Man sterf toe motor oor afgrond stort by Voëlklip

Voëlklipkrans (Argieffoto: ER24)

ʼn 50-jarige man is dood toe sy motor Donderdag by Voëlklip buite Heroldsbaai oor die afgrond gestort het.

Nooddienste is omstreeks 15:30 na die toneel ontbied nadat ʼn lid van die publiek die owerhede in kennis gestel het van die voorval, het sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder gesê.

“ʼn Soek-en-reddingsoperasie is van stapel gestuur en die liggaam van die man is gevind en verwyder.”

Die oorledene is van George afkomstig. ʼn Geregtelike doodsondersoek is geopen en die ondersoek duur voort.

In April vanjaar het verbygangers op ʼn bejaarde egpaar by die Voëlklip-uitkykpunt afgekom waar hulle op ʼn bankie gesit het wat oor die see uitkyk. Albei het skietwonde gehad. Die man is op die toneel dood verklaar en die vrou is na ʼn hospitaal gehaas waar sy ʼn paar dae later aan haar beserings beswyk het.

Jo-Anne Lourens (57) se liggaam is in Maart in die wrak van haar motor gevind nadat dit by die krans afgestort het.

In Februarie is die 33-jarige Conrad Maree dood toe sy bakkie by Voëlklipkrans afgestort het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Di ·

Dis tragies! Mense sit op moed verloor se vlaktes in die land. Dinge het absoluut hand uit geruk en mense sien nie meer kans om so te leef nie. Al hierdie selfmoorde moet voor die korrupte regering se voete gele word, HULLE is die oorsaak hiervan.

annie ·

Daardie uitkykpunt is asemrowend… Letterlik! Aaklig! Niks vir die oog nie, maar kom eerder ooreen met die uitsig van iemand moedeloos en desperaat op die twintigste vloer van ‘n ou gebou wat op die randstene waggel voor die val. Bou ‘n dik hoë skermmuur of die baaitjie sal verval tot ‘n armsalige hool vir kraaie en haaie en spoke!

Delia ·

Geen muur is nodig. Die ou wat wil selfmoordpleeg, sal net n ander plek vind.

Prikkie ·

Stem 100% saam.

Gaan kyk bietjie by die Van Stadens rivier brug na alles wat daar gedoen is en mense spring nogsteeds daar af, weliswaar minder in die laaste paar jaar.

Feit is, as jy by daardie punt is keer niks jou nie.

annie ·

Regoor die wêreld kry sulke plekke ‘n reputasie en stappe volg om dit te stop. Die plek is gevaarlik selfs for motoriste. Maak di toe. Daar is elders veiliger en mooier uitkykpunte of hou die omgewing van ‘n siek reputasie vir meer toerisme?

Delia ·

Annie, bedoel jy mense maak nie die pad toe nie omdat die reputasie van die plek goed is vir toerisme? En dat mense dan daarvan hou??

Shakespeare ·

Voëlklip eis baie lewens. Maak die plek veilig. Wie moet dit doen? Die burgers vd land want die ANC kan net korrupteer en die EFF kan net afbrand en verwoes.

piet ·

Die plek is veilig, as jy egter daar WIL verongeluk dan gaan jy. Geeneen van hierdrie gevalle gebeur daar “per ongeluk” nie.

Delia ·

Voelklip is nie die probleem. Veilig maak beteken niks. N persoon wat wil, sal net n ander plek vind.

Hennie Biebouw ·

Voëlklip is absoluut veilig vir mense wat nie daar wil af nie. Terloops, ek stem met jou siening van die ANC en EFF, maar in dié geval is die pad nie hul verantwoordelikheid nie. Die pad is op privaat grond.

Martie Smartie ·

En wie se vir julle slimmes die persoon het selfmoord gepleeg? Huh?

piet ·

Want bloot volgens statistiese data blyk dit dat die voorvalle nie sommer net per ongeluk gebeur nie, die betrokkenes laat dit gebeur. Die kanse dat dit selfmoord is soos gewoonlik, is dus uitstekend.

Jason ·

Dit is die realiteit van die wêreld waarin ons leef my vriend.

Erica ·

Dis so pragtig daar, en mens sal nie wil hê hulle moet dit heeltemal sluit nie. Kan die mense dan nie maar n muur daar bou nie?

Hennie ·

Met n muur sal dié wat wil selfmoord pleeg net oorklim en spring. Nie veel wat gedoen kan word om hulle te keer nie

Delia ·

Moenie my stenig, dis my opinie. Ons kan nie alles voor die deur van die ANC lê. Ons as Afrikaners moet meer betrokke raak by mekaar. Van ons mense weet nie eers wie jou bure is. Gaan klop ons ons aan die deur van die Tannie wat alleen bly en hoor of daar iets in haar huis stukkend is wat ons kan herstel? Klop ons aan die deur van die ou Oom wat alleen bly en gee n pakkie koekies, die enkel mamma/pappa wat alleen kinders grootmaak…..
Watter verskil maak ons aan mense se lewens? Dis soms die vraag wat ons moet vra.

melaney ·

Stem Delia. Vanoggend lekker gesels met ‘n vreemdeling in die winkel, net om uit te vind ons bly in dieselfde komplex vir die afgelope drie jaar.

piet ·

Delia jy’s reg. Persoonlike ondervinding is dat jy net die man is as jy goed doen. Wanneer die dinge egter moeilik raak, draai Afrikaners baie maklik die rug op mekaar, selfs familie want dan is jy mos ‘n “verleentheid”. Ons het baie om te leer om mekaar te ondersteun en ons sal dit moet doen. Die Indiers, Jode en Maleiers in SA doen dit al vir jare om hul eie te ondersteun. So byvoorbeeld: As jy ‘n klein onderneming het, neem net Afrikaners in diens en ons help mekaar. Ons kan nie meer anderkant toe kyk nie. Die wat kan, moet hulle “eie” nou ondersteun en help want niemand anders gaan dit vir ons doen nie. Ons word oral uitgesluit, dis nou “fight for survival”.

Delia ·

As ons ons vrede en geluk en vooruitgang oorlaat aan eksterne faktore, soos die ANC, gaan ons lank wag vir dit. Ons moet begin sorg vir ons naaste. Om die heel tyd vinger te wys, gaan niks veramder aan enige situasie.

MAGRIETHA ·

Sit kamaras op en sit swaar beton bariers op , laat daar toegangs beheer wees met sekere tye wat mense dit kan besoek en daarna sluit die plek toe, so daars oplossings hoeveel mense moet nog hul lewens da verloor

Delia ·

Soveel mense verloor hulle lewens opgehang im hulle eie badkamers.
Die media buit die situasie uit. As daardie man, daar afgery het as dit selfdood was, sou geen haan daarna gekraai het

Delia ·

Skuus, laat ek net my eie sin regmaak. As hy dit op n ander plek gedoen het het geen haan daarna gekraai. Media buit situasie uit

Delia ·

En wie moet vir dit alles betaal en die plek dan polisieer? As jy wil selfdood pleeg, sal jy dit doen

Martin ·

Ek het dit voorheen genoem en ek noem dit weer. Jersey barriers is die antwoord. Dit is goedkoop en vinnig om te installeer. Ek kan daai area beveilig vir motor voertuie binne 2 dae klaar en gedaan. So 5 flatbed trokke meg Jersey’s en 1 Hi-up is al wat ek benodig. (Ek sal dit gratis doen…)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.