Israelse rugby oorweeg regstappe teen Saru

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

Die Israelse Rugbyunie (IRU) het ʼn ultimatum aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) gestel oor sy besluit om ʼn uitnodiging aan die Israelse klub Tel Aviv Heat terug te trek.

Die IRU waarsku dat Saru in ʼn regsgeding gewikkel sal word as hy nie Tel Aviv Heat teen Woensdag toelaat om aan die kompetisie, wat in Maart afskop, deel te neem nie.

Saru het vroeër vandeesmaand aangekondig dat hy die uitnodiging aan Tel Aviv Heart terugtrek om saam met spanne van Spanje, Kenia, Namibië en Zimbabwe, asook ses Suid-Afrikaanse spanne, aan die Mzansi Challenge deel te neem.

Mark Alexander, president van Saru, het aangevoer die besluit is geneem “om te verhoed dat die kompetisie ʼn bron van verdeeldheid word, ten spyte daarvan dat Israel ʼn lid van Wêreldrugby is”.

Pete Sickle, uitvoerende hoof van Tel Aviv Heat, sê nou daar is kriteria wat verbied dat gebeure soos hierdie in sport posvat.

“Die rede wat Saru gee, is in stryd met sy eie mandaat, asook dié van Wêreldrugby wat diskriminasie op grond van ras, nasionale of sosiale herkoms, geslag, politiek, godsdiens of geloof verbied.”

Die IRU en Tel Aviv Heat het reeds plaaslike en internasionale prokureurs oor die voorval geraadpleeg en sedertdien Saru se rekord van besluitneming om die uitnodiging terug te trek, aangevra.

Tel Aviv Heat oorweeg verder regstappe om skadevergoeding, sou Saru nie teen Woensdag sy besluit terugtrek en op die IRU se vrae hieroor reageer nie.

“Ons spelers, van wie die meerderheid Suid-Afrikaners van alle rasse en gelowe is, word nou ontneem van die geleentheid om geld te verdien,” sê Kevin Musikanth, Tel Aviv Heat se direkteur van rugby.

Sickle het ook sy hoop uitgespreek dat Saru gehoor sal gee aan die ultimatum en verder sal voortgaan “op die wyse wat deur die wet uitgestippel word sowel as in belang van die gees wat deelname aan internasionale sport vereis”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Jack ·

Ek steun Israel 100%. Looi SARU. Die ou klompie polities aangesteldes by SARU dink hulle kan almal hiet en gebied.SARU verteenwoordig die regering en alles wat verkeerd is.So ook Krieket SA.Hou maar julle sport.

Johann ·

WHAKATOOOOO! VAT SO!! Om te dink dat die blatante rassiste gedink het hulle gaan met leuns verskoon word is tipies van ons land. SHAME ON YOU!!!!!!

Harley Davidson ·

Ek steun dit ten volle, ek hoop Israel breek saru se rug en maak ‘n duik in hulle reeds bankrot rekening.

Michelle ·

Kom ons kyk hoe wurm SARU uit hierdie een. Goed so vir Israel.

George ·

Dat n organisasie uit SA praat van ras, lol. Wereld rugby is veronderstel om die Springbokke en SARU te boikot – agv dieselfde redes..

Phillip ·

Dagvaar die rook uit hulle uit . Dis al taal wat hulle sal verstaan . Ek onder steun Israel 100%.

Samuel ·

Mooi so IRU!! Breek SARU se rug. Die spul is skynheilig en die BDS terwille.

Renier ·

Wereld rugby is anti rasisme, maar ons het rassistiese reels in ons springbokspan. Go Isreal

Leon ·

Israel het my steun en ek glo ook die oorgote meerderheid SA rugby ondersteuners (as daar nog is).
Dagvaar hul tot by “oom daantjie”

De Villiers ·

Hoe ongelooflik ironies SARU!!!

Dit is om van te huil.

Gedurende Apartheid word Suid Afrika verban uit internasionale rugby, en vandag in die sg “Demokraties bestel” gaan ons, hopelik, weer verban word agv diskrimansie gebaseer op geslag, politiek, godsdiens of geloof!

Nee kyk!

ditiswatekdink ·

Suid Afrika behoort aan kommuniste, so niks verbaas my nie. Kommunisme is ’n ekonomiese of politieke stelsel waarmee die staat alle eiendom, industrieë en ekonomiese instellings besit en beheer.

VaalDonkie ·

Ek het nie eens geweet hulle speel Rugby nie. Maar nou ja.

Kwikkie12 ·

Israel is een van die mees vooruitstrewende lande in die wereld. Ekonomies, Medies, Militer, Opvoeding,Landbou ens. ens. Suid Afrika is net die teenoorgestelde!!

Chris ·

Hoop die Israeliete speel beter rugby as wat hulle pad in die woestyn vir 40 jaar gesoek het. Gee SARU en al die ander agterryers gas

Alta ·

Mooi so ,maak hul bankrot Isreal,dis Tyd dat Saru die BYBEL lees!!!!!!!!!!!!

Marthinus W ·

Nou die dag, terwyl mense rondskarrel in Sirie om lewendes onder die puin van die aardbewings te soek, het Israel n missielaanval op Sirie geloods. Waarom? Hoe kan ek Israel ondersteun as hulle missielaanvalle op n land doen terwyl die mense veg om oorlewing.

Harley Davidson ·

Israel verdedig hulle grondgebied hulle het soos sa voor 94 ‘n verdediging beleid nie aanval beleid nie.

Kosie ·

Ag wat gee maar nog n paar rand vir die ou bakhand staaners, hulle gaan julle mos maar weer in die rug steek, Discovery en Dischem wat Joodse eienaars het weet mos hoe om mense uit te sluit, veral as hulle wit is.

Roward ·

SARU moet ophou om hulle neuse in politiek te druk. Hulle is daar vir die bevordering van SA rugby, nie politieke agendas nie.

piet ·

Ek weet darem nie, die hele wereld het ons dan geboikot gedurende Apartheid weens politiek. Klink net vir my vreemd hoekom hulle nou so tekere sal gaan, dit was mos maar net ‘n uitnodiging in die eerste plek. Seer sekerlik kan die uitnodiging teruggetrek word om welke rede ookal. As hulle enige kostes aangegaan het, kan ek dink dat daar plek kan wees vir ‘n regsaksie maar SARU kan tog nie gedwing word dat hulle deelneem nie. Dit sal nou belaglik wees.

Althes ·

SARU en ANC beskuldig Israel van apartheid en wrede dade teenoor Palestinië.
Hul kan werklik nie ñ vinger wys nie – hul diskriminerende en vyandigheid teenoor die wit Afrikaner spreek boekdele. En die wrede moorde op wit mense skeel hul ook min. So ook die algehele moordsyfer in SA. Vee voir jil eie deur SARU en ANC

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.