Konsert met Steve Hofmeyr gekanselleer

Emerald Resort & Casino in Vanderbijlpark het die Afrikaans in die Vaal-konsert gekanselleer.

Die konsert is om veiligheidsredes gekanselleer, aldus Mark Hands, besturende direkteur van Emerald Resort & Casino.

Steve Hofmeyr en Refentse Morake sou op 30 Maart by Emerald Resort & Casino opgetree het. Volgens Hands is die konsert egter afgestel op aanbeveling van die plaaslike polisie en Emerald Resort & Casino se veiligheidsdienste.

“Ons vra om verskoning vir enige ongerief wat dit kan veroorsaak. Hierdie besluit is nie ligtelik geneem nie en ons verstaan dat sommige gemeenskapslede uitgesien het na ʼn aand van vermaak. Daar is egter op grond van raad van en besprekings met die plaaslike polisie, asook hul assessering oor die moontlikheid van geweld besluit om die konsert te kanselleer.”

Hands het gesê die veiligheid van gaste en personeel is van sleutelbelang. “Ons sal geen vorm van diskriminasie, haatspraak of vooroordeel duld wat tot besering, emosioneel of fisiek, kan lei nie, maak nie saak hoe gering nie.” Mense wat reeds kaartjies gekoop het vir die vertoning sal vergoed word.

Afrikaans in die Vaal is nie deel van die Afrikaans is Groot-konsertreeks nie.

Die kansellasie van die konsert kom egter kort nadat die selfoonnetwerkreus MTN aangekondig het dat hy alle bande met die Afrikaans is Groot-handelsmerk verbreek het, ná versoeke op sosiale media omdat Hofmeyr by die konserte optree.

“AIG se voortgesette verbintenis met Steve Hofmeyr help MTN nie om sy doelwitte na te streef nie,” het die selfoondiensverskaffer in ʼn verklaring gesê.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het MTN op sosiale media versoek om sy borgskap vir AIG op te skort.

Die direksie van Afrikaans is Groot het in ʼn verklaring gesê hy vermoed die hele debakel is ’n strategie wat moontlik verband hou met die komende verkiesingsveldtogte van sekere groepe.

Die Afrikaans is Groot-konserte het die naweek in Kaapstad plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

147 Kommentare

Diertjie ·

Al wat ek uit die hele gemors kan aflei is dat dit rassisme teenoor die blankes is. Malema Kan se en doen wat hy wil en geen haan sal daaroor kraai nie. Maak my siek

Anel ·

Jaloesie! Dis om van siek te word. Steve het nog geen persoon gedreig met moord nie masr Malema en kie doen dit gereeld en hulle “vergaderings” word nie gekanselleer nie. Hulle is net bang vir groot grorp Afrikaaners bymekaar.

AMANDA ·

Ek kanni dit glo nie ons word absoluut teen gediskrimineer en ook omdat Steve die guts het om daaroor te praat sal ook nooit weet emerald toe gaan nie en ook ni mtn

BOER ·

Toppunt van ironie(ANC sal nie die woord verstaan nie).Steve en Refentse op selfde verhoog!!!! Waar is rasisme nou???

Andreas ·

Diertjie, is dit oor die veiligheid van Refentse of oor die veiligheid van Steve wat dit gekanselleer is?

Piet Grobbellaar ·

Hier is ‘n derde mag betrokke as jy my vra. Alle getuienis wys na ‘n bose derde mag

Pieterpan ·

En so kom die ware kleure uit van almal. Ek se MTN must fall en so ook Emerald

Willemien ·

Ek stem met jou – MTN MUST FALL!!! EMERLAD MUST FALL AND GIGABA MUST FALL!!!!!

Elizabeth ·

Ja, kom ons boikot MTN en alle ander besighede wat rassepolitiek bedryf. Laat ons geld praat!!

Eben ·

Ek is jammer ek sal nie my MTN kontrak hernieu nie. MTN speel big brother en word deur pilitici, wat korrupt en rassisties is, gemanipuleer. Plaas hierdie mense skenk eerder aandag aan beurtkrag.

Anel ·

Jaloesie! Dis om van siek te word. Steve het nog geen persoon gedreig met moord nie masr Malema en kie doen dit gereeld en hulle “vergaderings” word nie gekanselleer nie. Hulle is net bang vir groot groep Afrikaaners bymekaar.

