Kabinet: ‘Gebreekte eiers in dieselfde mandjie rondgeskuif’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Kopano Tlape)

Pres. Cyril Ramaphosa het met sy kabinetskommeling bloot ʼn bondel gebreekte eiers in dieselfde mandjie rondgeskuif, ten koste van die mense van Suid-Afrika. Dus is niks aan die twee wesenlike krisisse wat ʼn groot bedreiging vir die land en sy inwoners inhou, naamlik krag en misdaad, gedoen nie.

Só meen dr. Pieter Groenewald, die VF Plus-leier, en John Steenhuisen, die DA-leier, ná die kabinetskommeling wat Maandagaand aangekondig is.

Volgens die politici is daar geen kundigheid uit die privaat sektor in die kabinet gebring nie en geen gevolge vir ministers wat klaaglik in hul bestaande rolle misluk het nie. Hulle meen Ramaphosa het ook nie ruggraat getoon deur in sy kabinet van ministers wat Suid-Afrikaners herhaaldelik in ʼn ramp gedompel het, ontslae te raak nie.

“Suid-Afrika het baie min om na uit te sien onder hierdie herskommelde kabinet. Die enigste manier vir ʼn nuwe, doeltreffende kabinet om in te kom sodat ons van mislukking en onbevoegdheid ontslae kan raak, is dat ʼn kabinet aangestel word wat vry is van die ANC. Tot dan kan Suid-Afrika net meer van dieselfde verwag. Meer gebrek aan optrede, meer verlies en meer wanhoop – want dit is wat Suid-Afrikaners aan Ramaphosa en sy regering gelykstel,” sê Steenhuisen.

Dr Kgosientsho Ramokgopa (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Groenewald meen dr. Kgosientsho (Sputla) Ramokgopa wat as die tydelike minister van elektrisiteit aangewys is, gaan wesenlik niks anders as ʼn projekbestuurder wees nie.

“Dít terwyl dr. Ramokgopa enkele jare gelede as uitvoerende burgemeester van Tshwane omstrede was juis weens ʼn elektrisiteitsfiasko rakende slimkragmeters in die stad. Dit was ʼn oefening in die kleine van wat nou met Eskom op die minister wag,” sê Groenewald.

“Die doel van die slimmeters was om die stad se slegte skuld te verminder en kontantvloei te verbeter. Eindelik was die projek ʼn algehele mislukking en het die stad R1,2 miljard gekos.”

Steenhuisen meen as Ramaphosa dink dat Ramokgopa die elektrisiteitskrisis gaan oplos, “dan is permanente beurtkrag onvermydelik”.

Daarbenewens sit Bheki Cele steeds stewig in sy stoel as minister van polisie terwyl misdaad die land verswelg, meen Groenewald en Steenhuisen.

Ian Cameron van Action Society sê Cele se heraanstelling in sy pos – ondanks al sy mislukkings en tekortkominge – wys dat die regering geen voorneme het om misdaad in Suid-Afrika te beëindig nie.

“Die ANC het trouens bloed op sy hande,” sê Cameron.

Minister Bheki Cele (Foto: Fikile Marakalla/GCIS)

“Cele se leierskap in sy posisie as minister van polisie het daartoe gelei dat misdaadstatistieke swakker as dié van oorloggeteisterde lande is. Dit is ʼn klap in die gesig van die miljoene Suid-Afrikaners wat daagliks die slagoffers van moord, verkragting en geweldsmisdaad geword het,” meen Steenhuisen.

Oor dr. Nkosazana Dlamini-Zuma wat as minister in die presidensie verantwoordelik vir vroue, jeug en persone met gestremdhede aangestel is, sê Groenewald dit is ʼn goeie aanduiding van die skuiwe wat die president gemaak het deur sy vriende na aan hom te hou en sy vyande nog nader.

“Selfs nadat Dlamini-Zuma teen die ANC se voorskrifte in daarvoor gestem het dat die parlement Ramaphosa oor Phala Phala ondersoek, het hy nie van haar ontslae geraak nie, maar eerder in sy binnekring aangestel.”

Steenhuisen sê verder min. Patricia de Lille moes geen gevolge die hoof bied ná die miljoene wat op die Beitbrug-waslyn vermors is, of haar versuim om die brand te voorkom wat die Nasionale Vergadering (NV) tot niet gemaak en die land se wetgewer vernietig het nie.

