Koningin Elizabeth II: SA politici bring hulde; EFF vaar uit  

Pres. Cyril Ramaphosa besoek Koningin Elizabeth by Windsor-kasteel in die Verenigde Koninkryk (17 April 2018). Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het sy “innige en opregte meegevoel” betuig aan Brittanje en koning Charles III na die afsterwe van koningin Elizabeth II.

“Haar majesteit was ʼn buitengewone en wêreldbekende openbare figuur wat ʼn merkwaardige lewe gelei het. Haar lewe en nalatenskap sal met liefde deur baie oor die wêreld onthou word,” het Ramaphosa gesê.

“Die koningin se toewyding gedurende haar 70 jaar op die troon bly ʼn edele en deugsame voorbeeld.”

Ramaphosa het die koningin in 2018 by die laaste Statebondsvergadering in Londen ontmoet waartydens hulle saam na briewe wat die voormalige Suid-Afrikaanse president, Nelson Mandela, destyds aan haar gestuur het, gekyk het.

Koningin Elizabeth II, die langsdienende monarg in die Britse geskiedenis, is Donderdag in die ouderdom van 96 in haar Skotse somerwoning dood ná byna ʼn jaar van swak gesondheid.

Die DA en ActionSA het ook hul medelye betuig. Mangosuthu Buthelezi, tradisionele premier van die monargie en Zoeloenasie, het gesê koningin Elizabeth II het met waardigheid regeer.

Dr. Ivan Meyer, die DA se federale voorsitter, het gesê die koningin was tydens haar buitengewone bewind van langer as 70 jaar bekend om haar pligsbesef en haar toewyding tot ʼn lewe van diens.

Die DA het sy medelye met die mense van die Verenigde Koninkryk en die Statebond betuig.

Koningin Elizabeth II (Foto: Paul Edwards/AFP)

Herman Mashaba, leier van ActionSA, het gesê Suid-Afrika deel, as lid van die Statebond, die verlies van koningin Elizabeth II met die mense van die Verenigde Koninkryk.

“Haar heerskappy het gestrek oor 14 Amerikaanse presidente, die Koue Oorlog, die beëindiging van die Britse Ryk en ʼn wêreldwye pandemie. Koningin Elizabeth II was ʼn konstante deur dekades van verandering, onstuimigheid en voorspoed vir die Britse nasie en het baie politieke verandering voorgesit.

“Vanuit ʼn Suid-Afrikaanse en Afrika-oogpunt was dit onder haar bewind dat die dekolonisering van Afrikalande versnel het. Dit is iets wat onthou moet word en koningin Elizabeth II se rol in dié verband moet in die geskiedenisboeke ingeskryf word.”

Die EFF het egter nie doekies omgedraai nie en gesê hy betreur nie die koningin se dood nie aangesien sy ’n herinnering is aan ’n baie tragiese tydperk in Suid-Afrika en die vasteland se geskiedenis.

Die party het gesê die koningin het aan die hoof gestaan van ʼn instelling wat “opgebou, volgehou en geleef het van ʼn wrede nalatenskap van ontmensliking van miljoene mense regoor die wêreld”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

57 Kommentare

Strandloper ·

Haar majesteit n toonbeeld van opvoeding en beskawing. n Groot verlies vir die hele wereld. Die eff die teenoorgestelde in alle opsigte

Blomme ·

Ons word al gewoond aan die gekef vd Chiwawa EFF’ers. Dis al manier hoe hul die nuus kan haal.

Nie Verbaas ·

“Geagte” EFF. Sy was aan die hoof van n instelling/land wat ten volle funksioneer. Dink daaraan en hou julle oningeligte mening vir julle totaal onbevoegde self.

Racheltjie Debeer ·

Presies. As ons regering maar net ‘n fraksie van haar pligsbesef gehad het, was die land nie in so ‘n groot gemors nie. Sy het waarlik haar mense gedien, ‘n voorbeeld wat meeste politici kan navolg. Vir haar het dit nie om selfverryking gegaan nie, maar oor diens aan haar mense. Die enigste staatshoof wat actually haar beloftes nagekom het.

