Kuba-skenking: ‘SA kan nie oë sluit’ – Pandor

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking (Foto: SA regering/Facebook)

Suid-Afrika kan nie sy oë sluit vir die lot van Kuba terwyl hul ekonomie deur “onwettige blokkades en sanksies” gewurg word nie.

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het tydens haar departement se begrotingsrede gesê Suid-Afrika is ook bereid en daartoe verbind om “in solidariteit met ons broers en susters in Kuba op te tree”.

“Die Kubaanse ekonomie is op sy knieë gedwing ná 61 jaar van drakoniese Amerikaanse ekonomiese sanksies wat op daardie verarmde eilandnasie ingestel is. Dít is ’n nasie wat skouer aan skouer saam met ons vegters gestaan het in die stryd om vryheid en ons moet help as ons kan.

“Dit was Kubane wat hul seuns en dogters gestuur het om te veg vir die bevryding van Suider-Afrika. Natuurlik kan diegene wat nooit in die loopgrawe was en vir vryheid geveg het nie, nie hierdie geskiedenis waardeer of ken nie. Kuba het ’n deurslaggewende rol gespeel om die gety teen ons koloniale onderdrukkers te laat draai. Dit sou onregverdig en oneties wees om die rug op hulle te keer in die uur van hul grootste nood.”

Die Pretoriase hooggeregshof het Dinsdagoggend die regering se aansoek om verlof tot appèl teen ’n interdik wat hom verbied om R50 miljoen aan Kuba te skenk, van die hand gewys.

(Foto: Yamil LAGE/AFP)

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het vroeër onderneem om miljoene aan Kuba te skenk in ’n poging om die voedseltekort in dié land te help verlig. Dié aankondiging is egter wyd gekritiseer, gegewe die stygende werkloosheidsyfer en armoede in Suid-Afrika.

Volgens Pandor is die Afrika Renaissance-fonds (ARF) op die been gebring vir die doel van humanitêre bystand. “Ons gebruik nie die ARF-fonds as ’n oop beursie nie. Dit is glad nie waar nie. Daar is geen R50 miljoen wat aan Kuba gegee of geskenk sal word nie. Ons beplan om humanitêre hulp aan Kuba te verskaf – voedsel en mediese voorrade wat by Suid-Afrikaanse maatskappye gekoop en na Kuba verskeep sal word om daardie nasie in sy lyding te ondersteun.”

AfriForum het tydens sy saak teen die regering aangevoer die skenking is strydig met die ARF omdat dit nie aan ’n Afrika-land geskenk word nie.

Willem Faber, DA-lid van die portefeuljekomitee oor internasionale betrekkinge en samewerking, het in reaksie op Pandor se uitlatings gesê dit is klaarblyklik ’n poging deur die ANC-regering om die hof se weiering van sy aansoek om te appelleer, te omseil.

“Hierdie blatante verontagsaming van ’n hofbevel is ’n belediging vir die miljoene Suid-Afrikaners wat sukkel om te oorleef. Dit is duidelik dat die ANC se alliansie met Kuba bo ons eie kwesbare burgers gekies is. Hoe kan die ANC-regering verligting vir Kuba regverdig, terwyl geldelike hulp vir KwaZulu-Natal niks anders as leë beloftes was nie?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Rudi ·

Skenk eerder die geld vir Sa se eie arm mense of maak die land se paaie reg.

Nie Verbaas ·

Is hierdie vrou by haar volle positiewe? Kyk wat gaan in jou eie land aan of is jou party en die se kaders meer belangrik as die honger mense in Suid Afrika? Het Kuba nie genoeg geld gemaak met die dokters en ingenieurs wat julle na Suid Afrika toe laat kom het nie?

