Inflasie daal, maar kos bly duur

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Jaarlikse verbruikersprysinflasie het in Januarie nóg verder tot 6,9% gedaal.

Dit is die derde agtereenvolgende maandelikse daling nadat jaarlikse verbruikersprysinflasie in Desember op 7,2% en in November op 7,4% te staan gekom het.

Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) sê die jongste daling kan toegeskryf word aan ʼn aansienlike daling in die brandstofprys. Kosprysinflasie (voedsel en nie-alkoholiese drankies) laat Suid-Afrikaners egter nog hoes by die kasregister.

Jaarlikse kosprysinflasie het in Januarie tot 13,4% gestyg. Dit is die hoogste nog sedert die koers in April 2009 op 13,6% gaan draai het.

StatsSA sê die styging van 21,8% in brood en graanprodukte het al weer die grootste uitwerking op die algehele syfer gehad. Dit is die hoogste koers vir dié kategorie sedert Februarie 2009. Jaarlikse kosprysinflasie vir brood en graan het destyds op 23,8% gaan draai.

Brood en graanprodukte wat noemenswaardige maandelikse stygings in Januarie aangeteken het, sluit in deegprodukte soos pizzas en pasteie (3,6%), mieliemeel (3,1%) en bruinbrood (1,3%).

(Grafika: Tania Heyns/Maroela Media)

Die prys van vleis het intussen tot 11,2% in Januarie gestyg, vergeleke met Desember se 9,7%.

Individuele vinnige bevrore hoenderporsies het ʼn maandelikse prysstyging van 2,7% tussen Desember en Januarie getoon. Ander vleisprodukte wat beduidende maandelikse prysstygings aangeteken het, sluit in vars hoenderporsies (5,3%), beesafval (5,2%) en stowebeesvleis (3,6%).

Spek het ʼn jaarlikse prysstyging van 19,4% aangeteken.

Die prys van vis het intussen die afgelope jaar die hoogte ingeskiet (13%). Dit is die hoogste jaarlikse inflasiekoers vir vis sedert Mei 2009 toe dit 14,2% was.

Brandstof

Volgens StatsSA is die prys van petrol nou rofweg op ʼn vlak wat laas in Maart 2022 opgemerk is (R21,60).

Die brandstofprysindeks het tussen Desember en Januarie met 10,5% gedaal, wat sy jaarlikse koers van 22,8% in Desember tot 13,1% in Januarie afgebring het. ʼn Liter 95-oktaan-petrol het in Januarie R21,40 in die binneland gekos, vergeleke met R23,46 die maand vantevore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Janie ·

Glad nie snaaks nie… Kan nie juis veel verwag van ons land nie

Yolandie ·

Dis nie die produksente nie dis die winkels met hulle “mark-ups” ook. Ons produsente kan ook nie die kos verniet verbou en voorsien nie. Hulle moet ook lewe. Die ‘n bose siklus. Alles is duurder……en die vervoer vd produkte om dit op die winkelrakke te kry…..ook duurder agv diesel/petrol. Dis NAG.

Danie ·

Nommer 7, jy weet nie waarvan jy praat nie. Ons as produsente se inset koste is so hoog dat baie van ons al minder produseer en gaan produseer. DIT gaan inflasie nog baie op jaag… maar as jy verstaan het hoe mark kragte werk sou jy dit seker geweet het.

Jacobus ·

Nommer 7 duidelik weet jy nie waarvan jy praat nie. Dit is seker produsente se skuld dat brandstof so duur is, dit is seker produsente se skuld dat elektrisiteit so duur is en nog vele meer.

Laksman ·

Solank die verbruiker koop en betaal, sal die pryse maar net klim of hoog bly.

Mieke ·

Kos pryse het darem buitengewoon en belaglik duur geword! Ek kry ons pensioenarisse bitter jammer.

domheks ·

Hulle sal liewer dir ‘grant’ verhoog maar nie die ou mense se toelae nie!

VaalDonkie ·

Ja, en ek kry myself ook jammer. Ek sukkel om rooivleis te bekostig.

