Kyk: Bok-video’s trek trane

‘n Skermgreep van die video wat op die Springbokke se Youtube-kanaal geplaas is.

“Vir my kinders. Vir mammie. Vir tweede kanse. Vir dié wat voor ons hier was.

“Vir Suid-Afrika.”

ʼn Reeks video’s wat die Springbok-rugbyspan die afgelope paar dae in die aanloop tot die Wêreldbeker-rugbytoernooi gedeel het, het ondersteuners hoendervleis laat uitslaan en soms selfs ʼn traan laat pink.

Die reeks van vyf video’s met die titel “Vir Suid-Afrika” is op sosiale media gedeel en wys verskeie van die Springbokspelers wat die Wêreldbeker om die beurt aan iemand of iets na aan hul hart opdra.

“Vir oupa,” sê Steven Kitshoff.

“Vir Os, vir Beast, vir Bakkies,” sê Franco Mostert.

“Vir Bredasdorp en die hele Karoo,” sê Frans Malherbe.

Sommige Bokke dra die Wêreldbeker op aan hul geboortedorpe, of die skole waar hulle gematrikuleer het. Ander verwys na Nelson Mandela of “Shosholoza”.

“Hierdie het my letterlik laat huil. So kragtig en eerlik. Ons ken hierdie plekke en weet waar julle vandaan kom en hoeveel julle moes opgee. Ons is lief vir julle Bokke en sal altyd by julle staan,” skryf iemand onder aan ʼn video wat op Instagram gedeel is. Die video het Woensdagmiddag, vyf uur ná die eerste plasing, reeds meer as 12 000 “likes” gekry.

“Ek kry elke keer hoendervleis” en “Bring hom huis toe boys” is van die ander kommentare wat onder die video verskyn. Van die kommentare was selfs van ondersteuners uit Nieu-Seeland, Australië en Japan.

Die Springbokke speel Sondag hul eerste wedstryd van die toernooi teen Skotland.

Kyk hier na al vyf die video’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Euodia ·

Moenie die AB onderskat nie!!! Hulle kan enigetyd ‘n silwerblaar uit die hoed pluk. Wen of verloor my hart is by hulle …ek hou van swart. Kom boys wys jul swart kleure. Haka haka ????????????????????????

George ·

Ongelukkig is uitsaai regte baie belangrik vir sport, of dit nou rugby of krieket of sokker is. Mens moet betaal om te kyk. Ons kan bly wees ons is nie PPV soos in Amerika nie, dan gaan bitter min mense dit kan bekostig.

Papsak ·

Moenie te vol van julle self raak nie bokke kyk rond ek staan vir AB hulle is ysters en mag maar speel ons is stil maar hou ons dop ALL BLACKS bo kom wys julle HAKA HAKA silwervarings bo !!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.