“Dieselfde kan gesê word van ministers Pravin Gordhan, Ibrahim Patel, Gwede Mantashe, Angie Motshekga en Blade Nzimande. In elk van hierdie portefeuljes het Suid-Afrika se maatstawwe slegs agteruitgegaan weens wanprestasie en korrupsie,” sê hy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Carel ·

Dit is so min impak op ons wel & weë, soos iemand wat sy onderbroek moet was, maar in plek daarvan, ‘n skoon hemp aantrek

Andries ·

Die opskrif van die berig en die hele berig self is inderdaad net die waarheid.

Anton ·

Dis dieselfde ou stories dag in dag uit. ‘n Kommunis “geboren en getogen”.

Republikein in die Wes Kaap ·

In die ou USSR en Oos Europa is goeie dienste destyds wel gelewer. Die ANC is te sleg om kommuniste genoem te word.

skinderbek ·

Onder die ANC se bewind sal die land nooit regkom nie, dit bly net een groot gemors.

Truth2bfree ·

Weet jy wat Skinderbek? ‘n Slegte bewind het nog nooit iemand gestuit om hul drome uit te leef nie. KOM ONS DOEN DIT SELF!!

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien burgerlike stappe geneem word om belasting te stop kan die selfdoen ding werk. Tot dan moet ons belasting betaal én betaal vir selfdoen. Ietwat swaar op die sak.

Samuel ·

Wat ‘n sinnelose mors van tyd en geld vir nuwe ministeries wat ons nie het nie. CR en sy gespuis voel niks vir die volk nie, nie eens vir sy our people nie.

Piet ·

Hierdie skommel is maar net om vuil by die huis aan te kom, gesig en hande te was, onder arm deodorant aan te smeer, vars kleure aan te trek en weer by die huis uit.

Papsak ·

Niks het dan verbeter of verander nie alles maar nog op ou trant wat help dit ons niks

Astrain ·

Die grootste teleurstelling is sekerlik Cele wat voortgaan met sy bloedbad…

Jannie van Niekerk ·

Die feit dat die president eers twee ure later gepraat het bewys net dat daar groot bakleiery was. Dankie tog dat Lindiwe en Nati gepos is. Maar genade tog: Beki en Gwede wat in hulle poste bly? Dis mis malligheid!

Amelia ·

Is dit hoekom cele nie bekommer was nie geweet niks sal met hom gebeur nie of weet hy te veel

Mariana ·

En wie is verbaas. Niks maar niks gaan ooit regkom onder hulle nie. Inteendeel als gaan nog verder verswak.

Suzette ·

Wat ‘n gemors en so suig hulle net die belastingbetalers se geld verder op…..

Republikein in die Wes Kaap ·

Die regime het die hool reeds oor die afgrond gestoot. Ontbondeling is al oplossing.

Schalk ·

Die was CR se laaste kans om die val van die ANC te laat spoed afneem. Hierdie besluit gaan die einde van ‘n paar besighede se vertroue verder knak en die massa uittog gaan versnel. Om belasting te weerhou is die beste keuse of manier maar daarvoor gaan die groottste besighede moet saamstaan.

Treurwilger ·

Eerder die “val van SA”, want die ANC ‘floreer’.
Belastingweerhouding is die énigste opsie oor.

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien werkers by JSE maatskappye druk op hul uitvoerende bestuur plaas om belasting te weerhou kan dit gedoen word.

jou gewete ·

Is dit reg om n sirkus so te beledig? Sirkus laat mense lag, hierdie waansinnige gespuis laat niemand lag nie

jou gewete ·

Wat dringend nodig is is dat Weskaap Republiek moet word dat land en wereld kan sien anc is niks en land kan bestaan sonder hulle

Althes ·

Die ANC gee nie ñ snars om vir SA burgers nie. Hul gaan nog die wrang vrugte pluk.

Republikein in die Wes Kaap ·

Deel jou filosofie met die res van ons…

piet ·

Nogal verbaas dat hy van Sisulu ontslae geraak het, gedink sy was een van die “untouchables”.

Perdeby ·

Dit is soos jou voertuig wat 4 pak wiele het, en die spaarwiel is ook pap, dan ruil jy nog steeds jou wiele om.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.