Kommer oor rassevoorskrifte in finansiële sektor  

Die FSCA. (Foto: Facebook)

Solidariteit is bekommerd oor hoe rassevoorskrifte Suid-Afrika se finansiële sektor kan belemmer.

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) het onlangs ʼn ooreenkoms met die departement van handel, nywerheid en mededinging se BSEB-kommissie bereik oor die vereiste transformasievlakke vir sakeondernemings in die finansiëledienstesektor.

Indien die wysigingswet op die Gedrag van Finansiële Instellings (die sogenaamde CoFI-wetswysiging) as wet aanvaar word, kan hierdie ooreenkoms gevolge inhou vir FSCA-lisensies van besighede wat nie aan transformasievereistes voldoen nie. Dit het spesifieke implikasies vir ʼn wye verskeidenheid finansiëlediensteverskaffers soos beleggingsmaatskappye, versekeraars, makelaars, batebestuurders en pensioenfondse.

Volgens Riaan Visser, hoof van die Solidariteit Finansiesnetwerk, is ʼn FSCA-lisensie noodsaaklik vir alle finansiële entiteite om dienste in Suid-Afrika te kan lewer.

“Solidariteit is gekant teen die onregverdige benadeling van besighede en werknemers weens onregmatige rasseteikens,” sê Visser. “Tog hou die FSCA hom op met rassekwessies eerder as met dít wat hy veronderstel is om te doen – om finansiële dienste te reguleer.”

Die FSCA het in ʼn onlangse verklaring genoem dat hy beoog om die implementering van transformasie strenger te reguleer om sy verbintenis tot transformasie sodoende te beklemtoon.

Die FSCA het in die ooreenkoms ook melding daarvan gemaak dat instellings wat nie ʼn transformasieplan indien nie, die risiko loop dat hul aansoek as onvolledig beskou sal word.

“Dit word egter as die FSCA se plig beskou om instellings te ondersteun en regverdigbare reëls daar te stel, aangesien die owerheid hom daartoe verbind het,” sê Visser. Solidariteit is egter nie oortuig dat die streng toepassing van rassereëls in die beste belang van die finansiële sektor is nie.

Voorts neem Solidariteit kennis van die minister van finansies, Enoch Godongwana, se onlangse bevestiging tydens die 2024-begrotingsrede dat die BSEB-voorskrifte skadelik vir die ekonomie is. Die Solidariteit Finansiesnetwerk sê dat dit die FSCA se plig is om die bedryf op te bou eerder as om deur “die regering se mal rasseteikens die bedryf verder af te breek”.

As die FSCA lisensies weens die CoFI-wetswysiging weerhou, kan finansiële ondernemings hulle deure sluit en talle mense sal dus hul werk verloor, meen Visser.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Jo-Anne ·

Dis tyd om van hierdie eensydige rasbehepte regering ontslae te raak. Met hierdie verkiesing om die draai, kan ons dit doen.

KB ·

En die hele hoe-ha palawa vd DA kom tot niks. Het die DA ʼn plan? Voer hulle hul plan uit? Nee, hulle word “bestuur” deur die manupilasie deur die ANC se uitbuiting van regssake.
In 30 jaar het die opposisie nog nie geleer nie.

Fran ·

Ek is so MOEG vir die ANC se resbehepte regulasies selfs na 30 jaar!! Kan hulle NIKS regkry sonder om bevoordeling te kry met wette nie???

Hannes ·

Dit het tyd geword vir die belastingbetalers om soos die ANC kwotas, belasting te betaal.

Sandra ·

Hulle gaan nie rus voordat alles nie ten gronde is nie en word die blankes blameer daarvoor.

Cherokee ·

KB, ‘n lewenslessie…. jy sit g’n so treurmare op, as jy nie oor ‘n alternatief beskik. Hulle (ek is nie ‘n lid) probeer darem iets. Wat doen jy? Opsigtelik niks, want anders sou jy dit genoem het.

SjN ·

Besef hul nie dat hul nie die job kan doen nie, geen skaamte, viva anc.

Frank ·

Nee wat Cherokee, sommige mense soos KB kan dit nie help dat hulle inherend negatief en spitful is oor alles nie weens ‘n gebrek aan logiese en objektiewe denke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.