Kubaanse ingenieurs hier om werk te skep, sê Sisulu

Lindiwe Sisulu. (Foto: @DWS_RSA
/Twitter)

Lindiwe Sisulu, minister van menslike nedersettings, water en sanitasie, het sterk te velde getrek teen die toenemende kritiek oor haar besluit om Kubaanse ingenieurs “in te voer” om met Suid-Afrika se waterkrisis te help.

“Die Kubane is nie in ons land vir indiensneming nie. Hulle is hier om ons munisipale werkers te mentor sodat ons werk kan skep vir Suid-Afrika,” het Sisulu gesê en bygevoeg dat Suid-Afrika nou gekwalifiseerde swart vroue-ingenieurs het wat die Kubane tydens hul vorige tydperk in die land gementor het.

Sisulu is erg gekritiseer oor haar besluit om 24 Kubaanse ingenieurs na Suid-Afrika te ontbied teen ʼn koste van R65 miljoen. Daar is onder meer aangevoer dat Kuba self probleme met sy waterinfrastruktuur ondervind en dat die Kubane plaaslike ingenieurs van werksgeleenthede ontneem.

Volgens Sisulu sal die Kubane egter juis kan help om Suid-Afrika se waterinfrastruktuur te herstel omdat Kuba ook met verouderde infrastruktuur sukkel. Die minister voer verder aan dat slegs vyf maatskappye gereageer het toe sy ʼn beroep op ingenieurs in die land gedoen het om na vore te kom vir ʼn werkende vennootskap met die departement.

Solidariteit het Maandag met ʼn regsproses teen Sisulu begin oor die invoer van Kubaanse ingenieurs. In die regsbrief versoek Solidariteit dat die Kubaanse ingenieursprogram onmiddellik opgeskort en sekerheid verskaf word oor die wettigheid van die Kubane se lisensiëring en registrasie.

Dit volg nadat dit aan die lig gekom het dat die ingenieurs nie aan die registrasievereistes van die Suid-Afrikaanse Raad vir Ingenieurswese (ECSA) voldoen nie. Solidariteit versoek ook, onder meer, dat die regering bevestig of alle wetlike vereistes vir die Kubaanse ingenieurs ingestel is om in Suid-Afrika te kan werk.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. (Foto: Solidariteit)

“Solidariteit het ʼn lys van 132 plaaslike ingenieurs en ander kundiges met spesialisvaardighede aan die minister beskikbaar gestel wat die werk teen ʼn baie laer koste as die Kubane kan doen. Daarbenewens is Kuba se eie waterinfrastruktuur in chaos. Daar is dus geen rede waarom die Kubane in Suid-Afrika moet wees nie,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

Die DA het intussen ook ʼn beroep op Sisulu gedoen om die aanstelling van die Kubaanse ingenieurs om te keer. Volgens Leon Basson, DA-LP en woordvoerder oor water en sanitasie, het ECSA meer as 14 800 geregistreerde professionele ingenieurs. Dit bevestig dat Suid-Afrika talle bekwame ingenieurs het wat die departement kan help met sy infrastruktuuruitdagings.

“Die Suid-Afrikaanse regering verkies egter om miljoene rande te betaal aan Kubaanse ingenieurs ten koste van geakkrediteerde, ervare en werklose ingenieurs wat reeds in Suid-Afrika geregistreer is.”

Sisulu het ook daarop gewys dat die Kubane Suid-Afrika bygestaan het in die stryd teen apartheid en dat daar sedert 1994 ʼn vennootskap tussen die twee lande is. “Ons almal leef in ʼn vry land omdat hul onbaatsugtigheid dit moontlik gemaak het – en dit is die bitter pil wat hulle nog nie gesluk het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Aai ·

Daar was vanoggend op radio Pretoria bevestig dat Lindiwe se daar het ingenieurs aansoek gedoen maar hulle was almal wit so toe besluit hulle om Kubane te laat kom ,kan jy dit oor vertel.So die land vergaan omdat hulle nie wit mense wat beruit is om te werk wil gebruik.Die oorsee se mense sal ons ingenieurs met oop hande verwelkom.

Dirk Mostert ·

So buitelanders is meer BEE as Suid-Afrikaanse blankes.

