Man in hof wat glo treintoerusting steel

Die hoekslyper waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ʼn 33-jarige man verskyn Maandag in die Kaapstad-landdroshof nadat gesteelde toerusting, wat gebruik word om treine in stand te hou, glo in sy besit gevind is.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder vir die Wes-Kaap, het gesê die man se inhegtenisneming volg ná ʼn gesamentlike intelligensiegedrewe poging deur die polisie en die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa).

“Die polisie het inligting opgevolg van ʼn tegnikus van Prasa wat glo toerusting en onderdele van treine by die Soutrivier-depot gesteel het,” het Rwexana gesê.

“ʼn Klopjag is by die verdagte se huis in Khayelitsha uitgevoer, waar die polisie op, onder meer, ʼn petrolaangedrewe hoekslyper afgekom het wat aan Prasa behoort.”

Die man is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van gesteelde goedere.

“Die diefstal van toerusting wat gebruik word vir die instandhouding van ons treine het ʼn groot bron van kommer geword vir owerhede. Dit het ʼn beduidende uitwerking op die volhoubaarheid van die verskaffing van openbare vervoer vir inwoners. Gelukkig kry die samewerking tussen die polisie en die publiek en ander rolspelers momentum,” het Rwexana bygevoeg.

Nóg toerusting wat gevind is. Foto: Verskaf

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lalie ·

Ag my aarde wat het hy nou gedink, het hy gedink hy gaan sy eie trein bo

Nadia ·

Goed so. Ek hoop dis die begin van nog baie wat aangekeer gaan word. Hierdie mense het geen idee watter chaos hulle veroorsaak vir pendelaars wat moet gebruik van trein dienste nie.

Piet Piper ·

75 jaar Tronkstraf vir hom…..soos wat met die Kabeldiewe gebeur het verlede week.

Theresa ·

Hoe het hy net gevat en geloop sonder dat ‘n wag of iemand hom kon voorkeer? Mens gebruik tog seker net die ding waar nodig en loop nie heeldag met dit rond nie??

marous ·

Hoekslyper om treine in stand te hou of hulle op te sny en vir skrootmetaal te verkoop?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.