Jong Pta-man langs pad met mes aangeval

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Jong man is Donderdagmiddag in die ooste van Pretoria met ʼn mes gesteek en beroof.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 13:20 in De Villebois Mareuillestraat in Moreletapark plaasgevind.

“Die man is aan die kant van die pad aangetref. Hy het aan paramedici verduidelik hy het langs die pad gestap toe ʼn voertuig met ʼn onbekende hoeveelheid mans skielik langs hom stilgehou het,” het Vermaak gesê. “Die mans het uit die motor gespring, hom beroof en met ʼn mes gesteek.”

Die man het steekwonde aan sy nek en skouer opgedoen. Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Kapt. Ilze Jones, woordvoerder van die Garsfontein-polisie, kon nie Vrydag meer besonderhede oor die voorval bekendmaak nie. “Die saak is nog nie by die Garsfontein-polisie aanhangig gemaak nie, maar dit mag wees weens die slagoffer se mediese toestand. Ons sal egter die voorval ondersoek en die man se verklaring in die hospitaal gaan afneem sodra hy daartoe in staat is,” het Jones aan Maroela Media gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Pieter ·

Ons bly nou in Pole en kom November maand SA toe op vakansie maar dit le soos n berg voor my as ek elke dag lees wat in die land aangaan.Het nooit gedink ek sal eendag BANG wees om na my eie land terug te kom nie.

Dovaz ·

Bly waar jy is Pieter! Moenie berge klim en later spyt wees nie.

olie ·

Dit breek my sielkundig af, ek wil verrrrrrrrrrrrr weghardloop. Mense wat moet ons doen, skande, skande, skande.

wynand ·

Pieter, gaan hou eerder vakansie in ‘n ander land. Niemand is meer veilig hier nie. En dit is nie ‘n manier om jou vakansie te geniet en nog so bie geld ook te spandeer nie. Gaan na Australie waar die weer ook mooi en waar julle veilig sal wees.

Pieter ·

Ons kom om by die familie te wees. hulle lanklaas gesien en my vriend se ma word 80 dis hoekom ons oorkom. Was dit nie vir die verjaarsdag nie het ons nie gekom nie.

Hanna ·

Ag nee Pieter kom geniet jou vakansie in ons mooi land. Lees maar bietjie dit gaan in ander lande ook so ons weet net nie daarvan nie.

Michael ·

Ek het dit al baie gese mense doen aan jou wat jy hulle toelaat

Linette ·

@Michael – o, so dié outjie is aangerand en beroof ….. omdat hy dit toegelaat het? Hmmm, interessante denkwyse wat jy daar het. So die boere op hul plase word ook wreed vermoor, aangerand, vrouens word verkrag, diere word mishandle en gesteel ……….. omdat ons dit toelaat, nè?

Daan ·

Michael….. geen Vrou of dogtertjie laat dit toe dat hulle ge GANG RAPE word nie!!!! geen meisie sal dit “toelaat” nie. dit gebeur met hulle, so asb dink weer oor jou post of prober jy n nar wees? jou post my nou baie upset my maat. dink was jy se!

Michael ·

Daan ek vra verskoning as jy aanstoot neem wat ek probeer sê is ons moet ons buurte weer veilig maak sou die aanvallers so arrogant wees as hulle weet hulle gaan pak slae kry maar hulle vrees nie meer daarom doen hulle wat hulle wil en ons die inwoners is so bang om betrokke te raak ons kyk maar anderpad.

Daan ·

Pieter bly weg. die is lankal nie meer “ons/jou” land nie. blykbaar het ons dit gesteel.

Dovaz ·

Ja nee Daan! Jy praat net en weet nie waarvan nie. Ek glo nie meer daar is a ding soos doen aan ander wat jy wil he ander moet aan jou doen nie. A vrou wat in haar huis voor haar man in die rug geskiet word deur plaas aanvallers vra nie daarvoor nie. Dink voor jy nuttelose kommentaar lewer.

Stem nie saam ·

Ja nee Daan! Jy praat net en weet nie waarvan nie. Ek glo nie meer daar is a ding soos doen aan ander wat jy wil he ander moet aan jou doen nie. A vrou wat in haar huis voor haar man in die rug geskiet word deur plaas aanvallers vra nie daarvoor nie. Dink voor jy nuttelose kommentaar lewer.

Ashlee ·

Hanna, jy was beslis nog nooit in n ander land nie. Blaai ook gerus deur internet en vergelyk S.A. met ander lande. Siedaar.

Johan Gouws ·

Tragies om Hanna en Daan se kommentaar te lees. “Ignorance is bliss” soos hulle se.

Houtoog ·

Ek gaan nou weer vir oulaas probeer nadat my kommentaar afgeskiet is.
Ek weet van ‘n DE VILLEBOIS MAREUIL-straat in Moreletapark. Die De Villa Boisstraat is totaal onbekend!!
George Henri Anne-Marie Victor de Villebois-Mareuil was ‘n Franse kolonel in die Angloboereoorlog vir diegene wat dit alreeds vergeet het, lyk my ook so MM.

Daan ·

Stem saam met jou Hanna,hierdie is nog die beste,mooiste land-ons land!Wanneer ek in New Zealand gaan kuier dan verlang ek baie gou terug na die lang geel gras van die Hoëveld.Kyk hoe lyk bv Europa wat oorstroom word deur Moslems.Kom ons tel al ons seëninge en wees dankbaar,en kom ons reik uit na hulle wat swaarkry.

anton ·

Ons mag n mooi land hê (natuur) maar ons land is verwoes!!!
Europa mag nou probleme hê met die moslems wat hulle land instroom maar steeds nie n vergelyking met dit wat ons mee sit nie!
Nee die land is lankal nie meer mooi vir my en dit word elke dag net erger!!!

SARIE VAN HEERDEN ·

Al oorstroom Moslems Euopa het die witman darem nog ‘n kans om kop bo water te hou. En ons het wel eens, nie so lank gelede nie, ‘n mooi land gehad maar deesdae is dit ‘n HOOL. Ons paaie loop deur die aaklilgste buurtes vir buitelanders om te sien. Ons middestede kan nie mer besoek word nie want jou uiteinde is die hospitaal met steekwonde of die dodehuis in ‘n yskas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.