Ronel ·

Nee aangesien Kuba dit nie geskenk het aan hulle honger mense nie

Wondermaarnet ·

Pandor as jy so sterk voel, kan jy en jou kaders julle persoonlike finansies aanwend om te help. Ek betaal belasting vir SA en NIE vir ander lande nie. Ek kry ook swaar, maar jy en jou kaders gee nie om nie.

Porseleintjie ·

Wanneer die regering nie oor die vermoe beskik om sy eie burgers te help nie, ja dan kan jy jou oe sluit. Jou lojaliteit is misplaas pandor. Lig jou sitvlak uit jou gemaksone en kom kyk hoeveel boemelaars en bedelaars in jou eie land is. Hoeveel van jou eie mense sterf weens honger. Dis waar jou plig eerste le.

Di ·

Wat makeer hierdie ou vrou? Duidelik bekommer sy haar veel meer oor die spul wat JARE terug in die oorlog betrokke was, gaan daai SKULD nou vir ewig moet afbetaal word? Wens die spul was so gretig om die duisende te help in KZN wat nou letterlik op straat sit! O nee, ek is seker onnosel maar ek kan hierdie nie begryp nie.

Lillian ·

Ons ekonomie gaan deur dieselfde indien nie erger nie, en jy dink weereens seker net aan die “kick back” wat jy gaan kry as jy die geld vir Kuba gee. Jou eie mense sterf van ellende en jy kyk ander pad?

Jannie van Niekerk ·

Ons ekonomie gaan deur erger. So kort terug soos 1986 was die SA Rand die tweede grootste sterkste geldeenheid in die wêreld. En dit is nie fopnuus nie, gaan Google dit maar. Slegs die Britse Pond was sterker as die rand.

Harley Davidson ·

Die geld is nie die ANC se persoonlike geld nie dit is belasting geld hoekom gee die ministers en Ramaposa nie hulle geld vir Kuba nie?

Kokerboom ·

Toon weereens ANC kaders is totaal uit voeling met realiteite in hul eie land. Hul voel niks, is vet en uitgevreet en klou aan ideologieë wat armes se behoeftes tot nul marginaliseer. Geen skaamte. Sies vir julle! Skaam jou President wat die skepsels nie in die bek ruk. Dink net aan onnodige tyd en koste verspil aan die saak terwyl land uitmekaarval. “ANC MUST FALL”

Harley Davidson ·

Dan moet de klerk se familie ook geld kry hy het meer as Kuba gedoen om die land te oorhandig

JM ·

“Ons broers en susters”. Nou tóé! En Pandor se broers en susters in Suid-Afrika wat honger ly? Hoe pateties!!

Jacob ·

Me Pandor, Kuba is nie verarm deur sanksies nie, maar wanbestuur en die kommunistiese regeringsmodel wat gevolg is.

Tweedens, die Kubaanse soldate het nie slegs skouer aan skouer geveg saam met “julle soldate” nie , maar ook saam gesterf, by die derduisende.

Met bg in gedagte kan ons, die belastingbetalers jou verseker, dat ons nie verantwoordelik is vir die stand van sake in Kuba nie. Kuba volg uit hulle eie vry wil ‘n kommunistiese bestel en Castro het derduisende “soldate” na Angola gestuur, nie omdat hy sy “broers en susters” in Afrika ondersteun het nie, maar omdat hy ontslae wou raak van die las van ‘n klomp swak en half opgeleide “vegters”.

Me Pandor, Suid Afrika is nie super moondheid nie, maar net maar nog ‘n verwaarloosde Afrika staat wat verval het a.g.v. kleptomaniese amptenare en wanbestuur.

Samuel ·

Ek kon dit nie beter gestel het nie. Net byvoeg dat al die ‘soldate’ was terroriste.

Karlahari ·

Die ANC het NIE in Angola geveg nie. Het wel opleidings kampe daar gehad.
DIE ANC WAS NIE BETROKKE IN N GEWAPENDE STRYD NIE.
Wel in die uitmoor van politieke opponente soos Inkhata.