Piet Lourens ·

In die vorige eeu het die Engels probeer om Afrikaans dood te maak en dit nie reg gekry nie. Nou probeer die ANC. Hulle sal dit ook nie reg kry nie.
Dring aan om in Afrikaans bedien te word waar hulle jou geld wil he.

Gertryda ·

Aitsa maar die matige ANC is bangjan vir 1 ou wat sing?????

Janrt ·

Steve jy is nou belangriker as die president. Die land kyk nou na jou veiligheid. ???. Maar in ernstiger luim. Hierdie is die anc nie die polisie. Dis n taktiek. Hulle us bang vir stemme verloor dis al

Estelle ·

Jip jip. Hulle al klaar besig om soveel stemme te verloor met die beurtkrag gemors, nou is Steve die outjie wat op gepik moet word. Maar ons verlede het mos nou al keer op keer gewys…ons laat op ons trap en loop tot op ‘n punt en dan staan ons weer SAAM en ons staan OP, MTN, Discovery, SPUR ens ens ens.

pikkewyn ·

Dat een wit Afrikaner man nou vir die ‘ander’ so ‘n doring in die vlees kan wees. En hy is nie eens ‘n politikus nie! Lagwekkend en terselfdertyd maak dit my befoeterd verby. Tata rassistiese MTN ek gaan my kontrak kanselleer by julle. My vel is mos wit, so my wit geld sal ek elders spandeer.

Margaret ·

Pikkewyn, daar sê jy dit nou net soos wat dit is. Dit is so onregverdig dat Steve so oop en bloot geviktimiseer kan word. Dit wys hy doen iets reg want in SA mag jy nie die waarheid praat nie en mag jy veral nie n onregverdige aanslag teen jou deur sommige groepe en politici teen staan nie.

Ansie Pretorius ·

Hulle is besig om te ver te gaan. Ons Afrikaanse mense moet hulle maar boikot soos met Spur. Wanneer is genoeg, genoeg?

Francois ·

Ek dink Mnr Hands se verskoning is die mees simpelste verskoning wat nog uit gedink is. Ek stel voor dat plekke wat konserte willens en wetens afstel moet geboikot word.

Jessica ·

Steve het baie mag, kyk net, laat een persoon so effek kan hê…!
Well done Steve!

Gert van Wierdapark ·

Mnr Lesufi: “Skoenmaker hou jou by jou Lees”. Jy sal nog so hier twiet en daar twiet dan word jou stertvere gepluk!!! En dan sal jy n ander deuntjie sing!

Francois ·

Ek dink Mnr Hands se verskoning is die mees simpelste verskoning wat nog uit gedink is. Ek stel voor dat plekke wat konserte willens en wetens afstel moet geboikot word.

Koos de Meyer. ·

Waarom is daar polisie. Het hulle ook nou te bang geword om wet toe te pas. Hierdie land is sieker as siek. Dis om van naar te word.

Tersia ·

Ag nee regtig….so bly ek gebruik nie mtn nie….belaglik….ons afrikaners hou van musiek en kuier….waarvoor is die mense bang…ons gaan nie konsert toe met spiese..knopkieries.gewere ens.nie…..ons gaan om n lekker ontspanningstydjie te he

Foxi ·

Ek kan dit nie glo nie, dis absurd! Blf en eff kan doen en sê net wat hulle wil! Steve is na my mening nie skynheilig en agterbaks nie. Hy kruip ook nie! Hy sê wat hy voel en dink.
Dis n man wat kan opstaan om n man te wees. Ek sidder om te weet wat nog gaan kom na die verkiesing.

Johan ·

Dat hulle so skielik teen Steve is omdat hy uitgesproke is…
Maar sekere politieke partye kan maar hulle skeefgetrekte sienings gee. Solank ‘n Witte dit nie doen nie…

Danie Basson ·

Steve is ‘n verleentheid. Kan net praat en niks doen nie. As hy koelle het, moet hy MRK en Solidariteit gebruik om Lesufi te roer. Maar steve is te bang.

