Jaagduiwel beweer hy is laat vir eie troue

Argieffoto

ʼn Besope motoris wat Sondagoggend op die N17 in die Germiston-gebied aan die Oos-Rand vir ʼn spoedoortreding vasgetrek is, het glo aan verkeersbeamptes gesê hy is ʼn bruidegom wat laat is vir sy troue.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD), sê dít was net een van verskeie verskonings wat motoriste vanoggend aangebied het nadat hulle die spoedoortreding van 120 km/h op die snelweg oorskry het.

Volgens Kgasago is daar vanoggend tussen 05:45 en 09:35 vyf motoriste in hegtenis geneem op die N17 tussen die Guthrie- en Heidelbergweg-brug. Al dié motoriste was mans tussen 24 en 38 jaar oud. “Hulle het uitermatige spoedoortredings aangeteken van tussen 165 km/h en 173 km/h. Vier van hulle was in sedans, terwyl een in ʼn sportnutsvoertuig was,” het Kgasago gesê.

Hy sê ʼn 34-jarige bestuurder wat 173 km/h in ʼn Volkswagen‑sedanmotor gery het, is ook van dronkbestuur aangekla. Die vermeende bruidegom is om 09:34 in hegtenis geneem nadat die 24-jarige man in ʼn Ford-sportnutsvoertuig gejaag het “om by sy troue uit te kom”.

Die vyf spoedvrate is by die Elsburg-polisiestasie van roekelose en nalatige bestuur aangekla en op R1 000 borgtog elk vrygelaat.

Hulle sal binnekort in die Germiston-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Muffin ·

Die 34 jarige man se troue gaan in die tronk gehou word. 173kms per uur en dronkbestuur. Groot moeilikheid.

Anna de Lange ·

Lees mooi Almal R1000 gefine . Niemand is toe gesluit nie.

CN ·

Anna, 1000 BORGTOG en sal in die hof verskyn.. Groot verskil tussen boete en borgtog

Cherokee ·

CN, wat’s jou probleem? Anna is reg. Niemand is toegesluit nie.

Snoopie ·

Duidelik kan almal sien waarom die moord syfer op ons paaie die res van die Wereld voorspring, by ver.

leeann ·

my persoonlike opinie is dat 75% van die bestuurders ry met ‘n gekoopte bestuurders lisensie, en het geen idee wat verkeersreëls is nie. ek sien op ‘n daaglikse basis dat hulle nie eers weer waarvoor ‘n dubbele witstreep daar is nie. Dit is SA se grootste probleem

Awie Opperman ·

90% van statistieke word op die plek opgemaak en daar is ‘n 80% kans dat iemand jou sal glo as jy ‘n spesiefieke syfer uit jou duim suig.

LINDA ·

N HARDE WAARHEID 2 strawwe op een dag! Ek sou liewer soos n skilpad na die troue gekruie het want dit is n lewenslange straf die strop om die nek…..

Elize ·

Vir my is die cherry op die koek bestuurders van alle rasse, wat nie tot 4 kan tel as verkeers ligte weens Eksdom buite werking is nie. Hulle het nie n clue dat in so n geval, die robot dan in n 4rigting stop verander nie. Dit is nie noodwendig spoed wat die oorsaak van sterftes op ons paaie is nie.

Co ·

Ja, hier op die ou Johannesburg pad in Centurion, by Swartkops Hoerskool word die verkeersligte op Sondae deur byna al die motoriste vermy, ry deur die rooi ligte sonder om eers briek aan te slaan. As voetganger moet jy maar wag vir ‘n gaping as die lig groen is vir jou.

Cherokee ·

Het die ou weggejaag van die troue of daarheen? Dìt behoort ‘n faktor te wees in sy verdediging.

LINDA ·

VERSAGTENDE VONNIS AS HY WEGGEJAAG HET VAN DIE TROUE U EDELE SO NIE MOET U WEER N SKEISAAK HANTEER. DINK FLINK U EDELE….

Haastig ·

Hoor hoor Elize, Ja dis seker die drank wat hom so aanjaag. Roekelose bestuur en onbevoegde bestuurders is ons land se grootste probleem op die paaie . Ek like jou eksdom benaming , maak nogal sin

Phil ·

Hierdie mense se name met ID nommers moet op n lys verskyn waar versekeringsmaatskapye dit kan gaan kry. Hul versekering moet ook sommer verhoog word met elke oortreding. Ek verstaan dat versekering vir jonger mense duurder is, maar nou betaal ALMAL meer as gevolg van hierdie roekelose mense….

grapkas ·

Teen daai spoed dink ek het hy die hasepad gevat en in die ander rigting as die troue gery…

Asjas ·

Besope daai tyd van die oggend op jou trou dag en ‘n jaagduiwel, ek dink die Bruid is die gelukkige een in die geval. Baie toekomstige ongelukkigheid gespaar!!

Elsa ·

Hou op om met klippe te gooi..daardie ouers kry swaar genoeg. Wie van ons maak nooit foute?

Hennie ·

Sien hier is weer ‘n klomp slim mense wat kommentaar lewer. As jy op borgtog vrygelaat is beteken dit jy was toegesluit, dit is nie ‘n boete nie. Borgtog beteken jy moet in die hof verskyn vir jou oortreding. In die hele SA word jy toegesluit as jy die spoedgrens met 40km/h oorskry, behalwe in Ekurhuleni daar is dit 30km/h.

Heksie ·

Nou is hy seker vrouloos, want hy het toe nooit by sy eie troue opgedaag nie! Ai, die mense wat so kan lieg

Leon ·

Maar net nog ‘n rede tot groot kommer.
Interessante en skokkende feite oor ons paaie:
SA pad sterfte syfer vir Desember 2018 – +/-1,612
Australië totale jaar pad sterfte syfer – 1172

toy ·

Hy was toegesluit en moes ‘n R1000 borggelde betaal het op roekeloos en nalatige bestuur. Lees mooi asb.