Renier johannes ·

Julle kan nie eers julle werkers betaal nie maar daar is geld vir julle sakke en komunistiese lande stop julle dom geid en red jou eie mense vedomp word waker

JL ·

Ag tog. Hou net op om stories op te dis. Die regering het mos al by meer as een geleentheid hulle “dankbaarheid” teenoor hulle “Comrades” uitgespreek en gewys bv. dmv die Dr’s wat hier kom werk ipv ons eie Dr’s plaas, studente wat in Cuba gaan studeer, onverklaarbare handelsbetrekkinge ens, ens. Êrens is daar ALWEER ‘n slang in die gras.

Kortbroek en plakkies ·

Miskien moet die minister haar salaris en die van die nder ministers aan Kuba skenk as sy so sterk daaroor voel voordat sy haar eie land se swaarkry oorsien. Dit is darem te maklik om die land se geld op onbenullighede uit te gee.

Riaan ·

Dit het jou niks gepla toe die wêreld sanksies teen SA ingestel het nie. Inteendeel julle (ANC) was voor in die koor om dit aan te vra, en het selfs daarop aangedring. As julle vir Kuba wil geld skenk, doen so uit die ANC se beursie, nie SA sin nie.

Marius ·

Me Pandor , laat ons net gou die saak reg stel – ek het GEEN broers of susters in Kuba nie .
Wat die res betref sorg eers vir jou eie land se mense voor jy engeltjie wil speel in n ander land .
Jy en jou kader vriende moet by kom !!!!!!

marius ·

Man , julle kan nie eers vir die mense droee brood in die hospitale gee nie ! die land is bankrot en dan kom jy met sulke twak ?

Jakes ·

Die agbare minister het die spoor byster geraak net soos in haar vorige portefeulje. Sy weet nie regtig wat hier in SA aangaan nie en die VSA het sanksies teen Kuba ingestel vir goeie redes. Maar dan weer weet ons dat Ramaphosa en sy hele kabinet onbevoeg is om enige iets ordentlik te bestuur of regeer.

Roebs ·

Begin in Suid Afrika en los die ander lande uit. Maak hier is eers reg wat in 20 jaar in verval gelaat is voordat jy ande lande help. Kyk eers in ou eie land wat gebeur en sort al die gemors eers hier uit.

Henry ·

Hoekom gee die anc nie hulle salarisse vir kuba nie.
Dit dit behoort dieselfde bedrag te wees
Die 50 mil kan gaan vir kos vir die behoeftiges.

Jannie van Niekerk ·

Nou praat jy mt taal. Sommer ook die opbrrengs uit die beodel van De Klerk en sy trawante wat die staatsgreep destyds uitgevoer het.

Waarnemer ·

Me Pandor het nie n idee van wat loopgrawe is nie.Van wanneer af moes die sogenaamde onderdruktes in looograwe baklei teen die sg.onderdrukkers?
Me Pandor ek stel voor jy gebruik n deel van jou maandelikse salaris wat miljoene beloop om te skenk aan die verarmde mense in KZN aangesien due prez nie sy beloftes kan nakom aan die mense in KZN nie.

Samuel ·

Wat voel die minister Pandor en CR vir our people in KZN? Net mooi niks nie.

Swerwer ·

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking moet met ‘n spoed wakker skrik en eers die gemors in ons land probeer oplos voor sy skenkings aan mede Kommuniste wil doen.

Jr ·

Maar jy gebruik jou kolonistiese onderdrukker se tax geld om jou broers en susters te betaal. # voetsak wena

Manie ·

Laat ek maar weer probeer, die inspekteurs is weer bedrywig vanmôre. Julle weet mos wat is weerlig afleiers, wel hierdie is seker net nog 1.

