Laerskoolseun doodgeskok

Pedré de Beer (Foto: Verskaf)

Laerskool AG Visser in Heidelberg is in rou gedompel ná die dood van Petré de Beer, ʼn gr. 6-leerder aan dié Gautengse skool.

Petré (11) is Maandagaand dood toe hy by sy ouerhuis in die Rensburg-omgewing in Heidelberg doodgeskok is.

Elzona Meyer, paramedikus van Heidelberg Medic Volunteers, het gesê Petré se ouma het hulle om 20:42 verwittig dat daar ʼn fratsongeluk was en dat haar kleinseun nie asemhaal nie.

“Ek het haar toe oor die foon begelei om kunsmatige asemhaling toe te pas,” vertel Meyer. Netcare911 is intussen ontbied en het ʼn helikopter op bystand gesit.

By die paramedici se aankoms op die toneel het Petré op die gras gelê. Hy het nie asem gehaal nie en daar was ook geen pols nie.

“Nadat paramedici vir lank kunsmatige asemhaling probeer toepas het, is hy op die toneel dood verklaar,” sê Meyer.

Laerskool AG Visser het in ʼn verklaring op Facebook sy medelye met Petré se ouers, sussie en familie betuig.

“Dis met leedwese dat AG Visser verneem het van Pedré se skielike afsterwe. Ons innigste simpatie gaan aan sy ouers, sussie en familie. Ons bid dat die Here hulle deur hierdie hartseer tyd sal dra.”

“As ek aan Pedré dink, sien ek daardie vriendelike sproetgesiggie met sy stoute glimlag. Ons het Pedré baie geniet. Hy was lief vir sy rugby. Dit was ʼn voorreg om hom te kon ken,” het ʼn persoon op die skool se Facebook-blad gesê.

Meyer, wat al lank ʼn pad saam met die familie stap, sê hulle is tans besig om begrafnisreëlings te tref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rodger17 ·

Innige simpatie vir familie dis altyd tragies en hartseer as so jong kind sterf.Baie sterkte en God se rykste seën vir famile en ouers.

Cecil ·

Dit us baie sleg in die tyd. Sterkte vir die familie en vriende. Sou graag woy weet hoe die ongeluk gebeur het.

johanf ·

My innige simpatie, woorde ontbreek my, mag die Here Sy Hand van Vertroosting oor die ouers, familie vriende en kennisse hou…… Baie Sterkte.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.