Danie ·

Lindiwe Sisulu. Do you want to tell South Africa that we don’t have skilled people who can mentor our people. I think if anybody needs mentoring then its you Lindiwe Sisulu. You are a disgrace to South Africa. You are showing the nation that you are incapable to run office. We as South Africans black and white want to take hands and work together but you Lindiwe Sisulu are promoting rassism. You Lindiwe Sisulu don’t want to make use of white highly qaulified engineers to mentor the youth and upcoming engineers. You should be fired from office. Sies man

RB ·

Daar is eenvoudig nie pille wat grysstof kan vermeerder òf aktiveer nie. Ongelukkig is daar ook ‘n algehele afwesigheid van emosionele intelligensie en van selfrespek daarom is diè vrou blind vir haar opgeblaasde ego en arrogansie.

Beslis nie geskik vir die pos (of enige soortgelyke) nie. Maar nie ‘n enkele een in die regering het genoeg insig, kennis òf wysheid om dit te sien nie.

Pieter ·

Die probleem is ook dat ons nie terug sit vir hulle slap houdings nie… Die Kubane gaan hier kom en ook maar lekker loaf so hulle pas mooi in. Ons pas nie in met die nuwe strukture nie… Jy kan net iemand mentor as hulle WIL… Vandag is die WIL net om te loaf en te spend…

Meinung ·

Well said. However, she most probably does not have the capacity to feel guilty and bad. Her ANC mentality is one of unfairness and discrimination. She learned nothing from Walter Sisulu and his wife.

Inkpot ·

Net gister het Ramaphosa voor die Zondo getuig dat hy bewus is van die onbevoegdheid in Suid-Afrika.
Hoekom tree hy nie in nie? Hy kan mos sien waarop die ding afstuur.

gatgogga ·

Cyril hou ook nie van blankes nie. Rassisme gedy sedert hy in bewind is.

Aggie ·

Ek stem 100% saam. Ons sit in ‘n totale krisis, maar sy speel die raskaart.

Kokerboom ·

Hierdie arrogante vrou irriteer my grensloos. Sy matig haar aan om te maak en breek soos sy lusvoel. Mnr Ramaphosa sal geen vinger teen haar lig. Sy verbeel haar sy is SA aristokrasie. Wat sy kwytraak is beledigend en absolute twak!!

JM ·

Ja, Sisulu, dit is “payback time” aan die Kubane, en wat volgens jou AD INFINITUM sal voortduur. Die land is sogenaamd bevry van apartheid, maar gedompel in die grootste gemors en ellende in sy geskiedenis! Dalk moet die wonderlike Kubane dít ook kom regstel.

Andre ·

Ja die ding oor terugbetaal. Gewoonlik as mens iemand iets skuld word die bedrag bepaal en die terme wat vir beide partye aanvaarbaar is. Soos ‘n saketranaksie of banklening. Almal sal in die gees van wat ookal saamwerk as dit bekend gemaak word totdat die skuld betaal is. Daarna is dit mos klaar. ander sal ons os nie vorentoe kan gaan nie.

Werner ·

Dink ons is almal onosel sy leer mooi by Cyril.Dink almal moet hul dagdrome glo.Hierdie land sal nooit verbeter nie ons sal daadwerklik daaraan moet dink om af te stig as volk.Dit is n beter opsie as hierdie pad na selfvernietiging.

Jaco ·

Ons sien mos nou almal dat dié non-racial, demokratiese en gelyke SA nie werk nie. Oorweeg die volgende:
Vat wit mense se stemreg weg. In ruil daarvoor, verslap regstellende aksie en BEE so ‘n bietjie. Gee dan jobs om SA weer reg te kry (watee, eskom, treine ens) vir wit mense.
Die ou Turkse Ryk het so ‘n soort beleid gehad. Die 2 minderheidsgroepe bestaande uit Jode en Christene het minder regte as die Moslem meerderheid gehad en hulle belastings was hoër as die Moslems s’n. Hulle kon net op sekere plekke gebly en hulle kon net sekere soorte werk doen. MAAR met dít wat hulle wel kon doen, het baie van dié Jode en Christene skatryk geword.

Feite ·

Dis nog niks, nou net vanoggend gehoor B-BBEE gaan nou in ons kele afgedruk word anders kan ons Maatskappy nie toe gelaat word om te recruit nie.

Marius ·

Me Sisulu , jy kan mense oplyding gee maar dit is nie te se hulle gaan die werk REG doen nie . Daar is baie mense wat die beste oplyding kry en nogsteeds nie die werk REG doen nie .
Moet die handjie vol belasting betalers nou nog boet omdat jy die Kubane wil terug betaal omdat hulle die anc gehelp het in die apartheids jare , ek vra maar net .