Albert Badenhorst ·

Eks gelukkig nie n mtn verbruiker nie, maar Steve gee arme goed pyne want hulle is bang vir hom

Juffrou ·

Nou vir wat druk Lesufi sy ou dik neus nou hierin ook??? Is hy dan nie van Onderwyssake nie? Hulle is almal banggatte. Waaaaar is die polisie? Belaglik. Boikot Mtn en die hele ou lot!

suez ·

JA NEE VERSEKER,plaas hy eerder hom bepaal by die swak departement waarby hy betrokke is,is hy UITGESPROKE OM NET WEER DIE AANDAG OP HOM TE KRY….

JB ·

Jinne kan almal wat so geintimideer word deur die anc regering asb n paar appels groei en ophou ingee op hulle “demands”.

pieter ·

MNR HANDS ,is HANDS oppie blaas met ANC lyk dit vir my.Belaglike verskoning,soos al die verskonings van ANC sn.Eskom ens ens ens….

JV ·

Ek is besig om van MTN ontslae te raak, en talle van my familie lede gaan dieselfde doen. Emerald Casino sien my nooi weer nie, ek was verlede naweek die laaste keer daar.

Anni ·

HANDS J IS BANG DI ANC OF DI LUR VAN ONDERWYS DUN IETS AAN JOU. Wat in elk geval se se het onderwys deesdae te dun met afrikaans is groot, se besluit oor borge. Go Steve go, ek Hou van jou en jou sang.

Sarel ·

Miskien moet daar maar net vasgestel word wie hou hul funksies gereeld by die Emerald dan sal dit maklik wees om hul optreede te verstaan.

J van Rensburg ·

Dis eintlik baie mooi wat hier gebeur. Die organisasies wat ons boere vyhandig gesind is identifiseer hul self sommer. Plekke soos Emerald, maatskapye soos MTN en MultiChoice. Daai laaste een is ń bitter een om te sluk vir meeste, want dit sal beteken hulle moet hulle rugby god, en hulle Sondag propoganda moet prys gee.

@J van Renzburg ·

O dis baie waar wat jy daar sê.
Almal skree boikot! Maar ek wonder ook nogal oor dienste waarsonder mense nie kan/WIL klaarkom nie…
So gepraat van gode…
rugby god, fliek god, verhoog god, afrikaanse god(aig / kknk / inibos / opikopi)…. gelukkig gaan kyk ek nie na shows nie, want GEEN sanger is vir my van SO belang dat ek moet geld uitgee om na hulle te luister en te sien en te staan en aanbid voor die verhoog nie.

suez ·

ja nee wat,GROOT-MENSE SEKERLIK WEER HIERIN OOK HULLE VINGERS IN DIE ‘OONDJIE’

Jeremia ·

Steve, jy is en bly my held.
Letassie en poelisie en casino baas, dit klink soos ‘n titel vir jou volgende boek.

Thessa ·

Boikot hulle almal Emeral en MTN. Hulle moet val doen dit vir jou kunstenaars.

Rm ·

Alle afrikaanse mtn lede moet sommer hulle lidmaatskap beeindig, maak met hulle soos met die Spur, gelukkig steve sal sy gat aan mtn afvee, steve sal hom nie deur die aapstreke laat onderkry nie

Jaco ·

Almal wat so skreeu boikot soos met Spur, die Spur “restaurante” in my omgewing se parkeerarea is vol. Mense doen mos net n ding tot dit vir hulle n ongerief is. Dan gaan dit aan soos normaal

AJ ·

In die verlede as die polisie so ‘n leidraad gekry het het hulle alle moontlikhede beplan en verseker daar is genoeg beamptes om enige moontlikheid die hoof te bied, jy kanselleer nie die event omdat jy as polisie bang is vir mense se “sekuriteits” en jou onvermoee om te beskerm nie. Mnr Hant julle is teleurstel lend.

TN ·

Ai , ons wat geld maak uit mense se gehoorverlies direk agv hofmeyer se geraas , gaan baie skade ly .

W ·

Hulle sien Steve as ñ bedreiging …Hulle is bang vir Steve…

Andrea ·

Hul probeer mense soos Steve, wat opstaan vir wat hul in glo, stilmaak. Maar Steve is n man uit klip gebeitel, hul gaan sukkel om sy mond toe te kry. Mooi so, Steve, ek het soveel respek vir jou. Jammer vir die finansiële verliese wat jy ly. Kom sing hier in die Moot, ons sal beslis daarwees.