Rayman ·

OOO ou Racheltjie, wat van die die vrouens en kinder wat dood is in die konsentrasie kampe a.g.v. hulle die engelse monorgie waarvaan sy deel was, lyk my julle vergeet wat het die engelse gedoen het, nou “rave” julle oor haar

Twallie ·

Errr Rayman…Dit was baie jare voor sy aan bewind gekom het. Lank voor sy gebore is. Jy kan nie een monarg verantwoordelik hou vir wat haar voorouers gedoen het nie.

kaplyn ·

Sy is gebore 26 jaar na die dood van die vrouens en kinders in die konsentrasie kampe. Sy kon nie kies of vra uit watter famlie sy gebore sal word nie.

Petrus Albertus ·

Rakende die opmerking oor die konsentrasiekampe, alhoewel ek self as persoon vir ERII respek gehad het, het sy NOOIT verskoning gevra vir die konsentrasiekampe nie en ook geweier om ‘n krans by die vrouemonument te lê. Maar die morele hoëgrond was so hoog beklee dat sy nooit een sg. apartheidsleier ontvang het nie maar wel natuurlik vir elke president wat die land regeer het daarna – ongeag verlammende korrupsie. Ek voel dus maar so beitjie ambivalent oor haar politieke aanvoeling.

Voilet ·

Kan die EFF net hul goed op pak en uit SA uit trek. Jul soek die boere dood so hul is nie veel anders as moordenaars nie

Nie Verbaas ·

Korrek. Kos kom mos van Checkers, Pick n Pay en Woolworths af. Dom onnosel.

Bertie ·

Intussen geniet die EFF darem al die voordele wat kolonialisme vir hulle gebring het?

gatgogga ·

Hulle geniet die voordele, ja, maar dit maak hulle ook ongemaklik. Hulle kan nie aanpas by die moderne samelewing nie – te ingewikkeld vir hulle. Hulle wil mos liewer die land weer terugneem na die dae wanneer die mans niks meer doen as om al om die modderstroois agter die son aan te trek nie, terwyl die vrouens kos soek.

Tienie ·

Delia jy praat waar. Die Engelse was die stigters van Apartheid.

Dit is baie vreemd vir my/nê……..

Wat hang aan daardie “koningklikes” (as ek reg spel)?

Die oomblik wat n nuwe leier vir n land gekies word dan besoek hulle gou gou eers die ou spul en dan daarna die ou pous.

De Klerk, Ramaphoza, Trump, Lizzz en noem maar op, die hele ou spul gaan besoek hulle kort na hul nuwe aanstelling.

Ek wonder hoekom en waarom. Ek ruik n rot. Daar is een of ander onheilighede en geheime organisasie bedrywighede wat gekonkel word.

Let maar self op wat en hoe dit gebeur.

Racheltjie Debeer ·

Van wanneer af was die koningin van Britanje die hoof van die ANC?

Gerhard ·

Geliewe Julius en die EFF. Besef julle hoe erg julle julle name gat maak met die stellings wat julle maak en alles wat oor julle lippe gespreek word is klomp nonsens. Gee asseblief respek vir die Koningklike familie asb.

Peter Pan ·

Julle wat so saam die EFF saamstem, hoekom gaan stem julle nie net vir hulle nie. Het julle geen respek vir die afsterwe van die koningin nie?

Rayman ·

OOO ou Peter Pan, wat van die die vrouens en kinder wat dood is in die konsentrasie kampe a.g.v. hulle die engelse monorgie waarvaan sy deel was, lyk my julle vergeet wat het die engelse gedoen het, nou “rave” julle oor haar

Rayman ·

OOO ou Peter Pan, wat van die die vrouens en kinder wat dood is in die konsentrasie kampe a.g.v. hulle die engelse monorgie waarvaan sy deel was, lyk my julle vergeet wat het die engelse gedoen het, nou “rave” julle oor haar, gaan leer jou geskiedenis

Stephen ·

Wat die Engelse aan SA gedoen het met die Boere oorlog los nog steeds n wrang smaak. Dit sluit die moord op duisende wit Afrikaners en swart mense in. Lord Kitchener se “scorched earth policy” was soortgelyk aan Hitler se “Final solution”.
Die EFF is myns insiens nie verkeerd met hulle stellings rondom die Monargie nie. Ek sal nie juis agteroor buig vir die Engelse nie.
Terloops ek is Engels sprekend.

