Kleinhandelaars bloei miljarde weens beurtkrag

(Foto: Maroela Media)

Kleinhandelaars steier weens die uitwerking van voortgesette beurtkrag en sou vanjaar ʼn bykomende R122 miljard in kleinhandelverkope kon verdien indien Eskom die ligte heeltyd kon aanhou.

Kleinhandelaars se verkoopsyfer sal vanjaar na verwagting op R1,24 biljoen (trillion) te staan kom, maar sonder beurtkrag sou dié syfer op R1,36 biljioen (trillion) gestaan het.

Navorsing van die Buro vir Marknavorsing (BMR) wat in opdrag van Capital Connect gedoen is, wys dat die motorhandelsektor selfs erger as kleinhandelaars deur konstante beurtkrag getref is. Beurtkrag het tot ʼn geraamde verlies van R80 miljard in dié sektor gelei.

Algehele motorhandelverkope sal vanjaar na verwagting op sowat R812 miljard te staan kom, maar sou sonder beurtkrag na raming R891 miljard wees.

Prof. Carel van Aardt, navorsingsdirekteur by die BMR, sê met die ekonomie wat stagneer, stygende inflasie en toenemende arbeidsonrus, gaan die land die feestyd op die agtervoet binne.

“Soos ons tydens die Swart Vrydag-tydperk gesien het, verwag ons dat verbruikers gaan fokus op noodsaaklikhede en voorbereiding vir die nuwe skooljaar eerder as om hulself en hul gesinne met buitensporige geskenke te bederf,” sê Van Aardt.

Algemene handelaars is ook geknou deur beurtkrag, met verkope wat op ʼn geraamde R613 miljard sou staan indien beurtkrag geen faktor was nie. Die verkope word in werklikheid op sowat R558 miljard geskat; ʼn enorme verlies van R55 miljard.

Argieffoto

Volgens die navorsing kan kos-, drank- en tabakkleinhandelaars ʼn geskatte verlies van sowat R11 miljard ondervind, gevolg deur kleinhandelaars in tekstiel, klerasie, skoene en leergoedere met ʼn verlies van sowat R19 miljard.

Brandstofhandelaars bloei ook en verliese weens beurtkrag word op sowat R24 miljard geraam.

Steve Heilbron, uitvoerende hoof van Capital Connect, sê die syfers skets ʼn prentjie van die opdraande stryd wat sakelui het. Beurtkrag demp produksie, ontwrig sakebedrywighede en knou verbruikersvertroue.

“Die uitdagende jaar maak dit veral belangrik vir kleinhandelaars om elke dag op die uitkyk te wees vir groeigeleenthede, en om te verseker dat hulle munt slaan uit die uiters belangrike feestyd-handelstydperk,” sê Heilbron.

“Ons verwag dat die voorste kleinhandelaars oor die feestyd diegene sal wees wat hul strategieë sal aanpas vir verbruikers se veranderende behoeftes en gedrag.”

Capital Connect het ook ʼn paar voorstelle oor hoe kleinhandelaars in die besige Desember-inkopietyd stof in hul mededingers se oë kan skop:

  • Waarde vir geld: Slim kopers word vandag nie noodwendig geflous deur spesiale aanbiedinge nie – hulle soek waarde vir hul geld.
  • Bestemming-inkopies: Ná ʼn moeilike jaar bly baie verbruikers eerder tuis as om met vakansie te gaan. Maak seker dat jy hulle met interessante geleenthede na jou winkel lok. Dink aan feestelike lekkernye in jou koffiewinkel of deli, selfdoen-huisverbeteringswerksessies en Kersfees-middagete-kook- en bakklasse.
  • Begin dadelik: Kleinhandelaars moet hul feestydplanne so gou moontlik in werking stel. Begin sommer nou, is Capital Connect se raad. Sosiale media bied ʼn kostedoeltreffende manier om kliënte te bereik met geteikende promosies.
  • Fokus op basiese beginsels: Kos, speelgoed, gesondheids- en skoonheidsprodukte is altyd topverkopers in die feestyd. Optimaliseer jou produkmengsel om die meeste verkope te verseker.
  • Wees feestelik: Die regte naamborde en dekor in die winkel sal vrugte afwerp om ʼn verwelkomende en feestelike ruimte te skep, terwyl dit ook verseker dat klante maklik die spesiale aanbiedinge en promosies kan vind wat vir hulle saak maak.
  • Fokus op lojaliteit: Moenie net transaksies najaag nie; bou verhoudings met lojale kliënte.
  • Versamel en lewer af: Met die brandstofprys wat verbruikers se sakke ruk, is aflewering ʼn aanloklike opsie vir talle verbruikers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Elma ·