Fedup ·

They are here to do what now?
Honestly women, do we look daft to you?

Hoopvol ·

They are here to CREATE JOBS. (For Cubans.)
After all, who would oversee the jobs here from a communist perspective better than they could?

South Africa needs to keep Cuba survive, in order to become more like them. Scary reality of ANC government…

Jessey ·

Wel hulle “onbaatsugtigheid” word nou goed beloon, wonder of die Guptas ook onbaatsugtig was.

Min Sisulu is besig om haarself te vertroos sodat sy beter kan slaap. Tenders word uitgestuur met minimum BEE vereistes, maak nie saak of daar 50 Ingeneurs by ‘n maatskappy werk en hulle is swart nie, as die maatskappy nie 180% voldoen aan BEE vereistes nie, dan oorweeg hulle nie eers die tender nie.

180 gese tong in kies, want toe ek op skool geleer is, was 100% nog 100%, nou is 25 – 30% slaag.

Anyway, nie alle Ingeneurs is wit nie, en ek glo dat Solidariteit nie net die name van Blanke Ingeneurs deurgegee het nie.

Dis tyd vir die ANC om wakker te skrik en te leer uit SA se Geskiedenis.

Om die land welvarend te maak, het hulle nodig om bekwaamheid in die land te hou, en so ook die finansies van die land.

Maar nou ja dis wat gebeur as Politikuste dink hulle kan besighede bedryf. Los besighed vir die bedigheidsmense en gaan drink julle teetjies by die Diplomate.

Edward Donald ·

Cuba se werkloosheid syfers is veel hoër as SA ‘sn.
Cuba se water & riool stelsels werk nie.
Armoede & hongersnood is erg in Cuba.
Ongelykheid bestaan ook tussen die rykes & nie so rykes in Cuba
Hierdie Sisulu meisie besef sy het geflater en nou suig sy hard op die strooi om allerhande redes & verskonings te bied.
Plaas sy ons gelukkig maak en bedank en trek Cuba toe. Smaak my sy het baie pêlle daar

Aggie ·

Ons sal so bly wees en sommer haar eenrigting vliegkaartjie betaal!!!

Nie Verbaas ·

Die ANC narre wat Kubane invoer wat nie eers hulle eie land se wateringrastruktuur kan uitsorteer nie. Dan mentor hulle nog swart vroue ingeneurs gedurende n vorige rondte en water chaos duur nog steeds voort.

Androclus ·

Ag tog die arme ministertjie het nie’n idee van werkskep nie.

Kaal Keiser ·

As hulle wit ingeneurs gebruik moet hul erken hulle het die kennis en hulp van wit mense nodig…
Vir R 65 milj kon jy ‘n hele paar SAkaners werk gegee het.

Wakkerslaper ·

Kom ons wees nou maar eerlik – Kuba soek vergoeding vir al die steun wat hulle die kommunistiese anc gegee het vir hulle terreur veldtog gedurende die 1960’s – 1990’s. Net soos die Russe en Chinese…

Dup ·

Die minister voer seker haar pruike en vals naels ook in vanaf Kuba….

Wakkerslaper ·

Regstelling: “die stryd teen apartheid” moet lees “kommunistiese terreur aanslag teen Christelik-Westerse beskawing, normes en waardes”

Carel Aaron ·

Eerste wat ek lees is swart vroulike ingenieurs. So rasbeheptheid en apartheid vier hoogty. Dit terwyl daar 200 plus wit en minder swart bekwame mense in SA is, maar hul kleur diskwalifiseer hulle om die gemors reg te maak soos dit 27 jaar gelede was.

Andre ·

Ek skud elke keer my kop in ongeloof as ek die woorde “om werk te skep” lees. Geen werk kan geskep word deur enige regering nie. Net deur die privaatsektor te ondersteun kan besighede mense aanstel wat hul bydrae in die vorm van belastings aan die fiscus gee (word eintlik gevat en gemors), maar dis ‘n ander punt. Elke werk wat die regering “skep” neem eintlik een weg. Elke tender wat aan ‘n kansvatter gegee word neem nog meer werke weg en ontneem die staat van inkomste. Maar nou-ja ek preek seker vir die gelowiges.