Mieke ·

Vir ons ook ‘n probleem. Maar ons is steeds dankbaar vir die dak oor ons koppe, en water by ‘n kraan uitkom…

Daisy ·

Ek kan veral verstom staan oor die prys van vars melk deesdae

VaalDonkie ·

As inflasie slegs 7% is, waarom is die Rand/Dollar wisselkoers amper 30% swakker as laasjaar? En is goedere 7% duurder as laasjaar, of nader aan 30%?

Nommer 7 ·

Al oplossing vir hoe” kospryse is om invoerbelasting op kos af te stel.

Jacobus ·

So jy wil liewer kos invoer as om plaaslik te ondersteun.

Nommer 7 ·

Jacobus, ek wil minder as R100 p/kg vir eerste graad lamtjops betaal, minder as R50 p/kg vir goeie kwaliteit kaas en minder as R50 p /l vir cold press virgin Olyf olie. Dit maak nie saak waar dit vandaan kom nie.

VaalDonkie ·

Ek kan nie eens meer rooivleis bekostig nie. Ek moet vark vreet. En ek hou nie van vark nie.

Nommer 7 ·

Ek lees elders dat die Mededinnings Kommissie plaaslike produsente ondersoek vir samespanning om voedselpryse te verhoog.

Danie ·

Verduidelik hoe doen jy dit op n vrye mark met duisende produsente!?!?

VaalDonkie ·

Danie, die boere verkoop nie direk aan aan die verbruiker nie.

Pierre ·

Danie baie maklik jy teiken die 4 grootste groepe in die mark naamlik Checkers/Shoprite, Pick n Pay, Spar en Woolworths en ondersoek die voorsieningsketting en verhogings toegepas oor n sekere tydpaerk, die groot groepe weet presies watse produkte verhoog het en waneer so dit is glad nie so moeilik om buitensporige verhogings op te spoor nie, een van twee uitkomste, of die produsent het verhoog of die ketting groep smee saam om pryse te verhoog

Nommer 7 ·

Danie, daar is nie iets soos ‘n vrye mark nie. As daar was, sou lamsvleis vanaf ‘n boer met 50,000 skape minder gekos het as vanaf ‘n boer met 100 skape, en dit is nie. So die pryse word gemanipuleer.

Stephen ·

Even if fuel prices fall through the bottom of the barrel, we will never see cheaper fuel prices again. This dysfunctional ANC Government found a way to milk the population, and there is nothing we can do, but to vote them out at the polls. This message unfortunately does not penetrate the brains of the masses who hear nothing, see nothing and do nothing.

Papsak ·

Ek dink ons moet net ophou koop dalk kom pryse dan weer reg want hel kyk waar staan kos pryse wat nog petrol pryse ens nee wraggies kyk bietjie na die goed ook kan nie so aan gaan nie

Jacques ·

In my opinie twee dinge wat pryse so opjaag; Die kunsmatige tekorte en die swak Rand.

Kwikkie12 ·

Gewoonlik word gese alles gaan op as die petrol prys opgaan. Maar nou gaan alles nog steeds op al is die petrol prys dieselfde en selfs wanneer dit daal, daal die kospryse nie?? Mense kom nie meer uit met hulle salaris nie wat gaan aan?? ‘n Stuk kaas R130, 18 rolle toilette papier R100, regtig belaglik, waar gaan dit heen baie produkte kos nou amper of meer as ‘n R100 ‘n item!! Wie wen nou weer hieruit terwyl die res maar moet stil bly en betaal!!

Jan ·

As die pryse styg, word dit deer gegee na die verbruiker. Dieselfde geld nie met die verlagings nie. Dit word nooit na die verbruiker deur gegee nie.

Vonny ·

Pizzas en pasteie kan maar R1000 ook raak.
Sleg vir jou en die figuur…

Matmiet ·

Van wanneer af gaan kospryse af as inflasie daal. Dit word altyd as rede gebruik hoekom pryse opgaan, maar nooit ander kant toe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.