Kinnear-moord: Saak weer uitgestel

Die Bishop Lavis-landdroshof. Foto: Eunice Stoltz

Zane Kilian (39) het Vrydag vlugtig in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn. Dit volg nadat sy saak Maandag uitgestel is omdat daar aangevoer is dat dié landdroshof ʼn veiligheidsrisiko inhou.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Wes-Kaap, sê daar is ooreengekom dat die saak in ’n ander hof voortgesit moet word.

“Die staat het met die president van die streekshof geskakel om te hoor of Kilian sy borgtogaansoek daar kan voortsit,” sê Ntabazalila.

Hy sê hulle het nog nie ’n antwoord van die president van die streekshof gekry of hulle die saak daarheen kan oorplaas nie.

“Die staat het dit Maandag ook duidelik gemaak dat hulle die borgtogaansoek gaan teenstaan.”

Die saak is tot 14 Oktober uitgestel en Kilian sal tot dan in aanhouding bly. “Hopelik sal ons dan weet of die saak in ’n nuwe hof kan voortgaan.”

Zane Kilian staan tereg op drie aanklagte, onder meer ook moord. (Foto: Twitter)

Ntabazalila wou nie Maandag uitbrei oor die kwessie rakende die veiligheidsrisiko by die landdroshof nie, maar het wel bygevoeg dat daar al voorheen melding gemaak is van voorvalle by dié hof en dat ʼn veilige werksomgewing vir almal wat daar werk, gehandhaaf moet word.

Kinnear (52) is op 18 September koelbloedig in sy motor voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet. Hy is verskeie kere in die bolyf geskiet en deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Kilian, wat op 23 September in verband met die moord op Kinnear in hegtenis geneem is, word aangekla van moord, sameswering om moord te pleeg en die onregmatige onderskep van kommunikasie.

Volgens die klagstaat gaan die staat aanvoer dat Kilian tussen Maart en 18 September vanjaar onregmatig en doelbewus inligting van Kinnear se selfone onderskep het. Hy het volgens die staat ook saam met ander, in hierdie stadium onbekende, aanvallers saamgesweer om Kinnear te vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stefan ·

Daai tatoes sè genoeg.
Ja mense, kom maar met jul af duimpies.
My vel is skoon.

Belinda ·

Ek stem nie heeltemal met jou saam nie, dit hang af watter tatoes en wat dit uitbeeld, ek ken wonderlike mense wat daarvan hou om ‘n stukkie geskiedenis saam te dra om dit altyd te onthou. Daar is soms goeie redes, ek dink dit is persoonlike keuse en almal doen dit nie om wild te lyk of op te tree of soos in die geval ‘n krimineel te wees nie. Ek persoonlik is ook ‘n skoon vel, dit doen dit regtig nie vir my nie, ek het darem al gewoond geraak aan smaak verskil.

Belinda ·

Om te dink jy is ‘n Sportman, veronderstel om meer dissipline as enige ander te he. Regtig jy steek die Rugby naam in die skande. Party mense kan jy optel, skrop, mooi aantrek en nerens vat nie, hulle is net nie opvoedbaar en eerlik nie.

Byekonfyt ·

Net weereens ‘n bewys van die totale anargie wat hoogty vier. Die hofsaak kan nie eens voortgaan nie.

4ntj13 ·

Twee prominente hofsake oor moord. Een in Senekal, en ʼn ander in Bishop Lavis. In albei is amptenare bang om geregtigheid te laat seëvier. In albei het SAPD nie hul beskermingsplig nagekom nie. In een het die slagoffer konneksies, en in die ander te min. Dit spreek boekdele oor ons land. Ondervind ons vrede? Kan nie wees nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.