Klag teen eienaar gebring oor skoktoestand van perde

WAARSKUWING: Die foto’s in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

‘n Merrie met ‘n kwaadaardige abses aan haar agterbeen en haar twee maande oue vulletjie. (Foto: Bloemfontein DBV)

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein het ʼn klag van dieremishandeling teen ʼn perde-eienaar van Bethulie aanhangig gemaak nadat perde in ʼn skokkende toestand op sy perseel aangetref is.

Reinet Meyer, senior inspekteur van die Bloemfontein DBV, sê in ʼn verklaring die vereniging het Donderdag ʼn klagte ontvang oor ʼn perd in Bethulie wat skaars kan loop weens ʼn kwaadaardige abses op haar been. Die perd het glo ʼn vulletjie van ongeveer twee maande oud.

Inspekteurs het onmiddellik in die pad geval en die sowat 200 km na Bethulie afgelê om ondersoek in te stel.

“By ons aankoms het ons perde aangetref met geswelde vetlokke. Daar was ook ʼn perd met ʼn groot abses op sy rug,” sê Meyer. “Toe ons navraag doen oor wat met die perde gebeur het, het die woordvoerder van die komitee vir die perde gesê kinders ry die perde glo in die grond in. Dit blyk dat die kinders, wanneer hulle uit die skool kom, die perde gaan soek en hulle dan ry sonder enige toerusting. Hulle gebruik doringdraad en stokke met dorings om die perde mee te slaan sodat hulle vinniger hardloop. Hulle ry selfs die perde wanneer hulle net ses maande oud is.”

Die DBV-inspekteurs het ʼn veearts van Gariep ontbied om die perde te ondersoek. Sy het bevestig die perde kort dringend rus anders sal hul toestand vererger. Nadat die veearts die perd met die abses op haar been ondersoek het, het sy bevind daar is niks wat meer vir die dier gedoen kan word nie omdat die been te lank sonder behandeling gelaat is. Die enigste opsie was om die perd van kant te maak.

“Ons het gesien die toestand van die perde spruit uit die nalatigheid van die eienaar en ʼn saak van dieremishandeling is aanhangig gemaak,” het Meyer gesê.

ʼn Ponie wat ontwater en ondervoed is met geïnfekteerde saalsere. (Foto: DBV Bloemfontein)

Die DBV het ook op drie perde beslag gelê. Een is ʼn merrie met geswelde vetlokke en vermoedelik gebreekte bladbene, ʼn ponie wat ontwater en ondervoed is met erg geïnfekteerde saalsere, en ʼn vulletjie wat net twee maande oud en ondervoed is.

“Die Bloemfontein DBV versoek hulp van die publiek omdat hierdie perde dringend mediese sorg nodig het. Die vulletjie moet ook spesiale voeding kry omdat hy steeds aan sy ma gedrink het. Hierdie perde het nog ʼn land pad van herstel wat voorlê,” sê Meyer.

“Ons kort ook donasies om ʼn perdevervoerhouer te huur en diesel in ons voertuie te gooi sodat ons kan teruggaan en die res van die perde kan gaan help.”

Meyer sê die DBV sal ook na die kinders in die gebied uitreik om hulle op te lei oor hoe daar na perde omgesien moet word. “Dit is moeilik om kinders te leer wat nie wil luister nie en net die perde wil ry. Blykbaar het die onderwysers by die skool ook probeer om die kinders te leer, maar hulle wou nie luister nie. Ons sal weer na die kinders uitreik en hulle leer oor die versorging van perde,” sê sy.

“Dit is nie altyd maklik om te doen wat ons doen nie, maar ons doen altyd ons bes om dieremishandeling stop te sit.”

Besoek die Bloemfontein DBV se Facebook-blad hier vir meer inligting en bankbesonderhede vir donasies. ʼn Donasie van R30 kan ook gemaak word deur ‘Bloemspca’ na 42646 te SMS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Sê maar net ·

“Dit is moeilik om kinders te leer wat nie wil luister nie en net die perde wil ry”….
Liewe land, hoe oud is die kinders? Seker soos die 17jarige graad 7 leerling wat die graad 5 leerling doodgeslaan het. Gee maar ‘power to the youth’ en geen pakslae nie. Beledig die mense wat nog wil dissiplinne toepas en kla hul aan vir kindermishandeling. Dit is die gevolg…

Lillymo ·

Lyf straf móét terug gebring word. Daar is geen dissipline meer nie. Meeste ouers van vandag is te lui om hulle kinders ordentelik op te voed! What a disgrace!

Johanna Botha ·

Het daar al iets gebeur of van gekom van die weermag se perde wat so verwaarlos is …gaan hulle die perde by die opening saterdag gebruik …want dit sou die wereld die ware toedrag van sake hier wys !

PIPPIE LANGKOUS ·

Stem saam…wys ons eers hoe lyk die perde se stand nou vand ie weermag. Dan sal ons besluit of daar cordering gemaak word en of hierdie nie maar ook net ‘n hopelose saak is nie.

dries ·

ek wil amper dink daars ernstige probleme met ons huidige generasie. Hoe voed ons ons kinders op? Dit begin by ‘n gebrek aan self respek en gebrek aan menswaardigheid. As dit ontbreek dan tree jy so op teenoor diere, en teenoor jou medemens. En laat my dink aan die perde wat so verwaarloos was by ‘n sekere staatsinstelling. Dis hartseer mense, hartseer.

honourable member ·

Hoe lyk jou diere so en jy doen absoluut niks daaraan nie. Dis n skande hoe mense diere behandel. Hoop hierdie gemors kry n stewige boete . Sekere tipe mense moet maar eerder nie diere aanhou nie. daai kinders lyk seker ook net so onversorg. As jy diere so behandel kan ek nie dink jou familie word beter behandel nie….

