Jhb-brand: Nadoodse ondersoeke afgehandel

Brandbestryders en polisiebeamptes is ontplooi voor die uitgebrande gebou in Johannesburg (31 Augustus 2023) (Foto: Guillem Sartorio/AFP)

Die departement van gesondheid het bevestig dat patoloë Sondag die nadoodse ondersoeke afgehandel het van die 74 mense wat verlede week in ʼn brand in Johannesburg omgekom het, sowel as dié van drie mense wat later in die hospitaal gesterf het. Die ondersoeke is by die Diepkloof- forensiese patologiedienste (FOD) se lykshuis gedoen.

Volgens die departement is daar 62 onidentifiseerbare liggame by lykshuis en 12 identifiseerbare liggame. Tien gesinne het reeds hul geliefdes uit die 12 identifiseerbare liggame geïdentifiseer.

Nomantu Nkomo-Ralehoko, LUR van gesondheid in Gauteng, sê die polisie het ook DNS-monsters van die 62 onidentifiseerbare liggame geneem met 13 monsters wat van direkte gesinslede geneem is.

“DNS-monsters kan slegs van direkte gesinslede (broers en susters of ouers) geneem word. Sodra die monsters van die oorledenes en van die familielede geneem is, sal dit kruisverwys word om hulle te pas as deel van die uitkenning van oorledenes.

“Tot op hede het 69 gesinne by die fasiliteit aangeklop om hul geliefdes aan te meld, waarna ʼn lys geskep is met 69 name van persone wat moontlik in die brand omgekom het.

Die regering doen ʼn beroep op familielede van die 62 onidentifiseerbare liggame om by die FOD lykshuis in Diepkloof aan te klop om te help met die proses van identifikasie wat DNS-toetse insluit.

Beradingsdienste word steeds by die Diepkloof FOD se lykshuis deur geestelikes sowel as die departement se sielkundiges verskaf.

Die Gautengse provinsiale regering het ook ʼn blitslynnommer beskikbaar gestel om familielede te help om hul geliefdes op te spoor. Navrae kan gedoen word deur die tolvrye blitslynnommer by 0800 203 886 of direkte lyn gedurende kantoorure by 011 355 3048 of 011 241 5707 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

melaney ·

Ek hoop nie hierdie tragiese gebeurtenis is ‘n “trial run” vir die volgende een nie. Hopelik sal al wat ‘n ‘oorgeneemde’ gebou in Johannesburg skoongemaak word, en voorsorgmaatreëls daargestel word. Om so jou lewe te verloor is erg.

Blikkies ·

Dis net jammerlik dat die verskoning van ‘n minister verwys het na die vorige bedeling as die skuldenaars wat die gebou vervalle gelaat het en nie gesorg het dat daar in 30 jaar geen onderhoud nodig sou wees nie. As ek dit nou maar so kan stel?

Amelia ·

luistr skipmark op fb ou se naam is colin nie sekr van van baie intresant na 29 jaar is niks in stand gehou nie daai was n kantoor gebou sloop die plek so ook ander plekke wat nie instand gehou word nie

domheks ·

Hoekom sal hulle die lyke wil gaan uitken? Hulle wag vir die staat om die begrafnis koste te dra. Alles mos verniet in SA.

Theuns ·

So what? Wat help dit die “vermoordes”?
Die wat oorsaaknis loop rond en pronk
Wat gaan aan met die paaie wat opgeblaas het in die middestsd?
Klaar herbou?.
Media moet opvolgimg doen om.druk.op cadres te hou..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.