens behoorlik lees nie.

So my vraag is, wat moet ons of kan ons doen wat ‘n verskil sal maak?

Net nie petisies nie, hulle vee hulle af daarmee.

Delia ·

Ek hoor jou. Ek dink ons gebruik maar die forum om stoom af te blaas. Ek hoop wel die volgende
1. Almal behoort aan Solidariteit en Afriforum.
2. Ons almal stem in die verkiesings.
3. Dat ons almal probeer om iewers n verskil te maak..hetsy Meals on Wheels kinderhuise etc etc.
4. Ek hoop ons is betrokke by ons bure en kyk uit vir mekaar, het mekaar se nrs, ken mekaar se name.
Dis waarin ons sterkte in n gemeenskap lê.
Ek luister vanoggend radio Pretoria en is trots Afrikaans. Ons mense gaan regtig nie lé en steek do baie hande van hulp uit na mekaar.

Katinka ·

Volgens hoed is daar nikse bloed op sy hande nie, sy wit safari pak is mos skoon.

Pietertjie ·

Dis net iemand sonder enige gewete wat só kan lieg, en die eens sleg voel of bloos daaroor nie.

Hendrik ·

Iewers is daar ‘n spel fout “Sisulu, minister van toerisme”. Net gou ‘n regstelling ” Sisulu, minister van terrorisme”. Daar, gedoen.

Marianna ·

Dit lyk my dis ANC ‘beleid’. Ramaphosa het ook gesê daar is nie plaasmoorde nie. Ek het ses jaar oorsee gewoon. Daar kon ek asemhaal omdat ek veilig gevoel het. SA is die mooiste land in die wêreld maar ek sal nie mense van oorsee aanraai om hier te kom vakansie hou nie. Kom net as jy nie omgee oor jou veiligheid en jou lewe nie. Ons het ‘n arogante regering en ek is bevrees dit sal nooit verander nie.

Hendrik ·

SA is sonder n enkele skoot deur n kommunistiese regering oorgeneem. SA is ook nie deur suiwer waarheidspolitiek en eerbare onderhandeling oorgegee nie. Ons toetale verval is weens integriteitsloosheid en misdaad in die walglikste vorme soos leuns verraad eerloosheid korrupsie moord en ag noem maar op!!!!

Jaco ·

Waarom kla Die Afrikanerbond? Hulle was in die ou SA bekend as die Afrikaner Broederbond, die geheime “think tank”/beleidmakers van die regerende Nasionale Party. Dis hulle wat begin praat het van hervorming en onderhandeling. Dis hulle wat aan die ANC oorgegee het. So hulle moenie nou kla oor die gemors waarin ons vandag is nie.

Kokerboom ·

Alle openbare verskynings deur ANC swart politici word altyd teatraal, met houding en dramaties en vele meer aangebied om so aandag te trek en “af te show” sonder integriteit en opregtheid! Maak my naar

JohanR ·

Bewaar ons asseblief! Lindiwe Sisulu wil president word. Dit kon nog erger gewees het. Bheki Cele kon homself voorgesit het vir president!

Hannelie ·

Sy is van lieg aangemaar gesit. Sit het ‘n stoel warm in die parlement, verder beteken sy NIKS!!!
En dan het sy oogklappe aan,,,,,,,,jinne jy mis ‘n goeie dag hoor.

Fran ·

moes nooit dat hierdie uitvaagsels aan beheer kom nie. Dankie Roelfie, Frederik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.