Kopseer oor verskeie top-regeringsposte

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Dit dreun in die ANC soos die groot kanonne wat met gebrekkige integriteit verbind word, die een ná die ander val – en die gevolge is moeilik te voorspel.

Vier groot seders het vandeesweek geval en oor ʼn vyfde se lot heers verwarring. Verskeie ander is onseker oor hul toekoms.

Met oudministers Malusi Gigaba en Nomvula Mokonyane en die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, wat almal hul benoemings as parlementslede afgewys het, het pres. Cyril Ramaphosa se belofte van ʼn skoon kabinet heelwat nader aan die werklikheidsfeer beweeg.

Die werk van die ANC se integriteitskomitee geniet nou groot aandag. Hulle het vraagtekens laat hang oor 23 ANC-lede wat deur die party op lyste vir openbare verteenwoordigers benoem is.

Een daarvan is die oudminister van polisie, Fikile Mbalula, wat wel vandeesweek as parlementslid ingehuldig is.

Nog een is adj.pres. David Mabuza, wat om daardie rede gevra het om nie ingehuldig te word tot sy naam skoon is nie. Mabuza het nou tot die aanval oorgegaan en die integriteitskomitee uitgedaag om hom van enige tersaaklike misdrywe aan te kla voor die kabinet saamgestel word, of om hul besware teen hom te laat staan.

Mabuza het nog deurgaans volgehou hy sal uiteindelik adjunkpresident wees – die vraag is net wanneer.

Die adjunkpresident is nie Ramaphosa se enigste kopseer nie. Hy sal byvoorbeeld moet besluit wat om te doen oor die politieke toekoms van een van sy groot teenstanders, die minister van vrouesake in die presidensie en leier van die ANC-vroueliga, Bathabile Dlamini.

Die grootste vraagteken wat die kabinet betref, hang oor die sleutelportefeulje finansies.

Die huidige minister, Tito Mboweni, is bekwaam, maar ongewild in baie dele van die ANC én die drievoudige regerende alliansie, wat die SAKP en Cosatu insluit.

Mboweni lyk boonop nie altyd ewe lus vir die pos nie. As hy beskikbaar is, sal hy waarskynlik behou word, met die voormalige Gautengse LUR Barbara Creecy as sy adjunk.

As hy nié ʼn opsie is nie, is Ramaphosa in tamatiestraat. Hy is onder baie druk om ʼn swart (dus nie wit, bruin of ʼn Indiër nie) minister van finansies aan te stel, maar buiten Mboweni is sy opsies yl.

Die huidige adjunk, Mondli Gungubele, is nie regtig opgewasse nie en die ander ekonomiese portefeuljes word gevul deur Ebrahim Patel (ekonomiese ontwikkeling en ʼn bruin man), Pravin Gordhan (openbare ondernemings en ʼn Indiër) en dr. Rob Davies (handel en nywerheid, ʼn wit man).

Indien Mboweni nie beskikbaar is nie, het Ramaphosa ook die opsie om ʼn minister van finansies van buite die parlement aan te stel, soos oudpres. Nelson Mandela met die bankier Chris Liebenberg gedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Hoop net CR hoef nie terug te val op n vorige minister van fin-ansies nie. Lyk my Des van Rooyen het nog aspirasies! He-he, – he!

Dries du Toit ·

Sal dankbaar wees as hy iemand van buite aanstel. Wat van ou Dawie Roodt . Wensdenkery haha

Andreas ·

Hulle het mos so paar dae gelede berig dat Cyril ‘n paneel van raadgewers gaan aanstel. Ek weet PW en manne van daai era het raadgewers uit die privaat sektor gehad, ek ken nog so een of twee ouens se name, hulle was nie raadgewers van ‘n minster nie, maar het aan PW rapporteer. Ek dink dis goeie idee as Cyril dit weer kan inbring, ek sal net graag wil sien watter persone dit is en oor watter sake die persoon raad gaan gee, soos bv Ekonomie, Landbou ens.

Wielspore ·

Mabuza afkomstig uit MPA is ook een van die vrot appels wat moet val, daar is net te veel beskuldigings van bedrog teen hom.

Dries du Toit ·

Oujongnooi. Ramaphosa kan ongelukkig niks aan ou Ace doen nie. Hy is nie n parlementslid nie. Hy is deur die ANC verkies by hulle jaarlikse kongres. Ace is n ampsdraer by Lethulihuis.

Andreas ·

Interessant, my belangstelling het nou vandag in die ANC Regering so effe baie gedaal.

Johanna Botha ·

So mag n blanke nooit weer n minister van finansies wees nie ….man kry net die beste ou vir die werk ASB ! !

Heinrich ·

Malema het hom klaar gewaarsku as hy na die “white monopoly capital” luister gaan hy nie sy termyn klaar maak nie

Sanet ·

Dalk moet die opskrif lui:
“KOPSEER OOR ONNODIGE SOUSTREIN SKEPPERS “

Chris ·

Wat daai kopseer sal n vulletjie wees na vandag se groot beloftes op beloftepark. Nie eers mMalema se waarskuwing gaan erger wees as vandag se beloftes wat hy gaan maak nie . Hoop hy dink mooi wat hy vandag aan sy gehoor gaan belowe

hercu ·

as Nelson Mandela vanuit die gevangenis beëdig kon word as staatspresident en die eff sopas ‘n misdadiger laat beëdig het in die parlement, kan CR seker in die tronke gaan soek na ‘n goeie finansiële misdadiger en hom/haar aanstel as minister van finansies!

ek is vreesloos, want ek ken iemand baie groter as CR, die HeiligeGees!

Mr. Q ·

as dit nie God behaag nie, sal dit nie uitwerk soos jy dit beplan nie !
Ken God in dit wat hy smag vir ons as gelowiges wat tiendes offer.

A Mac ·

Drink ‘n poeiertjie en kom oor die kopseer. Teen die tyd weet ons wat die regering is, hoe hulle aanstellings maak en dat die gewone man op straat maar net moet opvreet wat die regering aan ons opdis. Jy gaan jouself tog omring met mense wat jou goedgesind is en nie met mense wat hul werk eerlik en met ‘n gewete gaan doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.