Chris ·

Jammer om te se maar opSteve is nou nie juis iemand wat ek graag wil voorhou as n man uit klip gebeitel – n ware Afrikaner nie! Koop julle sy produksies omrede hy n sekere snaar aanraak? Probeer hy homself dalk as ‘n Afrikaner “struggler” bemark?

Andrea seKlipman ·

Hier stem ek saam Chris!
Miskien is dit die groot peobleem. Afrikaner volk is besig om Steve bo ….HEELBO te stel. Man uit klip gebeitel?! Regtig?! Dit llink vir my soos n klipbeeldjie wat jy verafgod dan…..
Spandeer eerder jou tyd en geld op dinge wat saakmaak. Want om vir bekendes te staan en handeswaai en saamsing is SO afgodsdienery

Pieter ·

@Chris
Ek stem volkome met jou saam Chris. Ek dink SH is arrogant en te groot vir sy skoene. Hy sal iets sê, soos laas oor die Christendom, waarvan al hierdie stoere boere nou gerieflikheidshalwe vegeet het, en dan, wanneer hy dit aan sy sak begin voel, dan backtrack hy vir die vales. Ek stem nie saam met wat hier gebeur het nie, maar vir SH het ek GEEN simpatie nie.

Johan ·

Ek is besig om van Mtn onslae te raak. Nooit gaan ek weer na Emerald toe nie.

Andre ·

Ek was nie NP nie, maar mense soos Vorster en PW het geglo as jy terugtree vir dreigemente, maak jy die pad oop vir elemente om met dreigemente te kom, want jy weet daar gaan toegegee word. Wie sê die polisie kan iets doen. Hulle is net ‘n klomp papperds wat steeds politiese marionette is.

Neelsie ·

Praat van boikot, wat van Discovery wat net vir sy swart kliënte aandele gee????

Albatros ·

Ek is reeds besig om ander opsies te oorweeg. Tans is my medies sowel as my motor versekering by hulle. Nie meer vir lank nie.

Chris ·

Ek verstaan nie die beheptheid van sekere Afrikaners met die ou Suid-Afrikaanse vlag nie? Die Union Jack oftewel die Britse vlag daarop het my nog altyd aanstoot gegee. Slaan die geskiedenis van die die Afrikaner na en veral die rol wat die Britte gespeel het in die onderdrukking van die Afrikaner. Die Tweede Boere Oorlog, die Rebellie, die Afrikaner se 2e Klas burgerskap onder die Engelse (Britte) in die vorige eeu veral in die 20’s tot 40’s. Komende van ‘n familie wat in die verskillende oorloee vir die Boere Republieke teen die Engelse geveg het en saam met Gen De Wet tydens Rebellie gevange geneem is, het ek altyd ongemaklik gevoel met die Union Jack op ons vlag. Selfs in Angola tydens operasies in bosoorlog was dit welkom gesig maar ai, wens ek kon dit toe plak! Kan my mede Afrikaners my dalk inlig of ek aleen is in die opsig? Wat mis ek?

J van Rensburg ·

Ek stem in ń mate saam oor die vlag, maar ons moet onthou dat die Engelse wat vandag in die land sit is in die selfie boodjie as ons boere.
Waai ń vier kleur, ou Transvaal Republiek vlag of die Natalia vlag as die Union Jack op die ou SA vlag jou pla. Kanse is groot dat die mense wat nie weet nie ook nie gaan vra nie.

Ma ·

Jy mis di punt! Dit gaan ni oor di vlag ni. Waar val jy nou uit. Ai.

Johann van Cullinan ·

Ek stem saam. Ek staan nie vir Engeland nie. As SA ooit weer ñ nuwe vlag kry, hoop ek nie dit gaan die Union Jack bevat nie en ook noe die vier kleure wees nie. Te veel herineringe. Die engelse het ons voorouers laat swaar kry. Baie families se voortbestaan het gestop by die dood van vroue en kinders in die konsentrasie kampe. Ek sal nooit immegreer Engeland toe nie en nog minder my knieg buig voor hulle.

Avra ·

Steve, ek is jammer jy verloor inkomste. Dat een man so baie broke laat bewe, maak nie vir my sin uit nie.
Knap gedaan Steve.

