Mbalula vergader met organisasies oor e-tol

Fikile Mbalula, minister van vervoer. (Foto: GCIS)

Fikile Mbalula, minister van vervoer, sal vandag met Outa en die AA vergader om hul sienings oor die e-tol‑stelsel in Gauteng te kry.

Mbalula het voer tans gesprekke met burgerlike groepe ten einde ʼn blywende oplossing vir die e-tol‑stelsel te vind.

“Ek loof hierdie organisasies nie net vir hul aktiewe deelname aan ons demokrasie nie, maar ook vir hul bereidwilligheid om my uitnodiging te aanvaar om om ʼn tafel te sit en die kwessie bespreek. Ons regering luister, gee om en is inklusief en ons verstaan wat die waarde van ’n maatskaplike komponent is om ’n beter Suid-Afrika vir almal te bou,” het Mbalula gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het vroeër vandeesmaand ʼn taakspan bestaande uit Mbalula, die minister van finansies, Tito Mboweni, en die Gautengse premier, David Makhura, aangestel om ʼn oplossing vir die krisis oor die e-tol‑stelsel te vind.

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het vroeër gesê sy nuwe navorsing wys Gautengse padgebruikers het geen voorneme om e-tol te betaal nie en dat dié houding waarskynlik nie gaan verander nie.

(Foto: ANA)

“Ons navorsing wys dat mense nie in die huidige omstandighede gaan betaal nie. Dit wys ook dat skuld nie ʼn rol speel in dié besluit nie: die meeste padgebruikers betaal nie omdat hulle jare gelede ʼn beginselbesluit geneem het om dit nie te doen nie,” het die AA in ʼn verklaring gesê.

Die AA se eie navorsingsverslag oor padfinansiering is pas vrygestel en die organisasie sê uit die bevindings is die enigste regverdige en verstandige ding om te doen om die e-tol‑stelsel in Gauteng op te skort en verbruikers wat sedert 2013 daarvoor opgedok het, terug te betaal.

Die AA sê hy vra weereens vir ʼn afgebakende e-tol‑heffing wat by die gewone brandstofheffing inskakel. Hy het destyds dieselfde gedoen toe die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) afgeskiet is.

Die AA glo steeds die heffing is die enigste regverdige en volhoubare manier om die projek te finansier.

Wayne Duvenage, uitvoerende hoof van die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa), het ook vroeër gesê die stelsel stort daagliks verder inmekaar en dat net sowat 20% van motoriste in dié stadium hulle e-tol‑rekeninge betaal.

Hy sê daar is ander maniere, onder meer die brandstofheffing en belasting, om paaie te finansier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Jessica ·

It’s there on the highway where you stop if you have toilet emergecy. Nothing else. You don’t have to clean up after yourself, just pull your pants up and go.

Dries ·

‘Two wrongs, dont make one right’ – maar, kan di Regering ni met dieslfde ywer, bv. di R17 Miljard wat Soweto aan Eskom skuld, invorder ni?
Dit kon hulle afgelope verlies, na “net” 6 Miljard verminder het…

Koos de Meyer. ·

Hoekom word die heffing in die brandstof nie gebruik vir die paaie nie. Ons betaal al lisensie geld ook ten duurste, waarom nog e tol. Waar gaan die heffing in die brandstof op hierdie stadium heen.

Pottie ·

Na die anc se sakke toe koos daar is geen hoop meer vir die land nie ons loop mos en slaap

Paul von Below ·

Hoekom gebruik hulle nie die e tol op provinsiale grense nie . Dit sal veel meer sin maak en die grootste padverwoesters sal betaal .

Louis ·

Mbalula het voer tans gesprekke? Twee buffels met een skoot dood geskiet fontein. LoL

AJ. ·

Hoeveel heffings moet ons nog op die brandstof en pad-ongelukke fons betaal. Die Taxi bedryf word telkemale van alles vrygestel met hulle brandstof subsiedies en al wat hulle kry. Selfs die De-merit punte stelsel gaan niks aan die taxi bedryf doen nie. Hulle is die grootste oorsaak van alle ongelukke en sterftes op ons paaie, maar die owerhede wil dit nie insien nie. Alle kom met altyd op die gehoorsame padgebruiker af.
Suid Afrika raak moeg hiervoor.