Gert ·

Ek ry ‘n Jaguar s-type asook ‘n Disco 4. 160km per uur is ‘n baie gemaklike, rustige en veilige spoed om te ry as jy kan bestuur.

LINDA ·

Al ry jy met die duurste vinnigste motor wat n hoe spoed na niks laat voel binne in jou voertuig al is jy hoe n goeie bestuurder wat jy dink jy self is is daar mense rondom jou wat foute maak en wat jy in ag moet neem. Maak nie saak hoe vinnig jou voertuig is nie jy moet soos elke ander burger van die land by die spoedgrens hou!!!

Erika ·

Ek stem saam met jou. 160 in ñ luukse voertuig is nie jaag nie. Dis gemaklik cruise.

Chris Ws ·

Ek wens die regering wil die spoedgrens op ALLE paaie vastel op 100km/h EN dit streng begin toepas.Hierdie paar wat gevang was is maar net ‘n “flash in the pan”.Daar is duisende bestuurders wat elke dag spoedgrense oortree en ander mense se lewens en sy eie in gevaar stel.

jakes ·

Die N17, R21 en N1 is poorte na die doderyk toe hier in Gauteng. Gister het ek 120 km pu op die R21 gery vanaf Pretoria toe 2 luukse motors teen ten minste 200km verby my gevlieg het en het gelyk of hulle resies jaag teen mekaar. Ek was so boos dat ek gewens het dat hulle teen mekaar vasjaag want dan sou ek gestop het en geen hulp verleen het nie. Hierdie ape hoort agter tralies en waarskynlik die hoofrede hoekom die dodetal so hoog is.

GM ·

Die spoedgrens kan 200 km/uur gemaak word of 60 km/uur, dit gaan absoluut geen verskil maak nie, ongelukke sal daar wees. Mense steur hul nie aan padreëls nie. ‘Keep left, pass right’, sou verkeer laat vloei het, maar slakke wil in die vinnige bane ry teen 40km/uur, of net eweskielik voor ‘n motor inswaai wat op spoed is.
Almal kla oor ‘fortuners’ en bakkies ens. – gaan ry gerus in een teen 100km/uur, dan voel jul hoe stadig dit voel. As jy nie die speedometer dophou nie, dan is dit baie maklik om oor die spoedgrens te gaan. Daar is natuurlik baie windgatte ook. Met my pa se Nissan Sentra het dit weer altyd gevoel om mens jaag teen 60km/h, omdat die rit minder glad is.

Hoekom werk die autobähn so goed in Duitsland? Hulle kry nie net hulle lisensies nie. Hulle moet ‘n sekere hoeveelheid daglesse EN naglesse hê ens. en die wet word toegepas. In S.A. koop baie vir die spietkop KFC, dan word hul deurgesit.

LINDA ·

Al ry jy met die duurste vinnigste motor wat n hoe spoed na niks laat voel binne in jou voertuig al is jy hoe n goeie bestuurder wat jy dink jy self is is daar mense rondom jou wat foute maak en wat jy in ag moet neem. Maak nie saak hoe vinnig jou voertuig is nie jy moet soos elke ander burger van die land by die spoedgrens hou!!!

Stripes ·

Of jy nou 60 kpu ry of 260 kpu maak nie juis saak nie, jou beurt is jou beurt. Maak nie saak of jy bestuur, as passasier sit of langs die pad staan en duimgooi nie, jy gaan dit nie vermy nie. Maak dit eerder dat sou ek jou dood veroorsaak, dit jou gesin se besluit is of ek ook doodgemaak moet word en of ek miljoene kompensasie aan jou gesin moet uitbetaal om die dood vry te spring. As ek ook dood is in die insident word die las van kompensasie net verskuif na gesin of familie en as hulle nie kan betaal nie moet hulle een persoon nomineer wat in my plek dan kan doodgemaak word. Met die hengse salarisse wat deesdae verdien word is boetes nie meer ‘n afskrikmiddel nie. Konfiskeer die voertuie en stel meer beamptes aan uit die opbrengs van die verkoop daarvan.

Vlakvark ·

Fout no.1 = Moenie bachelors die aand voor doen nie
Fout no.2 = Moenie onder die invloed bestuur nie
Fout no.3 = Moenie 173km per uur ry nie

Fout no.4 sou die grootste fout gewees het maar danksy die 3 hierbo het hy dit mis geloop

GM ·

Linda, waar het enige iemand nou gesê dat die wet nie gehoorsaam moet word nie?
Gaan lees wat ek sê van dis maklik om oor die spoedgrens te gaan met sulke motors as mens nie die speedometer dophou nie. Almal probeer nie altyd windgat te wees nie, is wat ek sê. Die ‘onvoorsiene omstandighede’ waarvan jy praat, is meestal ‘n slak wat in die vinnige baan inswaai – al ry die persoon, voor wie hy inswaai, 120km/uur – dit kan ‘n ongeluk veroorsaak. Netso ook dié wat so oor die pad hardloop – dis onwettig, maar hul kom weg daarmee.
Een wat 60 km/uur in die ‘vinnige baan’ ry as die spoedbeperking 120km/uur is, is meer van ‘n oortreder as een wat 130km/uur daar gaan ry – dis maar my opinie.
En nee, ek is nie ‘n jaagduiwel of iets nie, ek verkies om so min as moontlik te bestuur as gevolg van te veel paloekas op die pad. As ek wel ry, ry ek in die regte bane en volg die reëls.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.