Waarheid ·

Steve hou n private konsert!!!Hordes Affikaanse mense sal opdaag!!

humor ·

En so kom die werkliheid geleidelik aan die lig. Hierdie kommunistiese regering hark alles onder hul mag. Sake word nou so gehanteer asof daar n noodtoestand afgekondig is. Daar kan tye kom dat ons nie na sekere ure op straat mag wees nie en vergaderings mag hou nie.

Hannelie ·

High five vir jou Steve! Jy hou die land op sy tone. Stem vir Steve

Koos de Meyer. ·

Boykot Emarald ook, as hulle so slap is om hulle te laat dreig of aan dreigemente te steur is dit nie die moeite werd om hulle te ondersteun nie. Nuwe Suid Afrika wat ‘n klomp patete.

P.J. ·

As een Steve ‘n nasie so kan intemedeer oor hy die waarheid praat, wat kan 100 000 Steve’s doen??? Steve bly wie en wat jy is en waar voor jy staan. Ons is agter jou.

EN TOE ·

Alles bevestig; Steve jou yster! Jy slaan die spyker so op die kop soos kan kom.
Moet asseblief niks verander. Nie eers jou klere…. net jou onderklere.
Sou jy nou saammet die massas se denkwyse ooreengestem het, het hulle jou met ‘n ere-graad beloon. Ek sê meestersgraad vir jou!

Chris ·

Kwalifiseer dan met die meestersgraad om top pos los te slaan in die nuwe SA! Stem vir Steve! Hy gaan soos ‘n Moses die Afrikaners deur die woestyn lei. Al die herderlose skape kom solank bymekaar. Jul herder wag. Onthou net om geld saam te vat vir die herder se CD’s …

Annelise ·

More gaan koop ek my eerste Hofmeyr boek. Niemand kan my tenminste stop om op so manier die man te ondersteun nie!

Liendempers ·

Ek stem, koop sommer nog n CD ook net vir die wis en die onwis

SjN ·

Lesufi, skoenmaker, hou jou by jou lees, duidelik verstaan jy dit nie

w ·

Ek wil weet hoekom moet ons dit maar net aanvaar. Moet die Polisie nie ons almal ” SERVE AND PROTECT”nie?

Joon ·

Gaan dit oor Steve of soek mtn rede om te on trek as borg. Miskien geld probleem?

George in Bloem ·

Ongelukkig geld vryheid van spraak,uitdrukking en ook assosiasie in hierdie piesangrepubliek net vir jou as jy swart en kommunisties/sosialisties of lid van die ANC/EFF/BLF alliansie is. Ongelukkig kwalifiseer Steve en die res van ons mense nie vir daardie voorreg nie. Daar is mos twee stelle reels in die land. Some animals are indeed more equal than others…..of hoe?

Sarel ·

Indien die polisie wel die inset gemaak het van n veiligheid risiko is dit maar net hul onderrok van rasisme wat uithang. Hulle moet hul werk doen, indien hulle ooit weet wat hulle werk behels en die geleendheid beveilig en alle krimenele aktiwite voorkom. Nie n persoon se inkomste befoeter nie. Hulle offer nou ook Refensie op om hul politieke meesters se guns te behou.

bitter bessie ·

Steve, jammer om te se maar jy het dit oor jouself gebring, mens spring nie op n bus hoekom almal dit doen nie. Kyk wat gaan jou tweet jou nou kos

lanie ·

Steve se konsert word gekanselleer omdat hy so gewild is. Daar is nie sulke opkomste by ander optredes nie. Wie wil in elk geval hulle konserte bywoon.

Anoniem ·

Steve, ons ondersteun jou 100%. Moenie dat hierdie mense se dinge jou onderkry nie.

Andrea seKlipman ·

Hier stem ek saam Chris!
Miskien is dit die groot peobleem. Afrikaner volk is besig om Steve bo ….HEELBO te stel. Man uit klip gebeitel?! Regtig?! Dit llink vir my soos n klipbeeldjie wat jy verafgod dan…..
Spandeer eerder jou tyd en geld op dinge wat saakmaak. Want om vir bekendes te staan en handeswaai en saamsing is SO afgodsdienery

Marilize ·

Wel gedaan Steve!! Ek ondersteun jou nog al die pad en gaan voort met wat jy doen en waarin jy glo!! Hou jou private konsert, ek en my familie is daar !