Jacques ·

Dis net sekere dae….. ander dae is die inspekteurs heel rustig

Deon ·

Amerika het al 61 jaar sanksies teen Kuba!!! Wanneer word Kuba wakker en sien dat daar ander lande in die wereld ook is waarmee hulle kan handel dryf? Klomp power redes(verskonings) om jul onkunde weg te steek. Gee daai 50 miljoen vir n persoon wat rondloop en oral by supermarkte en plekke moet bedel om n sopkombuis aan die gang te hou en jy sal heel moontlik sien wat waarde vir geld kan wees

Jr ·

Jy sien pandor, toe daar sanksies teen SA waarvoor julle gevra voor was Suid Afrika die sterkste ekonomiese land in Afrika omdat die volk of liewerste soos jy sê – kolonistiese onderdrukkers nie gaan lê nie en hulle eie petrol gemaak en alles self geproduseer. Toe die wêreld sanksies teen Kuba in bring toe vou julle broers en sisters net soos hulle omgedraai en weg gehardloop in hulle “loopgrawe. Maar nou ja laat jou dink nê missies

piet ·

Maar ek kan definitief nie my oe sluit vir ons eie Suid-Afrikaners wat eintlik hierdie geld HIER benodig nie. Ons land is nie in die posisie om geld aan ander lande te gee nie terwyl die behoefte geweldig is onder ons EIE mense nie. Dis eintlik ‘n bewys hoe min hulle vir hul eie mense voel. Die tyd het gekom dat al die opposisie partye net eenvoudig as ‘n verenigde front moet deelneem aan die verkiesing net om hierdie gemors vir eens en vir altyd uit te stem. Ons het gesien hoe moeilik dit is vir ‘n party om te herstel as hy eers uit die bewind gelig is,nog soveel te meer sal dit wees vir die ANC wat ‘n patetiese diensrekord het.

Papsak ·

Pandor is jy by jouself hoekom vat julle nie julle gelde wat julle verdien en skenk dit vir ander lande nie SA kry ook swaar maar julle sien niks raak nie jy moet jou kop laat lees wragtig weereens bewys julle kan nie dink nie

Althes ·

Naledi Pandor, jul visie is uitgedien en verouderd. Jul bly vashaak in die verlede, dis waarom SA tans in chaos verkeer.
Dit wil voorkom dat jul nooit opreg was nie. Jul stap nie die pad van versoening en vergifnis nie – jul optrede laat onskuldige mense boet wat nils te doen gehad het met jul struggle nie.
Inteendeel ‘our people’ het ñ struggle onder jul regime.
Kyk hoe verslete en verwaarloos is skoolgeboue onder jul bewind. Was die apartheidsregerering aan bewind, het jul hul uitgekryt dat hul die menswaardigheid van ‘our people’ vertrap. Nou kan jul niemand beskuldig as julself nie.
Charity begins at home

Louis ·

Nog een wat verwyder moet word van haar pos. En haar sommer kuba toe pos.

Suzette ·

Bewusteloos??? Nee ek dink nie… Sien mens raak self bewusteloos. Hulle kan niks self doen…. Eeder onder NARKOSE!!

Vonkprop ·

Dit gaan al aan vir 61 jaar dat hulle swaarkry en nou wil julle geld gee in hulle ‘uur van nood’? Hoekom dan so lank gevat om te help? Net julle glo julle eie bog.

PieterJ ·

Ons almal weet geen behoeftige in Kuba gaan n sent van daai geld sien nie, dis alles vir die comrades.

PieterJ ·

Bla bla bla bla, elke keer dieselfde flou deursigtige verskonings.

LANA is ELANè ·

Klomp kommuniste wat omsien na mekaar se sakke, vieslike skande gegewe die armoede in ons eie land waarvoor die skouers doodeenvoudig opgetrek word.
So tipies van ñ land wat deur kaders regeer word hulle sal als in hul vermoë doen om daai geld land uit te kry, al is dit onder die dekmantel van humanitere hulp. Charity begins always at home!