Francois Le Cochon ·

Gaan die kubane ook vir die mense moet leer hoe om n kraan toe te draai? , of gaan die tutor opleiding nie so gevorderd wees nie?

Renier johannes ·

Bee gaan ons land laat sink word waker in die parlement

Pieter ·

Hoekom is ons wit mense se belasting geld dan goed genoeg. Ons kla elke dag maar ons doen niks daar aan nie. Tenminste kan die swartes saam staan en ons nie. Dit is hoekom die siek ANC met ons maak soos hulle maak. Hulle blankes weet ons blankes praat net.

Suzette ·

Nog ‘n kader wat nooit aangestel moes gewees het nie – …..

Meinung ·

Die slinksheid van ANC-maghebbers is verbysterend. Hulle het so hoog opgegee oor demokrasie, maar noudat hulle die mag het, het hulle van rigting verander en diskrimineer onbeskaamd teen nie-swartes. Wat ‘n verwerplike manier van doen.

Carel Aaron ·

CR het juis gister by Zondo erken hul swart bemagtiging het gefaal. Hy het ook gesê selfs wit en bruin bekwame mense moet nou aangestel word. Smeer hy heuning om ons monde?

Meinung ·

Ja, mens wonder altyd oor die opregtheid van ANC-mense. Die enigste bewys is wanneer ons dit in dade sal sien. Ek twyfel egter.

koos ·

Vra vir Piet Retief wat hy dink van CR se stelling, as mens kon.

Dirk Mostert ·

Sy is ‘n polities -en gender-korrekte aanstelling.

Tanniepetoors ·

Nee man Louis, dis ‘n retro-haarstyl. Dertig jaar gelede het ek en baie ander jong wit vroue ons hare (ons eie darem) naastenby so gedra. Darem nou nie heeltemal so wyd en groot nie. Baie het hul hare permanent gekartel om dit so te kon dra. Was een van die “in” style.
Sal ons vir onse Julius sy kommentaar vra?

Cd ·

Kan een mens so baie onsin praat?
Sisulu het geen benul van ingenieurswese nie.
Dankie Afriforum , ondersteun julle 100%

Johann ·

So lees ek die een se laaste paragraaf en TADA!!!!! Dis PRESIES waar die ANC terroris organisasie staan met n hele paar mede terroriste. Skuld mekaar oor en weer “vergoeding” vir wedersydse opleiding en support rondom bom bou en plant, moord, verwoesting, armoede skepping, korupsie, massa manupilasie. Ens ens.

Anoniem ·

Ons sal seker eersdaags lees oor Kubaanse militêre personeel wat die SANW gaan kom oplei. Hou maar dop, dis oppad.

Adam Adriaan ·

Laas toe ek in Cuba getoer het het ek verneem dat die hoofvakke van ingeneurs/dokters ens daar is stillees en hoofrekene. Weet nie vir wie hulle wat wil kom leer nie. Die slaag punt daar is 35%.

Margaret ·

Dit is n skande dat sy liewer Kubane sal aanstel as wit Suid-Afrikaners. Hierdie rassisme moet end kry.

Mariana ·

Die vrou laat my vreeslik lelik praat. Sy stel Kubane aan omdat die plaaslike goed gekwalifiseerde ingenieurs wit is. Sy is ‘n rassis en veel meer. Waar is haar “gekwalifiseerde” swart vroue dan nou? Ramapoza sê iets verskrikliks het fout gegaan, kyk net na jou ministers en julle ANC ideologie dan sien jy hoe verkeerd als gegaan het. Die vrou kry verseker ook haar “cut” van daai R65milj. Die land is reeds ‘n gemors en dit gaan nie beter raak nie.

Jr ·

Ook een van daai soos ministar van transport wat “diens- LOL” in elke dept wat daar is gedoen en nie ‘n sukses van enige een gemaak. FAILURE

Robert ·

Sy lieg soos ‘n tannetrekker! Ons het mos ons eie kundiges wat kan mentor!

Genis ·

Kry n Kubaan om jou kapsel te sny, dalk sal jou oge oopgaan… Weer n manier om te verdoesel….

Inkpot ·

Dis tyd dat minister Sisulu internasionale nuus lees en TV kyk
Christiane Amanpour, wereldbekende joernalis en nuusanker het onlangs berig hoe haglik die watertoestand in Kuba is.
In sommige dele word water met waterkarretjies aangery.
Of dalk is minister Sisulu wel op hoogte van die nuus en glo dat waterkarretjies die nuutste tegnologie is.
Moet mens lag of huil?