Ruby ·

Pleks die SAPD sê aikona, enige beskadiging, dreiging ens sal met full force gestop word.

Maatjies is posisies word gebruik om Steve stil te maak….dit gaan nie werk nie!

kolla ·

Ek reken Steve is ‘n DA ondersteuner. Al hierdie pro-Afrikaner dinge wat hy kamma propageer, is net aandag soek.

Wha ha ha ha ha ·

Hoenlekker pootjie jou bek jou Steve. Almal wat in steve n held vir Afrikaans sien, hoe maak n Afrikaner sy kinders groot om Engels te wees? Mm sal natuurlik nie my kommentaar publiseer nie. Hulle is dubbelstandaardig. Vryheid van spraak word gou nader gehark maar oefen n kommentaar leweraar sy regbuit tot vryheid van spraak en lewer kritiek teen mense soos steve juanita en ruan word die kommentaar nie gepubkiseer nie of dit word verwyder. Kry vir jou steve. Tata mtn.

moeg ·

Gaan my verstand te bowe dat hulle dink om steve te target gaan os onder kry…jou gee ons net meet petrol vir die vuur ….Boer loop deur ons are en sal nei gaan le nie…so maak soos julle smaak ek dink een boer moet die konsert op sy plaas laat gebeur, wat sal hulle dan se….kom steve seker jy het maatjies in die boere gemeenskap..

Hannes ·

Chris Jy mis die punt totaal dit gaan nie hier oor die boere oorlog nie dit gaan oor Steve se konsert by Emerald endie onder duimsheid van Mnr Hands en MTM

My Opinie ·

Die hele bohaai gaan oor ‘n twiet wat Steve in 2014 gestuur het. Die waarheid het toe so seer geslaan dat hulle dit 5 jaar later nog steeds voel. Volgens ‘n berig in ‘n ander koerant het die ANC nie wit stemme nodig nie. Dalk moet wittes wat nog vir die ANC stem wakker skrik en agter kom dat die ideaal van Madiba nie verwesenlik sal word onder die korrupte en selfsugtige ANC wat tans heers nie.

Asmain ·

MTN wil nie met Afrikaans geassosieer word nie maar is bereid om in die EFF se verkiesingsveldtog te belê….wonder wie is die mees rassisties van die twee…dubbel standaarde MTN!

Roger ·

Toyota braak ook nou saam oor “verdelende elemente”. Ek neemm aan hul geloofwaardigheid sal slegs tel as hul dieselfde kwytraak oor blatante verdelers soos die ANC en EFF. Huigelaars, dit is wat hierdié groot maatskappye is. Mag hul almal ten gronde gaan!!

Pieter ·

@Juf Rottenmeier
Dankie daarvoor – as daar nou iets is wat my grensloos irriteer is dit hierdie mense wat kamtig só opkom vir Afrikaans, maar dan verkrag hulle die einste taal wat hulle kamtig voor veg. Wat het fout gegeaan in ons skoolstelsel?

My Opinie ·

Dit is hoekom ons Afrikaners nooit êrens sal kom nie, val mekaar aan ipv die kwessie op hande

Ella ·

En dan gaan ek ook nie meer na afrikaans is groot konserte toe as Steve nie daar ook mag wees nie…NOU staan ons saam en boikot die spul

MW ·

Byna almal wat ek ken is mal oor Steve en Refentse. Dis ‘n jammerte dat daar soveel verskuilde agendas vandag in die land is. Maak jou ongemaklik. As dit so gaan moet ons een van die dae buiteland toe reis om ons eie mense te sien optree. Dis mos nou nie ‘n onwettige optog wat gereël is nie? Klomp patete. Reël vir ‘n konsert langsaan, in Meyerton

Erich ·

Ek lees al die kommentaar oor boikot die plek en boikot daai plek. In beginsel stem ek saam dat ons so min as moontlik van al die plekke se dienste gebruik maak maar ek is bevrees die koopkrag van die blankes is so min in die land dat die groot maatskappye hulle nie steur aan die blankes se besware – wat nog van die Afrikaans sprekende persoon wat voel hy word te na gekom. Die lys raak al hoe langer van plekke wat ons moet probeer boikot en in baie gevalle kry ek dit reg. Maar, is al die groot maatskappye maar nie almal dieselfde nie? Kyk maar Discovery, Sasol, MTN, Spur, Wimpy – Te veel om op te noem. Ons sal maar prober en kyk wat gebeur. Intussen – sterkte aan Steve en
Refentse. Weet nie hoe gaan hy (Refentse) dit hanteer nie.

