Jacob Zuma weer in hof

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Jerome Delay / POOL / AFP)

Oudpres. Jacob Zuma verskyn Maandag weer in die hof op verskeie aanklagte van korrupsie, bedrog en rampokkery.

Daar sal egter Maandag ʼn nuwe regter in die hooggeregshof in Pietermaritzburg wees nadat regter Piet Koen hom einde Januarie aan die saak onttrek het. Regter Nkosinathi Chili sal nou die saak aanhoor.

Koen het die saak – wat nou al twee dekades lank sloer – in Oktober verlede jaar uitgestel om te bepaal of dit in die beste belang van geregtigheid sou wees vir hom om voort te gaan om die saak aan te hoor. Die regter het vroeër gesê die integriteit van die verhoor moet bo verdenking wees en dat dit sy werk is om dít te verseker.

Koen het hom toe aan die saak onttrek en onder meer gesê hy het die besluit geneem omdat hy vantevore sy mening gegee het oor die meriete van Zuma se private vervolging deur staatsadvokaat Billy Downer SC. Zuma het Downer daarvan beskuldig dat hy vertroulike mediese inligting oor die oudpresident aan verslaggewer Karyn Maughan laat uitlek het.

Koen het verlede jaar bevind daar is geen meriete in Zuma se klagte nie.

Downer, wat die aanklaer in die korrupsiesaak teen Zuma is, word nou self privaat deur die oudpresident vervolg en hy voer aan dat Downer dus nie as aanklaer in die saak (wat met die omstrede wapenaankoop-transaksie verband hou) kan optree nie.

Zuma staan tereg op verskeie aanklagte van korrupsie, bedrog en rampokkery oor die aankoop van onder meer vegvliegtuie, patrolliebote en ander weermagtoerusting toe hy in die laat 1990’s adjunkpresident was. Hy word daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van die Franse wapenvervaardigingsreus Thales hiervoor ontvang het.

Thales staan ook tereg op aanklagte van korrupsie en geldwassery.

Albei partye ontken skuld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Harley Davidson ·

Al die moeite vir ‘n man wat in die tronk moet wees maar weens sy posisie is hy verhewe bo die wet en is hy tans ‘n vry man wat die howe se tyd mors.

Andries ·

Die jakkals is terug in die hof, net om weer n ander datum te kom haal.

muffin ·

gaan die hof nioot die sake end kry om jakkels se lewe geniet en geld vermors nie

Henk ·

Daar is meer as 5000 gelowe op aarde. Die wat nie dieselfde as jy glo nie het dus nie ‘n kans om hemel toe te gaan nie. Die beskuldigde glo nie soos jy nie, dus gee hy nie ‘n duit om vir ‘n “Hoër Hand” nie. So lekker droom.

Di ·

Ag asb, die een gaan NOOIT einde kry nie. Vermorsing van geld en howe te tyd

Pannies ·

Hierdie gesig wil ek nog net in die tronk sien.
Hy maak die regstelsel belaglik.

annie ·

Nog ‘n dekade lê gelukkig nog voor vir hierdie opwindende saak. Dalk nog een ná die nuwe regter ook moeg raak. Al waarop ons nog kan hoop is dat Zuma nie ‘n nasaat van daai oom is wat so 200 jaar of wat geleef het nie. Op die huidige trant in die wêreld sal Zuma en sy geliefde vriende die hemelpoort nader met nog ‘n plannetjie vir die uitstel van sy saak.

Henry ·

hoe kan jy sè wie die aanklaer moet wees.
ek kan bepaal wie my verdedig maar nie wie die aanklaer is nie.

Papsak ·

Ja en daar kry Zuma sy sin nou gaan hy onskuldig gevind word want sy boetie vat sy saak wit het ontrek gemors

Althes ·

Ek bid dat Zuma se dag aangebreek word, dat mense nie so untouchable is soos wat hul dink hul is nie. Amen

efjy ·

Die sakie sal seker maar vandag uitgestel word om vir die nuut aangestelde regter geleentheid te gee om die vorige 20 jaar se hofsittings eers deur te gaan. Dit behoort aan die beskuldigde ‘n verdere jaar uit die tronk te hou.

Wondermaarnet ·

Nou gaan die nuwe regter seker ook 10 jaar vat om deur al die dokumente te werk. Ander vraag is: gaan Zumpie opdaag?

Henk ·

Geen skelm kry deesade sy verdiende loon nie. Dis asof die hele wêreld ‘n blinde oog draai, of ten minste maar net aanvaar wat hulle doen.

Jakkie ·

Ek hoop van harte die nuwe regter het al gehoor van “ justice delayed is justice denied”, as hy n saak gehad het sal hy nie vertragingstaktiek gebruik nie. Gee hom sy dag in die hof en hou op met verkwisting van geld en tyd.

gatgogga ·

Al hierdie sirkusse in die hof is slegs van akademiese belang. Dit maak nie saak wat die hof kamtig beslis nie – Zuma sal nie tronk toe gaan as hy nie wil nie, en hy sal geen geld terugbetall as hy nie wil nie.

Jacob ·

As hy sou ge vonnis sou word en tronk toe gestuur sou word, sal die Kwazulu Natal se onsluste wat plaas gevind het soos n kinderpartydjie lyk teenoor dit wat sal gebeur. Hierdie skepsel sal nooit skuldig bevind word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.