Ag hulle stoot net die pryse, wat reeds WEEKLIKS duurder is, op. Die verbruiker staan mos pa vir alles wat tot niet gaan in hierdie land. Ons sakke BULT van die geld mos.

Republikein in die Wes Kaap ·

Presies, pryse styg, inflasie gaan op, en rentekoerse styg verder.

Antie Sarie ·

So wat stel jy voor? Moet hulle verliese lei tot die deure sluit? Het jy gesien hoe het kruideniersware se prys opgegaan? Sekere 2 liters melk het amper verdubbel in prys die afgelope jaar. Die enigste pryse wat nie so gestyg het nie was toilet papier

Vernon ·

Die ANC het nie ore nie. Steur hulle nie aan waarskuwings nie want hulle glo waaragtig hulle kan…..

George ·

Ja ne, en ou Ramapokker bly se hy het alles onder beheer. Ons mees ruggraatlose president nog.

George ·

Dieselfde hoeveelheid wat in daai 28jaar nogsteeds vir die ANC gestem het, en nogsteeds vir die ANC sal stem. Sal glad nie n verskil maak nie.

Meisie ·

Ons hoop nou net dat Eskom nie geld vir diesel het nie dat die diesel prys weer afkom :)

kaplyn ·

Na aanleiding van Capital Connect se raad hierbo met die opskrif “Waarde vir geld” die volgende: Ons kom nou net van ‘n bekende groot supermark af en ek het hulle spesiale aanbiedinge advertensie vir black friday deurgewerk. Alles in daardie afvertensie is goed wat mense nie werklik nodig het nie, soos byvoorbeeld ‘n plastiek 45L wasgoedmanjie @ R62.90, 3 pakke van 6 x 340ml bier teen R290.99, ‘n boks A4 papier vir R380.99? Dan is daar aanbiedinge van koop 5 en kry 1 gratis. Net baie ryk mense kan 5 koop om 1 gratis te kry. (5 houers feta kaas vir R180.50). Dit lyk vir my meer uitbuitery as waarde vir geld. Ma pick en Pa pay, gaan lees beslis hierdie raad wat Capital Connect. Dan sal julle nie miljarde verlies ly nie. Die gewone mens op straat ly die miljarde verlies nie die winkels nie.

CHRISTINE ·

Weereens net die kriminele kommunistiese rassistiese ANC regering wat nie daar is om, of bevoeg is om as ‘n billike regering op te tree nie.

Leon ·

Dit is nogal baie interresant, vanoggend was daar n boodskap wat beweer dat buurtkrag geen negatiewe effek op op die ekonomie het nie ???????????? Volgens statestiek SA ?????????

DieKriek ·

Statistiek SA bestaan blykbaar uit dié wat 30% in matriek behaal het. Ordentlike steekproewe kan hulle nie doen nie. En afleidings maak van die inligting? Ja, 1 +2 = 5.

gatgogga ·

Beurtkrag is ‘n lewende monument vir die swart regring. Elke keer dat die elektrisitet afgesny word, word ons almal herinner aan hoe hopeloos hulle is.

Kokerboom ·

Die staatskapers loop vry rond met hoofindoena baie trots op wat hy vermag het en ANC voel ‘n veer want Afrika het GEEN begrip of respek vir skaarsheidswaarde van geld! Kleinhandelaars stel ‘n klasaksie in teen staat en sy meelopers anders kondoneer jul hul optrede!

Shakespeare ·

Hoor my lied. Ons het n kommunistiese regering wat almal bedelaars, afhanklik vd regering se aalmoese wil maak. RamaFLOPski is n integrale deel daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.