Cassie Kruger ·

Dis tyd dat ons begin werk om ons belasting terug te hou, MTN en Tsogo Sun moet les opse hul speel n rassekaart , hul ondersteen die eff en anc al verkondig hulle haat en moord maar as jy die waarheid praat word jy gesensor
Blankes wat die besighede nog ondersteun is so goed soos land verraaiers

Tilla Nel ·

Ai tog! Aangesien Steve nou so ‘n bedreiging is, is dit nie tyd dat hy in die Parlement kom nie! Dan wil ek hulle sien skarrel …..

Susan de Klerk ·

Al wat hier gebeur is dat Steve groter en sterker word.

Nadine Knoetze ·

Daar moet meer van persone soos Steve wees wat nie bang is om sy mond oop te maak nie, dan sou ons nie nou in die gemors gesit het nie. Gelukkig laat hy hom nie terugsit nie, hy het ‘n ruggraat.

Ou Johnny ·

Hier is nog ‘n plek wat deur al die blankes vermy moet word. Dis so lieflike plek veral met die Dome en speelplek vir die kinders. Sal sien hoe val hulle winste nou. Ag nee sies Emerald Resort

Eben ·

Nou moet ou Steve nog net wegkom van die VF+ multikulturaliste en saamstaan vir selfbeskikking. Kommunisme sal nooit werk nie. Multikulturalisme sal nooit werk nie. Nie een van die twee kan “reg” gedoen word nie. Nee wat… stem vir selfbeskikking anders is ons daarmee heen.

Alida ·

Toyota moet net hier uitbly en niks se of doen nie. Motorverkope is baie sleg op die oomblik. Die boere hou van Toyota maar hulle moet oppas. Isuzu se bakkies is net so goed.

ne ·

Steve vir die Boere se president! Hy weet darem waarvan hy praat. STEVE!!!! BO !!!

Marika ·

Mense wil nie meer die waarheid hoor nie. Steve is reguit en praat die waarheid, daarom die vete teen Steve! Reël nou net ‘n konsert met Steve Hofmeyr slegs vir Witmense en kyk wat gebeur! Dan is almal weer rassisties!

Marthinus Willemse ·

Ek is nie `n Steve Hofmeyr aanhanger nie. `n Vriend van 30 jaar is `n bekende sanger en liedjieskrywer, en vertel my dat Steve eintlik orraait is. My vriend is sélf nie by politiek betrokke is nie; hy sê jy kannie sanger en politikus gelyk wees nie.

Ek bly so twee klipgooie van Sharpeville af, en ry elke dag verby die plakkate van die Emerald-konsert. Tot dusver kon ek geen indruk van gevaar daaroor kry onder die plaaslike bevolking nie. Dit moet dus suiwer polities wees.

Dis tyd dat ons Afrikaners ons geldmag gebruik. MTN was, as ek reg onthou, deur Naspers gestig, maar hulle wys al hoe meer hoe min hulle werklik vir Afrikaans omgee. Miskien Kaapse Afrikaans, maar nie meer ons boereafrikaans nie. Ek gaan selfs so ver deur produkte wat Afrikaans van hulle etikette verwyder, soos Robertsons speserye, nie te koop nie. (Waarom speserye wat bekend is in Afrikaans, soos borrie, se naam verwyder? Dit maak nie sin nie.) Dit klink kinderagtig, maar dit laat my beter voel. Mrs Ball’s se nuwe produkte is net Engels.

Steve aanhanger ·

‘n Groot deel van die bevolking kan net een persoon op ‘n slag hanteer, soos met Madiba, Nou is hulle net bang vir een persoon, Steve Hoffmeyr.
Wys net hoe bang is hulle vir die Afrikaanse volk. Ons sal altyd veg vir ons voorbestaan.

Essie Oosthuysen ·

Ai, hoe kan mense so kleinlik wees!!!??? Steve, ons staan bankvas agter jou. Jy het ten minste ruggraat en murg in jou pype.

aj ·

“Een Loftus skare kan die Uniegebou gaan oorneem!”

