Len kan nog nie vrae antwoord – Opod

Len Cloete. (Foto: Facebook / Len Cloete)

Die beseerde Len Cloete het nog nie genoegsaam herstel dat hy vrae kan beantwoord oor wat die noodlottige aand van die skietery in Muldersdrift gebeur het nie, sê die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod).

“Sy toestand het wel ʼn bietjie verbeter en hy is nou in staat om self asem te haal en sy oë nou en dan oop te maak,” het Grace Lange, woordvoerder van Opod, gesê.

Maroela Media het Vrydag berig dat Cloete vir die eerste keer in meer as ʼn maand sy bewussyn herwin het.

Langa sê Opod win advies van Cloete se dokters in oor wanneer die regte tyd sal wees om met Cloete te gesels en sy verklaring af te neem. “Ons sal wag totdat dit vir hom moontlik is om te onthou en te verduidelik presies wat die dag van die skietery gebeur het. Ons wil nie druk op hom plaas nie, aangesien wat ook al hy sê onder eed sal wees en in ʼn hof gebruik sal word. Ons moet dus geduldig wees,” het Langa gesê.

Die Cloete-egpaar was op die betrokke dag in November saam met twee vriende by die Misty Hills-gastehuis toe ʼn argument tussen hulle en die bestuur van die gastehuis ontstaan het. Die polisie se hulp is ingeroep. Cloete is in dié kamer ten aanskoue van sy vriende en polisie geskiet nadat hy self ook ʼn vuurwapen rondgeswaai en op die polisiebeamptes geskreeu het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

annie ·

Mmmm… Wanneer is druk, druk? Twee ouens met hoede op in die Wilde Suide… Een is glo nooit verkeerd nie.

Jeepie ·

Nogal gedink hulle so genoeg video materiaal en verklarings van die personeel, SAPS en sy familie/vriende hé om die saak klaar te maak.

MakersMark ·

Al sê hy nie ‘n woord nie die video het tog die gebeure redelik duidelik vasgevang.

Perdeby ·

Dit is net logies dat hy nog nie sterk genoeg is om vrae te antwoord nie, maar die video vertel sommer die hele storie.

Ronel ·

Ek kry Len se familie baie jammer. Ek hoop hy herstel volkome twv sy familie. Al gebeur wat . Hy bly nog steeds ‘n man, ‘n pa n familie lid.

Pieter ·

Hoop jy het dieselfde deernis teenoor plaasmoordenaars en plunderaars.

Knormoer ·

As hy hom gedra het soos n man en pa sou ons nie nou van hom in die nuus gelees het nie

Vlooitjie ·

Dis bietjie “stereotype” . Hoe lyk moeilikheid makers?

Pieter ·

Dis verstommend hoe baie mense hier die dronkgat se gedrag ondersteun.

Mariaan ·

Mooi Pieter..ek stem saam met jou…feite is feite…mens weet hoe om jou te gedra..of nie…punt

Pieter ·

LoL. Ek assosieer my nie met sulke buffels nie. Gaan kyk die video as jy wil ien hoe jou volksgenote optree.

Vlooitjie ·

Ek dink nie mense “ondersteun” sy aandeel in die hele situasie nie, maar daar is mense na aan hom wat swaar trek ongeag.

Hoekom ·

Los vir Pieter, hy is ‘n troll wat onder die brug van MM sit en wag om mense te beledig wat nie sy opinies deel of saam met hom stem nie…

Pieter ·

Elke mens is geregtig op sy/haar opinie. Hoekom? Dis nie meer pre ’94 waar almal gesensor is nie. Capich?

Sean ·

Hoop hy herstel volkome dat hy gaan verduidelik hoekom hy gee respek vir die SAP het nie

Onnie ·

Met daardie stelling gaan jy moeilikheid optel in SA my vriend. Niemand hier hoef te verduidelik hoekom hulle geen respek vir die polisie het nie – Actions speaks louder than words!

Laeik ·

Net n idioot raak in n straat geveg met die polisie betrokke…

Pieter ·

Daardie eenvoudige reël geld wêreldwyd oor die jare heen. Sou hy dit in die vorige bedeling gewag het?

Jeepie ·

Ja. Sien al die kommentare. Die waarheid sal wel uitkom. Ek hoop dit gaan goed met hom en sy familie. Die probleem met die goed in die media is dat alles sal uitkom. Goed of sleg.

