Man tuis ná tref-en-trap

Dudley Cole kan eindelik by die huis aansterk ná ’n ernstige tref-en-trap ongeluk in Mei vanjaar. (Foto: Facebook)

Dudley Cole, die 35-jarige Johannesburgse man wat op 15 Mei vanjaar die slagoffer van ’n ernstige tref-en-trap-ongeluk was, kan eindelik by die huis aansterk.

Cole kan nog nie praat of baie beweeg nie, maar maak al oogkontak met sy geliefdes, onder wie sy vrou, Ilze, en seuntjie, Rogan.

“Ons is so bly dat Dudley uiteindelik by die huis is. Hy was so bly om almal te sien.

“Sy oë het Rogan die heeltyd gevolg,” sê sy suster, Candice.

Dudley Cole kan eindelik by die huis aansterk ná ’n ernstige tref-en-trap ongeluk in Mei vanjaar. (Foto: Facebook)

Sy sê dit wil voorkom asof Cole werklik ’n gevoel van rustigheid en vrede ervaar.

“Rogan is ook baie kalm en het begrip dat sy pappa nie in staat is om met hom te praat nie.”

Cole se kamer is ten volle toegerus om voorsiening te maak vir sy behoeftes.

“Dit was nogal ’n uitdaging om hom in sy kamer te kry,” skerts Candice.

“Nou begin die volgende stap in ons reis na herstel.”

Maroela Media het vroeër berig dat Cole ernstig beseer is toe ’n voertuig in Voortrekkerstraat in Roodepoort teen sy silwer Kia Rio vasgery en weggejaag het. Cole het gevolglik beheer oor sy motor verloor en is ná die ongeluk met ’n noodhelikopter na die hospitaal vervoer.

Dudley Cole kan eindelik by die huis aansterk ná ’n ernstige tref-en-trap ongeluk in Mei vanjaar. (Foto: Facebook)

Hy het onder meer breinbeserings opgedoen en sy long het platgeval. Cole het ook verskeie bene gebreek. Hy was bykans drie maande lank in ’n koma en was ook lank aan ’n ventilator gekoppel, maar haal nou self asem.

Hy moes die afgelope paar maande verskeie operasies ondergaan, onder meer om drukking op sy brein te verlig. Die afgelope maand is hy in ’n rehabilitasiekliniek behandel voordat hy Vrydag huis toe kon gaan.

Nog niemand is in verband met die tref-en-trap-ongeluk aangekeer nie.

Dudley Cole kan eindelik by die huis aansterk ná ’n ernstige tref-en-trap ongeluk in Mei vanjaar. (Foto: Facebook)

Die ongeluk het baie naby aan die plek gebeur waar Cole 12 jaar tevore in Ontdekkersweg (wat later Voortrekkerstraat word) van sy motorfiets afgery is. Die persoon wat destyds teen hom vasgery het, is nooit opgespoor nie en hy was toe ook geruime tyd in ’n koma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JM ·

Vertrou dat hy volkome sal herstel en dat die skuldige aanhgekeer sal word.

Yvonne ·

Arme man is al deur soveel….baie sterkte op die herstel pad

Blomme ·

Hor is dit moontlik dat hulle nogsteeds niemand opgespoor het wat weggejaag het nie… Teen so spoed moes die ander persoon se voertuig mos lelik beskadig wees wat dit maklik moes maak om hom te vind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.