Wie se woorde is dit?

SH ..!!! ….. jou YSTER!

Johanna ·

Emerald sien my nooit weer nie. En van my MTN simkaart gaan ek ontslae raak. Staan summier saam Steve!!!!

TN ·

Dankie Fran , daar is blykbaar darem nog ander ook wat nie plebs is nie ?

Blits ·

Fran, jy sê jy en Steve skuld mekaar niks nie?? so jy voel dis reg wat die klomp doen as hulle hoor Steve tree op?? so op die ou einde is jy saam in die bed met die ANC, BLF, EFF, MTN, LESIFU en die ander klomp wat teen wit mense is, so jy is gelukkig met die dat ons mense so uit gebuit word en uit gemoor word.

EK DINK JY MOET JOU PREORITEITE AGTER MEKAAR GAAN KRY

Anoniem ·

Man hierdie afstel van konserte is om Steve by te kom om hom finansieel te knak maar wat hulle nie besef is dat Steve se aanhangers hom sal steun en steun en steun. Daar is ander plekke waar sy aanhangers rustig na hom kan gaan luister dus boer maak jul plaase beskikbaar hou n lekker “Barn yard fees” nooi vir Steve, Refense, Lira, Ricky en Riana dan wys ons hulle dat ons blankes almal se musiek kan ondersteun.

Nita ·

Wat n gekkespul. BLF en Malema baie gevaarliker en meer rassisties as wat Steve ooit hoop om te kan wees. Studente wat geboue brand en amok maak is natuurlik geen gevaar vir enige iemand nie. Siek!

Boet Fasie ·

Steve gaan in die politiek, jy het groot ondersteuning, dan kan jy op die verhoog jou stem dikmaak en MTN kan jou nie afhou nie

Susan ·

Ek is nie n aanhanger van Steve nie, maar hierdie is belaglik! Hy sing mooi en moenie gepenaliseer word oor kinderagtige mense se ondeurdenkte aksies nie. As ek hy is dring ek aan op betaling. Ek koop sommer sy musiek.

Blits ·

Jy sal nie n fout maak nie, Steve is een van ons beste sangers ooit.

Roelf Berg ·

Die land word nou regeer duer die vakbonde en onopgeleide skerheids personeels.
Twee mense van verskillende rasse – kom ons speel die ras kaart – kom saam tree saam op nou maak iemand hul panty nat en die Polisie val daarbyin. Swak besluite was alles in die land by die da meer na Zinbabwe laat lyk. Mense se genot en ontsapnning word van hul weggerneem deur onsinnige inligting wat niemad bevestig – stories – die in beheer is bang gatte – sorry !

De Villiers ·

Volgens my inligting het MTN gedurende 2018 skenkings en geskenke gegee nét aan die ANC en UDM (swart partye), maar niks aan die VF+ of die DA (met wit kiesers) nie.

lion ·

Steve jy hoef nie te vra om op ‘n verhoog te gaan staan nie,,..

Daar is baie plase groot plotte wat gebruik kan word.. Net ‘n gedagte.

Mel ·

Wel iemand raak bang. Knap gedaan Steve. Weet jou doel is nie om gekanselleer te word nie – maar jou veldtog begin ‘n verskil maak. Steve vir president!

Erich ·

Ek lees al die kommentaar van al die mense. Ek voel ook gegrief maar besef terselfde tyd dat die blanke se koopkrag in SA so klein is in vergelyking met die ander bevolkings groepe dat n boikot geen verskil gaan maak nie. Ons kan maar probeer. Die Afrikaans sprekende is in nog n swakker posisie. Dit gaan vir die groot maatskappye oor geld – niks anders nie.
Ja – ek boikot waar ek kan wetende dat dit geen verskil maak nie.

Boerboel ·

Steve is van die min kunstenaars wat vir Afrikaans op kom, Kyk hy het al gedreig dat hy sal kaal uit trek vir Afrikaans, miskien is die regering bang om hom kaal te sien. MTM niks vir julle nie, Steve gaan aan ons sal jou ondersteun. Jy baklei teminste vir ons, waar is die ander?

Ansa ·

Die hele ‘veiligheidskwessie’ is net so belaglik soos Nkandla se brandpoel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.