Sarel ·

Maar die Regering sluit sy oë en draai sy fedig weg wasr fit sy eue Burgers aangaan

May10 ·

Kinders in Suid-Afrika sterf van honger, en julle wil buite lande help, waneer julle eie burgers hulp kort.

Arno ·

Hoe kan ulle geld skenk aan n ander land terwyl SA se werkloosheid bo 60% is en armhoede hier buite beheer is? Is jy op pille of wat? Charity starts at HOME!!!!!! Maar glo my julle het almal fooitjies wat in die sak gesteek word met elke korrupte transaksie wat julle doen! cANCer

Racheltjie Debeer ·

R50 miljoen vir Kuba en R20 miljoen vir ‘n 100m landsvlag. Ons regering mors belasting geld op grootskaal, en staan dan bakhand by die VN om te help om vloedskade in KZN te herstel.
Hierdie spul idiote se prioriteite is heeltemal agterstevoor.
Weet die simpel vrou dat SA se ekonomie ook ten gronde is en dat miljoene mense daagliks honger ly in haar eie land??

Darkwing Duck ·

Miskien verstaan sy nie lekker waarom die VSA sanksies teen Kuba ingestel het nie. Lui kommunisme ‘n klokkie?

Abraham ·

Laat die mense in Suid Afrika wat honger ly maar sterf solank die Kubane net nei swaarkry nie en kan lewe.

Maritha ·

Intussen gaan “our people” dood van die honger hier onder haar snoet

domheks ·

pandora se hoed moet maar uit haar eie sak betaal vir die arme kubane.

Peter ·

Absolutely pathetic, our own country is in the abyss but our hard earned money should be wasted, same as the electricity

JohanR ·

Hoe oud is die een al? Hier in SA het ons GROOT probleme maar julle wil liewers Kuba hulp. Gaan outehuis toe, moenie verby GAAN gaan nie, en moenie$200 optel nie. Vat NDZ saam met jou!

Mariana ·

In SA sterf daagliks mense aan hongersnood, geen verblyf, die land val uitmekaar. Maar die floppen vrou wil wragtig nog van die voosbetaalde belastingbetalers se geld weggee. Hoe het dit gebeur dat die korruptes nig steeds hierdie land regeer…. Dis tyd om op te staan teen hierdie geldmorsende regering. Ramapoza laat wragtig toe dat hierdie land net verder in die modder wegsink en gee nie aandag oor wat in die land, deur sy minister, aangevang word nie. Maar hy smeek en bedel oral vir geld.

Pietertjie ·

Maar hulle sluit hulle oë vir hulle eie mense. Die mense is te dig om dit agter te kom. Volgende jaar stem hulle weer voor die ANC

anniekiewiet ·

Kan iemand hierdie vrou kry om voor TV Kameras die vrae wat hier gevra word, te antwoord? Arme vrou, so dom soos n vlagpaal, staan in die wind en waai sonder sin in haar lewe.

Hoekom ·

Kuba is nie arm en in hongersnood agv sanksies nie. Kuba is arm en in hongersnood agv kommunisme, korrupsie onder regerings amptenare, onreelmatige besteding en ‘n onderdrukte private sektor…Basies wat aan die broei is…HIER…in Suid Afrika. Hulle is net 30 jaar voor ons…

TC ·

Ons is tans oppad na n krieses met betrekking tot voedsel en voorsiening totdat die oorlog verby is met Rusland en Ukrain. Pandor jy slaap as jy dit nie kan raaksien nie. Ons het nie geld op net heen en weer weg te gooi nie. Dieselfde met die paal en vlag wat julle teen miljoene wil opsit. But WHY IS MY VRAAG? HOU OP GELD OP GOED MORS!!!!

Agge nee ·

Vat liewer daardie geld en koop vir jouself en die res van die ANC verstand.

Johan ·

Kuba het die anc terroriste gehelp dus moet elke anc terroris uit sy eie sak vir Kuba geld gee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.