Kaapstad bid vir vrede, EFF eis koppe

Politici het byeengekom om oor die taxi-staking in Kaapstad te bid. (Foto: EFF Western Cape/Twitter)

Verskeie politici, die burgemeester van Kaapstad en selfs lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco) het Woensdagmiddag by die St. George‑katedraal bymekaargekom vir ʼn intergeloof-gebedsdiens.

Daar is onder andere gebid dat die voortslepende taxi-staking in die stad vreedsaam beëindig word.

Kort daarna het lede van die EFF egter hul stemme verhef en JP Smith, Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, se kop geëis.

Die EFF het in die katedraal gesing dat “JP Smith must fall” en “bring back the taxi’s”.

Die EFF in die Wes-Kaap het op sosiale media gesê die sang was bedoel om die “arrogansie” van Smith bloot te lê.

In video’s oor die EFF se jongste gesange kan daar gesien word hoe menigte kerkgangers knorrig lyk oor die geraas. Van die kerkgangers probeer boonop om die EFF stil te maak.

Sindisiwe Chikunga, minister van vervoer, asook verskeie ander politici het vandeesweek gesê die Kaapse metro moet die minibustaxi’s wat hy geskut het weer aan hul eienaars terugbesorg.

Die DA in die Wes-Kaap, asook Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, het egter teruggekap deur te sê dat hulle bloot die nasionale verkeerswette volg deur taxi’s te skut wat verkeersoortredings begaan.

“Kaapstad sal voortgaan om hom te onderskei ​​as ʼn voorbeeld van ʼn stad wat werklik die nasionale wette van die land implementeer,” het Hill-Lewis gesê.

Ramaphosa veroordeel geweld

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het by die jaarlikse Vrouedagvieringe, wat vanjaar by die Uniegebou gehou is, die gewelddadige stakings in Kaapstad veroordeel.

“Vanjaar sou ons die nasionale Vrouedagvieringe in Khayelitsha in Kaapstad gehou het, maar weens die geweld wat verband hou met die taxi-staking moes dit noodgedwonge geskuif word,” het Ramaphosa gesê.

Hy het die staking ten sterkste veroordeel, aangesien dit wydverspreide geweld en onrus aangewakker het.

“Ons [die presidensie] is geskok oor die moorde en aanrandings wat plaasgevind het,” het hy gesê.

“Versperde paaie lei tot ontwrigting vir sakeondernemings, onderrig en gesondheidsdienste wat ʼn langdurige uitwerking op die lewe in die stad sal hê.

“Ons moet die wet handhaaf en ons moet probleme oplos deur sinvolle dialoog.”

Hoewel die strate van Kaapstad grotendeels stil was met die aanvang van Vrouedag, heers daar onsekerheid oor of die wetteloosheid van die taxi-staking Donderdag weer gaan voortduur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

46 Kommentare

Jasmyn ·

“Inter-geloof gebedsdiens” … g’n wonder dit gaan soos dit gaan nie. Ons Vader in die hemel eis onverdeelde trou aan Hom. Die opdrag in die Bybel is dat ons die Here ons God moet liefhê en Hom alleen moet dien en dat ons naas Hom GEEN ANDER GODE MAG DIEN NIE. Dit sluit alle ander gelowe in. Suid-Afrika moet terugkeer na die enigste, ware God in die hemel.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hier is geloofsvryheid. Jy deel ‘n land met mense wat ander gelowe aanhang. Probeer in vrede met hulle leef.

Truman Burbank ·

Die probleem met christene, is hul glo nie in geloofs vryheid nie. As jy nie dieselfde as hulle glo nie, haat hulle jou en kan nie wag om te sien hoe jy “in die hel brand nie”.

Wakkerslaper ·

Dit gaan nie oor geloofsvryheid nie – dit gaan oor die vermenging van die Christelike Geloof met afgodery. Dit is die probleem.

Truman Burbank ·

As jy mooi in die geskiedenis gaan kyk, sal jy sien die christelike geloof is ook n vermenging. En kyk hoeveel denominasies het verskillende sienings uit dieselfde skrifte. Moet almal glo soos jy?

Adriana ·

Tipies wat kan jy verwag van ñ kommunis, kan niks positief na die tafel bring, oplossings kry om dinge te verander, moet als net afbreek en verwoes.

Harley Davidson ·

Die volgende stap moet wees om die weskaap te laat afstig, as daar gekyk word na die anc en eff en hoe hulle die sitsuasie veroordeel en hulle steun gee vir die kriminele is daar geen ander uitweg meer nie.

Wakkerslaper ·

Julle droom lekker nê? Afstigting is totaal onrealisties en sal nooit gebeur nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Né. Ons vorder reeds fluks met die eertse fase. Jou regime besef dit en is bekommerd. Jou land het misluk. Nuwe planne word gemaak. Terloops, KZN gaan eerste onafhanklik word.

Charles ·

Nuwe planne… Sal fantasties wees indien jy reg is, maar iets is aan die gang oorsee. En ek het agtergekom ek kan sê wat ek wil op Youtube kommentaar en niemand sal my eens swets op n trending ,een dag oue video nie.