Aikie ·

Die probleem is klaar opgelos. Die Kubaanse ingenieurs gaan ‘n “low-tech” oplossing in die land teweeg bring. Hulle gaan elkeen’ n emmer gee en sê jy moet jou eie water gaan haal. PROBLEM SOLVED!

Elize ·

So omdat jy wit is mag jy nie werk nie? Hoeveel van ons wit ingenieurs verskaf werk aan duisende swartmense? Sy is en bly ‘n rassis!!

Elize ·

Mentor?… of oppas sodat hulle hulle werk doen. Want die probleem is nie kundigheid nie. En wie het goedkeuring gegee vir so n sinnelose besluit, of kan sy alleen besluit oor dit

LANA is ELANè ·

Ja Nee, so tipies, “baantjies vir boeties”, of hulle nou kan of nie kan nie, dit is irrelvant.
Hulle is ons broers en ons sal ten koste van plaaslike kundigheid hulle gebruik, maw een vd dae sal ons ook aangewese wees op beurtwater en in sommige gevalle water wat in donkie karre by huise afgelewer word.
Ek hoop ander politieke partye kan ‘n stokkie voor hierdie duur invoerproduk se werksaamhede sit, want dit is onsin en ‘n klap in die gesig van ons eie kundige mense.

Madz ·

….wat ek eerder graag WIL sê oor die…. die…. VROU is nie geskik vir sosiale media en -nuus nie! Hoewel ek glo daar is duisende meer daarbuite wat NET soos ek voel!!

Jakes ·

Nog n persoon wat totaal onbevoeg is om enige pos in die parlement te beklee. Ek skaam my vir haar.

Estelle ·

Dit sal ‘n ongelooflike nederlaag vir haar wees om Suid-Afrikaanse ingenieurs, wat jare lank stelsels aan die gang gehou het, te moet in diens neem. Dit sal amper ‘n erkenning wees van die onkunde wat tans in diens is. Nou neem ons maar nog meer onkundige mense in diens vanaf ‘n land waar stelsels net so uitmekaar en nie-werkend is om nogal op te lei ook, sodat ons nog meer onkundig kan wees in die toekoms.

koos ·

Dear Madam, may I respectfully suggest that you urgently make an appointment with one of your local Cuban doctors to treat your delusion state of mind!

Hennie ·

Daar is min individue van die regerende party elite wat blankes so verpes as liewe tannie Lindiwe… Regte rassis

Michael ·

Die vaardigheid van wit mense word nie erken nie. Op die anderkant probeer hulle vir Kuba help, want daardie land is bankrot.

Jakkelsjagter ·

Mens kan net jou kop skud en laat sak in skaamte en hartseer. Die eens magtige Suid Afrika is nou die wereld se proefkonyn en natuurlik sal hulle nie erken dat hulle eksperiment n masiewe mislukking was nie. Om ander pad te kyk en die dinge nie te sien nie vat nie die probleem weg nie. 2 negatiewe maak nie altyd n positief nie. Om een land wat sukkel met n verouderde stelsel in te bring Om n ander land se sukkelende stelsel te kom sorteer. Wat n grap. Wat het Kuba gedoen in die tyd onder Fidel Castro? Presies wat Suid Afrika gedoen het onder die ANC…NIKS. geld gemors en speletjies gespeel

Martie Smartie ·

Die arme siel moet die Kubane nou terug betaal vir destyds. Dis n vrugtelose uitgawe.

Martie Smartie ·

Laat diegene wat voordeel getrek het uit die bevrydingstryd se geld betaal vir die Kubane. Diegene soos ek wat net benadeel is die afgelope 27 jaar, ek het geen skuld aan die Kubane gemaak nie, so my belasting is nie vir hulle bedoel nie.

gatgogga ·

Slegs vyf maatskappye het aangebied om die werk te doen?
Was een van hulle Kuba?

Astrain ·

Lindiwe Sisulu – you are a disgrace and further proof of the racist BEE CADER deployment. Communist Cuba Communist ANC.

Inkpot ·

Wat ‘n skande en vernedering dat Suid-Afrika met so ‘n minister sit.
Enige eerste wereld land sou lankal ontslae geraak het van iemand met so lae kennis in so posisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.