Republikein in die Wes Kaap ·

Afrikaners bly steeds lojaal aan die monargie. Dit word deesdae die Stockholm sindroom genoem.

piet ·

Oorlog. Wat van die mense wat deur die Boere doodgeskiet is, werk albei kante toe. So dan moet die Zulus ook die Boere vir altyd blameer vir Bloedrivier, reken jy dit moet so werk?

Manie ·

Daar is ‘n verskil, die Zulu’s het die Boere aangeval, nie andersom nie.

Vexed ·

Goed, maar apartheid was nou anderdag, dan is die swartmense in die land seker heel reg as hulle so bietjie van ‘n obsessie daarmee het en al terugval… Nie dat ek veel voel vir die Engelse of hulle Koningin nie, is nie my dam se eende nie, maar reg is reg…

marius ·

Korrek . Wie het die Australiese inheemse volk uitgemoor ? Die britte het permitte uitgeneem om hulle te jag met gewere . Dis die waarheid . Hulle het die wereld opgefoeter en doen dit steeds .

Delia ·

Ek stem Marius. Om sulke afgode van hulle te maak…regtig.
Geen haan kraai na hulle wreedhede waaroor hulle ook maar kan omverskoning vra, immers net n bietjie erkentlikheid.
En Andrew wat sy vryheid kon koop met monargie geld….ag nee wat

kaplyn ·

Die koningin was nog nie eers gebore tydens die Boereoorlog nie, net soos baie van ons kinders ook nog nie geleef het tydens Apartheid nie. Maar jy stem saam met die EEF?

Twallie ·

So kan ons dan verwag dat mense wat onder Apartheid deurgeloop het, moet nou daaroor kom en klaar kry?

Ons rol ons oë as Amerkaners praat van slawerny?

Ons almal wil hê hulle moet ophou om Apartheid te blameer vir hul skelmstreke, maar ons kan nie oor die Boere Oorlog kom wat 120 jaar terug was nie en gooi dit nog steeds rond?

Asof dit persoonlik haar skuld was en nie die van haar voorvaders nie. Lank voor sy gebore is.

Hoe werk dit?

Aai ·

Gelukkig het sy ook nie geweet wie die clowns in rooi probeer wees.

Kokerboom ·

Rus sag!
EFF: Ons bejeen die rampokkergroep asook hul ongevraagde opinies met die minagting wat dit toekom!

Surfer ·

Die koningin het nooit die diere tuine in SA besoek nie, nou is Chimp Malema en sy trop erg onsteld. Shame man. Gee hom n tros piesangs dat hy beter voel.

Elize ·

Julius Malema en Kie, julle is darem die grootste hipokrate op hierdie vasteland. Volgens my is een vrot skoen van die oorlede Koningin meer werd as julle opinie.

George ·

So tweet die EFF op westerse toestelsels en sit in westerse huise, kleure, tegnologie. So klae die EFF wat geld soek by die Britte, is dit ook nie waar malalema ook gedurig gaan party nie? Nee wat.

Vernon ·

Was dit nie vir Westerlinge nie het hy nog met n stertriem rond gehardloop!

piet ·

Charles is reeds koning. Ek dink wel William en Kate sal ‘n baie gewilde koningspaar eendag wees (maar wie weet baie dinge kan tussen nou en dan gebeur, hulle het nog nie eintlik veel kans gehad om droog te maak nie ).

Peter ·

Wat beter verwag mens van die patetiese onopgevoede EFF spul

Kwikkie12 ·

Everytime Malema opens his mouth he just sounds more ignorant than the previous time. Unfortunately there is no meds for stupidness! Someone need to tell this small little man with the big mouth that his name should not even be used in the same sentence than the previous Queen of England!

Delia ·

Ja mens kan op n punt saamstem soos ek, oor die monargie. Dis nie te sé mens stem saam met al die ander dinge.

Suzette ·

Ek kan my net indink hoe lekker sit die eff met sy rooi pet en lag vir die blankes wat hulle so uitspreek op die platform. Weereens veroorsaak hy tweespalt en julle speel so in sy kraal.

Jr ·

Die EFF moet besef “hulle sal NOOIT iets wees maar bitter, geindoktrineerde, haatlike wesens. Julle Tellytubbies kan nie eers haar skoene aantrek.

Anel ·

Nou wie gee nog om wat die eff sê? Rus sag, my verjaarsdagmaatjie. Jy het jou wedloop voltooi!

Wildemien ·

EFF = die infidel. Wat ‘n verleentheid is hierdie spul net nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.