Karpowership, wat ʼn vloot kragskepe besit en bedryf, is een van die voorkeurbieërs vir die noodverkryging van 2 000 MW krag ingevolge die risiko-mitigasie- onafhanklike kragverkrygingsprogram (RMIPPPP).
Karpowership is drie van die agt voorkeurbieërs, het Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, Donderdag aangekondig.
Karpowership was suksesvol met sy bod vir projekte by die Richardsbaai-, Saldanhabaai- en Koega-hawe. Skepe, wat aardgas gebruik om elektrisiteit op te wek, sal by dié hawens aan die land se kragnetwerk gekoppel word.
Die ander voorkeurbieërs is ACWA Power Project DAO, Mulilo Total Koega, Mulilo Total Hydra Storage, Oya Energy Hybrid Facility en Umoyilanga Energy. Dié bieërs sal deur middel van sonkrag, windkrag, aardgas en batterye elektrisiteit opwek.
Daar is ook nog drie bieërs met wie daar nog onderhandel word oor die laaste 150 MW van die 2 000 MW.
Volgens Mantashe wissel die pryse vir die voorgestelde oplossings van R1 468 per megawattuur (MWh) tot R1 885 per MWh.
“Hierdie agt projekte sal ʼn algehele beleggingsbedrag van R45 miljard deur die private sektor in die Suid-Afrikaanse ekonomie inspuit.”
Die Suid-Afrikaanse entiteit se deelname aan hierdie projekte is 51% met swart eienaarskap op 41%. Ongeveer 3 800 werksgeleenthede sal tydens die konstruksietydperk van 18 maande geskep word en nog 13 500 gedurende die 20-jaar-aankoopooreenkoms.
Die projekte moet teen einde Julie op die laatste van stapel gestuur word en die verwagting is dat die projekte teen Augustus 2022 elektrisiteit aan die kragnetwerk sal verskaf.
Mantashe het tydens Donderdag se geleentheid ook die volgende bodronde aangekondig vir die onafhanklike kragprodusenteprogram (IPP’s) wat daarop gemik is om ʼn verdere 11 813 MW opwekkingsvermoë te bekom. Dit sluit in windkrag (4 800 MW), sonkrag (2 000 MW), steenkool (1 500 MW), gas (3 000 MW) en batteryberging (513 MW).
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
22 Kommentare
Wat van ons gee eers onafhanklike kragopwekkers in SA die geleentheid om surplus krag in die netwerk te tap.
Tenders tenders, nog lekker lekker kickbacks
Hoe kan één maatskappy die plek van drie bieërs beklee? Dis soos ‘n atleet wat die eerste drie plekke in ‘n wedloop verower!
Dit is goeie nuus.Gaan elektrisiteit dan goedkoper wees vir die verbruiker.
Iemand gaan weer lekker baie skep en geen diens lewer. Wonder of die voorkeurbieers ooit weet hoe om n plug op te konnekteer.