Rerig??? ·

Enigste manier om hul op te voed en te leer, is om hul te ry met n sambok. Sekerlik weer karakters.

Carel ·

Maak nie saak wasr hulle brtrokke is nie van kinders tot ministers word alles deur hulle verwoes

Danie ·

Die eienaar moet beboet word, alle diere verwyder word en hy/sy moet geswartlys word om NOOIT weer diere te mag besit. Sy straf sal nog kom..eendag. Maroela Media hou ons asb op hoogte van verloop van saak. Dki

Ellisras ·

Bethulie. Boy van Bethulie, Patrick Mynhard. Hy het darm Herman Charles Bosman lewendig gemaak. Wat ‘n pragtige konnektasie met Bethulie

BlinkStephaans ·

Ek glo nie in ons leeftyd sal ons dit sien dat hierdie mense ñ vlak bereik het waarop hulle self kan trots wees… die mentaliteit wat dit sal kos is net nie daar nie. Alles wat goed en mooi en blink en na ñ beskaafde samelewing lyk… moet verniet voorsien word… en dan maak hulle daarmee soos jy met toiletpapier maak. As alles dan dood of op of stukkend is word gesoek na die volgende verniet iets… of dit word sommer net gevat… maar respek vir mens en dier en eiendom en regte sal ons nie in ons leeftyd sien.

Kla die kinders ook aan ·

Ek dink in so geval waar die DBV alreeds die kinders aangespreek het en die nodige gedoen het om die kinders op te lei, moet hulle daardie kinders ook kan aankla. Dan moet daardie kinders se ouers maar die boetes betaal oor en oor.

ano ·

Het sms bydrae gemaak. Die sms nommer wys die foon behoort aan Jdi. Is dit korrek?

Mariette ·

Dis pateties….. My hart skeur sommer in twee – soos jy diere behandel so behandel mens mense, so DIS ONAANVAARBAAR……….!!!!!!!!!

Chantel ·

Hoop die eienaar gaan sit met sy bas in die trunk. Hulle moet sommer net die sleutel weg gooi.

Kan nie dink mense doen sulke goed aan diere nie.

DI ·

Dis skokkend! Daar is honderde gevalle daar buite van diere mishandeling maar die mensdom wil nie betrokke raak en rapporteer dus nie hierdie gevalle nie. Intussen ly hierdie diere omdat ons as mense net ons skouers optrek. Ek moedig vandag almal aan wat weet van enige diere mishandelings om dit te rapporteer, dit kos net een oproep en laat hierdie monsters aan die pen ry. Sodoende kan hierdie diere verwyder word uit hulle haglike omstandighede.

anni ·

Di eienaar moet ook aanspreeklik gehou word. So ook almal wat hier mee te doen gehad het, di ouers ook. Almal moet een helse straf vir lewenslank kry. En di straf moet seer maak om altyd te kan onthou waaroor dit gaan.

SjN ·

Mag die eienaars swaar gestraf word, seker voorbeeld en lesse gevolg van Thandi.

JohanL ·

Waar was die toegangsbeheer wat deur eienaar geskep moes word? Hoe kan kinders dan net sommer toegang kry tot “perseel” – is dit ‘n plot, plaas, of wat?

Die algemene toestand van die perde wys vir my die eienaar het eenvoudig niks gevoel vir die perde nie. Skokkend, skokkend, skokkend.

Penellope Jones ·

Daar is tye wat kinders net MOET LUISTER as daar vir hulle ‘n opdrag gegee word.
Moet ‘n mens aan ALLES toegee wat hulle wil?
En is die kinders se “behoeftes” hierdie perde se lyding en ellende WERD???
Liewe ouers!!!

Jeanette Visser ·

Ai mense mense my hart huil vir al die diere wat so mishandel word. Hoekom hou mense diere aan as hulle weet hulle is nie in staat om vir hulle te sorg nie. Dis net afgryslik. Stop daai eienaar in die tronk en los hom sommer daar. Vir die kinders ja wat sal ons se, vandag se kinders doen net wat hulle wil geen disipline meer nie en dis alles die ouers se skuld. Gelukkig darem nie al die kinders nie ken darem nog mense wat se kinders maniere het. Ai waar gaan alles heen?

Oujongvrou ·

Help nie om groot kinders te probeer empatie leer nie. As mens dit nie in die eerste 6 jr van n kind se lewe vir hom leer nie, is dit helaas te laat. Ons almal was sonder empatie gebore. Mammas en pappas leer dit van kleins af vir kinders. Ons se bv, ag moedertjie kyk die klein katjie, moenie hard vat nie. Net vryf. Sien jy hy hou daarvan. Dis feite.

Boerin ·

Skrynend! Dankie dat die DBV so ver gereis het…mens kan nie dink dat selfs n kind,van enige kleur,nie kan sien die perde het seer nie…die wonde is oop! ek wil vreeslike dinge kwyt raak maar sal my inhou! Absoluut tragies , om van naar te word. Ek is net jammer die perde is nie almal gevat nie…party moet eerder nie diere he nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.