Jeepie ·

Ja. Gesien. Maar daar is altyd meer. Dit was maar deel van daai aand. Seker daar het baie ander goed ook gebeur. Hoekom sou die hotel die SAPS bel? Iets moes tog gebeur het.

Vlooitjie ·

Los die gereg om sy gang te gaan, jou oordeel het geen inpak nie.

nikkel ·

Ek hoop hy hestel volkome.
Hy was verkeerd deur sy tipe gedrag.
Ek is nie oortuig daarvan dat die situasie professioneel deur die polisie benader was nie.
Die blote feit dat hy daarin geslaag het om die vuurwapen van ‘n polisielid af te vat is ‘n probleem. So iets moet vermy kon word deur die lid se opleiding. Beter opgeleide polisieman sou hom geskiet het voor hy die wapen kon afneem. Indien hy reg benader was sou hy dalk nie probeer het om die wapen af te neem nie.
Om met dronk mense te argumenteer is natuurlik ook meestal futiel.
As hy nie met die opdaag van die polisie ‘n gevaar ingehou het nie, moes hy dalk gelos gewees het om sy roes af te slaap. Het lank gelede gesien hoe ‘n sterkman die oggend na sy manewales gearresteer is. Was toe so mak soos ‘n lammetjie toe hy besef het in hoe groot moeilikheid was.
Al wat ek probeer sê is dat niks so eenvoudig is as wat dit party keer voorkom nie.

Richardt ·

Ongelooflik die venyn teen ‘n volksgenoot.
Hy het hom wel onnosel en arrogant gedra, maar ek sien gereeld vele wat enige tyd net so en meer onnosel en arrogant is.
Die verskil is dat niemand hulle met kopskote takel en dan verskoon word, omdat die buffel dit verdien het nie.
Die goddelose wetgewende en uitvoerende gesag van hierdie land, vervolg boere wat hulself en geliefdes en eiendom, teen bendes gewapende plaasaanvallers -terroriste- verdedig. Teen hierdie moordenaars, wat kom om te martel, verkrag en roof, moet daar egter met omsigtigheid en deurlopend redelik op getree word!!!
Maar julle wil dit goedpraat dat ‘n arrogante, dronkie met oormatige selfvertroue in die kop geskiet word?
Wat is fout met julle?
En nee, die video vertel nie die hele verhaal nie… Wat het hierdie oorreaksie uitgelok?
Gebalanseerde denke…?

Pieter ·

Sulke mense is nie my volksgenote nie. Ongeag wat vooraf gebeur het, sy gedrag is banaal en hy hoort nie in die sameleweing nie. Pleit jy dielfde vir jou volksgenore wat mense koelbloedig vermoor het? Daar is baie.

Richardt ·

Goed en sleg is jou volksgenote. Dis nie binne jou mag om te kies nie…
Laas toe ek gekyk het was die hof van openbare opinie onderskik aan die geregshowe…
So wag maar vir regsuitspraak!

Richardt ·

Boodskap aan MM,
Elke inset van my is feitlik gedrewe.
Nogtans blyk dit asof die feite julle sensors aktiveer, wat die een na die ander van my insette laat verdwyn.
Doen my ‘n guns en verwittig my as julle eintlik net ‘sepie’ insette en sosiale media skinderbenaderings verkies.
Dan kan ek ophou my tyd mors om feitlik en gebalanseerde volksgedrewe insette te lewer en eerder my tyd elders gaan verwyl.

Esme ·

Len Cloete, alle beterskap! Die video verklap heelwat, maar die saak is vir my steeds net so onduidelik soos Misty Hills homself. Ek het met geleenthede as fotograaf opgetree in die spesifieke omgewing, nie spesifiek, Misty Hills nie, en soms was die diens traag, die personeel onbehulpsaam en onprofessioneel en die hele omgewing was volgens my, buitensporig duur en nie ‘n plesier om in te werk nie.

kolonel ·

So omgewing darem, ai ai. Watter omgewing beveel jy dan aan vir die mense ?

Elize ·

Weet nie wat die ou gedink het nie maar my gesonde verstand se vir my as ek n wapen rondswaai en n polisiebeampte se wapen gryp is daar n 99% kans dat ek geskiet gaan word. Net in die movies kan jy sulke goed doen en niks oorkom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.