Liggaam naby rivierwal in Jagersfontein gevind

Die wal van ’n myndam het op 11 September gebreek.(Foto: Verskaf)

Die liggaam van ’n man wat vermoedelik meegesleur is toe ’n slikdam in Jagersfontein in die Vrystaat gebars het, is naby ’n rivierwal op ’n plaas in dié omgewing gevind.

Die kantoor van die Vrystaatse premier sê die plaas is sowat 16 km van waar die ramp op 11 September plaasgevind het, geleë.

“Die onbekende man se liggaam is deur ’n verbyganger aangetref en die nooddienste is ontbied.

“Volledige forensiese en patologiese toetse moet nog op sy liggaam gedoen word, asook toetse in samewerking met potensiële familielede om die man te identifiseer.”

Maroela Media het op 17 September berig dat ’n 50-jarige vrou en ʼn 70-jarige man ná die ramp nog vermis word. Dit is egter nog onbekend of die liggaam wat gevind is, dié van die 70-jarige man is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.