Ma glo in motor verwurg

Kavitha Nerputh (41). (Foto: Facebook)

ʼn Sakevrou en ma van drie is oënskynlik in haar motor in ʼn straat in Pietermaritzburg vermoor.

Die vrou is as Kavitha Nerputh geïdentifiseer. Haar liggaam is Maandag om 19:30 in haar motor in Alexandraweg in Scottsville ontdek.

“Die 41-jarige vrou is vermoedelik verwurg. Die motordeure was gesluit en die polisie moes ʼn agterdeur oopbreek om die liggaam te verwyder,” het kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, gesê.

Tientalle boodskappe van medelye is intussen op Nerputh se Facebook-blad geplaas. Haar dood is beskryf as ʼn groot verlies vir haar familie en vriende.

Die Alexandra-polisie ondersoek die voorval, maar niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie, het Mbele gesê.

The Witness het berig volgens ʼn bron was Nerputh netjies geklee in ʼn swart broek en formele bostuk, hoëhakskoene en juwele. Haar handsak, beursie en juwele was volgens die koerant onaangeraak.

Die koerant het verlede jaar ook berig Nerputh het ʼn beskermingsbevel teen ʼn voormalige vriendin gekry, nadat dié vals profiele op Facebook geskep het waarin sy onder meer na Nerputh as ʼn prostituut verwys het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

toy ·

Begin by die (vriendin), nee wat sulke vriendinne het mens nie nodig wat jou so sleg maak nie.

Joesi ·

@Watse Sake – enige entrepreneur word beskryf as n sake man of vrou.

Perli ·

@WatseSake, jy is die toonbeeld van Saffa, daar is n moord maar jy soek eers die fout by haar sake.

Karli ·

@Watse sake, en vra jy na n plaasmoord – “hoe het hy sy werkers hanteer?” Ek betwyfel sterk.

Lielie ·

Die sakevrou se bedryf waarin sy sakebesigheid gedoen het, was verslankingstee –
Foreverwell Tea

Cuppa ·

The slimming tea bussiness is a dangerous industry , no matter how you look at it , what about the kids ?

Annelize ·

Die tipe “sake” wat sy bedryf het, om jou onverbloemde katterige vraag te antwoord “Watse sake”, is ‘n Tee Verslankings besigheid.

Sandy ·

Ja nee, verwurging is persoonlik. Want ek meen, mens moet die persoon letterlik in die oe kyk as jy haar nie van agter verwurg nie, en wie kan dit sonder ‘n gewete doen. Maar die polisie sal eerste begin by die sogenaamde vriendin wat die strooi op Facebook geplaas het.

Mandy ·

Keprilisa, why always go the the Racist way…. yes if she was white the same questions would have been asked.

Sooo hartseer ·

Mense vergeet net 1 oomblik jul nuuskierigheid en rasisme storietjies. ‘n Pragtige vrou is skielik vermoor, sy het kinders wat nie meer hul geliefde Moeder het nie. Alles wat mense kwytraak is nie noodwendig rassisme nie, party mense het net baie meer vrye tyd as ander en raak vervelig. Party mense gaan soek die fout by die slafoffer………. Die “bottom line” is, niks regverdig die dood van ‘n ander mens, so dit maak nie saak wat sy gedoen het nie, sy lyk netjies en versorg haar kinders……..

Unbelievable ·

This was her husband, or boyfriend. The end. Disgusting that this is still happening in 2020. Possessive.

Pitbul ·

@ Ongelooflik. Nou veralgemeen jy. En dit sommer in ingels.

Michael P ·

Liewe vader mense wat maak ras nou saak dit is nog n suksesvolle mens wat vermoor is in SA.

Eish ·

n Vrou is vermoor en nou “worry” ons oor wat se besigheid sy bedryf het en wat se ras sy was. Probeer liewer die moordenaar opspoor.

Tweetie ·

Elke moord is onnodig. Sy het in die verlede n hofinterdik teen n gewese vriendin gekry wat vals profiele geskep het en haar daar beswadder het. Dit wil voorkom asof die vriendin baie jaloers was, en die lewe vir haar so onaangenaam as moontlik probeer maak het. Mens weet nooit, dit kan iemand anders ook wees.

PIJ ·

Dit maak nie saak wat se sake die vrou bedryf het nie. Sy is vermoor.

lali ·

Hoop jy rus sag. En ek vetrou dat die liewe Vader mooi na jou kinders wat ook sy kinders is sal omsien. Dis altyd so jammer om te sien al die lelike dinge.
Niemand kan ‘n klip gooi nie want elk van ons is skuldig aan een of ander sonde. Bid liefs vir jouself voor jy lelike dinge se.

Annelize ·

Begin soek by die voormalige vriendin, wat duidelik ‘n skroef los het.

RR ·

LALI stem saam jou.
Bid is die belangrikste aksie vir elke mm leser.. WANT..wat in jou gedagtes is, is die veiligste om dit deur die gees vertroulik in gebed oor te dra aan die Enigste Skepper van alle lewe. Sterkte vir wie dit nodig het in dié geval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.