Charles ·

En ek hoop jy kom ook agter dat mense om ons begin verander. En nie in n goeie of slegte manier nie. In n anderste manier…

Republikein in die Wes Kaap ·

Stem! Die land is en was nog nooit lewensvatbaar nie. Sedert 1910 is burgers mislei deur politici,eers deur Afrikaners en nou deur die ANC.

Republikein in die Wes Kaap ·

Terloops, die ’92 referendum (en uitslag) was reeds dekades gelede beplan, met westerse hulp.

Anna-marie ·

Sal die “westerse hulp ” (wat wel die ’92 referendum se uitslag bepaal het) toelaat dat die Weskaap afstig? NEE.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die situasie het drasties verander. Die regime in Pretoria hang oor na die Ooste. Dis teen die Weste se wense en belange. Eienaardige vriendskappe word nou gevorm. Ons almal is pionne in hierdie storie. Ons gaan binne ‘n dekade ‘n Westers-gesteunde Wes-Kaap hê en ‘n BRICS- gesteunde res van die huidige Suid Afrika. Gewone burgers is magteloos en elkeen moet doen wat is die beste vir hom/haarself.

Charles ·

“The definition of a fool is someone who does the same thing over and over again expecting different results” ~ Many believe that this is an Albert Einstein quote but the origin of it is unclear.

Debbie ·

Die EFF het geen respek vir niks en niemand. Hulle weet nie wat respek is nie, om se aan te gaan in n kerk is heeltemal verkeerd.

Theuns ·

Onbekeerd. Kerk is net front vir sommige om lrimineel te regverdig.

Truman Burbank ·

Dit was n blye dag toe my oë oopgaan en ek my bekeer van die kerk

Elize ·

Ek kan nie verstaan wat soek die rooi overalls in ‘n kerk nie want die voorvaders is beslis nie daar nie!

Koen ·

So jy reken jou oorlede Oupa, Ouma, Pa of ma is nie saam met jou in die kerk nie. Jy moet onmiddelik op jou knieë gaan en vergiffenis vra. Jy weet wat wag vir jou.

Truman Burbank ·

Ek dink hulle het genoeg van die kerk in hierdie lewe gehad. Net ongelukkigheid gebring.

Lillian ·

Ons moet nie net bid vir vrede nie, ons moet aanhou bid dat hier Here kom ingryp en ons verlos van hierdie heidense volk wat hier regeer.

Wakkerslaper ·

Dit gaan beslis nie gebeur deur inter-geloof gebed wat afgodery is nie. Inteendeel!

Koen ·

Die Here het sy volk dan uitgelewer. Hoekom sal hy nou wil ingryp. Die sondes van die vaders word nou dalk besoek aan die kinders – tot in die 3de en 4de geslag

Truman Burbank ·

Dit se die een deel. ‘n Ander deel se dat as die pa suur druiwe eet, sal die kinders se tande nie stomp word nie. Nice boek van teëstellings

Delia ·

Die EFF ontsien niks en niemand, nie eers n katedraal. Plaas dat hulle saam gaan bid. Opportunistiese groep wat net tweespalk kan saai en niks kan opbou. Hierdie rewolusionere groep het geen plek in n demokrasie.

Kobus ·

Wat ‘n politieke klugspul! SANTACO en EFF huil die hardste…lagwekkend

Vanessa ·

Wet en orde moet geskied. De hel met die EFF, hulle veroorsaak chaos in die land. Dis hulle wat die land ten gronde laat gaan. Dis tyd dat daar teen hulle opgetree word.

Wakkerslaper ·

…”inter-geloof gebedsdiens”… dit is waar ek opgehou lees het. Mag die Wes-Kaap kry wat hom toekom oor hierdie afgodery.

Truman Burbank ·

Daar is 45000 denominasies wereldwys. Daar is 4000 verskillende gelowe. Almal dink die ander is gek en verkeerd. En almal is reg.

Wakkerslaper ·

Die gebedsdiens was nie gehou deur die WARE Kerk nie… dit was afgodery

Yvonne ·

Die tipe gedrag van die EFF is sprekend van die tipe mense wat dit uiter……..Ek dien n regverdige verdraagsame en alomteenwoordige en genadige God…..Hy deel nie Sy eer met satan nie

Ronél ·

Die cANCer en EFF wil die Weskaap onregeerbaar maak vir hul verkiesingsagendas………..

Theresa ·

Daarshy, uiteindelik kom ons by die waarheid uit, alles vir 2024 verkiesing

christo ·

Snert! Watter onnosele mense dink dat misdaad deur die Here as ‘geregverdige gedrag’ aanvaarbaar is? Net soos in die Tien Gebooie is daar nie uitsluitsels van sekere sondes nie. Die taxi bedryf is wetteloos. Hulle optrede maak mense dood. Dis nie die Stad Kaapstad se wetstoepassers wat verantwoordelik is daarvoor nie. Die taxibestuurders word beboet, maar betaal nie die boetes nie. Hulle gaan net voort met hulle wetteloosheid.
Laat daar nou net weer ‘n taxi ongeluk is waar vyftien kinders sterf agv onpadwaardige voertuig en ‘ n bestuurder sonder ‘n lisensie, dan skree die gemeenskap moord en blameer die owerhede!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.