Kobus ·

Tito Mboweni en David Makhura sten nie saam oor Etol nie. Tito will net geld in order. Mbalula se stori van die Regering luister ma die mense laat jy dink aan ‘n Aprilgrap. Maar jy is bekend daarvoor. Dink Mboweni gazn vir hom luister . Hahaha hulle is darem vreeslik snaaks hierdie ouens.

Thinus ·

Vat eers al die heffings en belastings op die petrol prys weg, dan sal ek oorweeg om e-tol te betaal mits daar ‘n redelike plafon flak is asook dat almal, insluitende busse en veral taxis dit betaal. Maar ek weet dit sal nooit gebeur nie, so tol se hol.

Tiger ·

Ons bly in ‘n ander provinsie en ry bitter selde op Gautengse paaie so die e-tol ding is nie op ons van toepassing nie.Ons ry net deur en klaar en nie elke dag heen en weer nie.Nou moet ons betaal?Dit sal die dag wees!

Matt ·

Tiger indirek betaal almal aan die etol by wyse van verhoogde voedsel pryse ens.

Alex ·

Ek betaal vir jou provinsie se paaie ook! Nou wil jy hê ek moet dubbel betaal?

Bert ·

Kyk Tigertjie, as jy die beginsel van ‘gebruiker betaal’ op paaie wil toepas sal daar baie afgeleë dorpies wees wat glad nie teerpaaie of selfs grondpaaie het nie omdat die 100 of so inwoners dit nie kan bekostig nie.

DewaldS ·

Presies, Alex. Daai feit word nooit ge-opper nie. Daar is lang stukke paaie in die platteland wat deur bitter min mense gebruik word en die brandstofheffing uit daai motoriste op daai paaie sal nooit vir genoemde paaie kan betaal nie.

Thomas ·

Jy betaal indirek. Gauteng is die hartklop van ons ekonomie, Die kostes gaan deursyfer na jou,.

JoeV ·

Dit was ‘n gemors van die begin af, was net ‘n melkkoei vir die kaders, dis al.
En die sprake dat daar ‘n vaste maksimum bedrag sou wees was twak, my eerste rekening was oor ‘n duisend rand, en elke maand meer as ‘n duisend rand van toe af..

Hulle moet let op die spandeering van die petrol belasting ook, kort ook dringend aandag.

LK ·

Hoe kan hulle op ‘n reeds tol pad nog e-tol ook sit. Oppad van Roodepoort na Alberton kry jy 5 e-tol hekke dis belaglik. So as jy daai kant werk gaan jy deur 10 ‘n dag.

Talbot Van Rooyen ·

Etoll nog aangaan of nee? Ek betaal vir etoll maar ander mense nooit betaal nie wat is verskil. Moet ek stop betaal vir etoll of hoe?

Sonja ·

Ek het Des oorsee gegaan en my man het my tag van die kar afgehaal en gese nou is die klaar ek betaal nie verder nie, en as daardie koevert in die pos kom skeur ek hom net op in die begin skuldig gevoel maar nou voel ek n veer!! Sal dit nie betaal nie, soos iemand gese het ek het nie gevra daarvoor nie en ek het nie gese gee my skuld nie. En ek het vir niks geteken nie. My punt is nou of dit tol of etoll of wat ook al is waarom net op seker opritte is daar betaal punte, Zambezi en Stormvoel?? Waarom nie Atterbury en Lynnwood en Rigel en al die nie, My tolgelde per maand werk my R600 uit?? In die begin is die gerieflik want jy ry net deur, nou staan ek ook maar net in die tou. En ek het hope 10 en 20 en 50 sente, Nou spaar ek hulle tot ek genoeg het om n betaling te maak en kyk ek maak seker die bedrag is 100% reg en as hulle se daar kort dan se ek tel oor dit is reg! Dan laat hulle my maar ry. Wat amper erger is, is as jy in die tou staan en die kar voor jou kom by die betaal punt en soek dan eers geld!!!!!!!! SAL NIE BETAAL NIE.

JohanL ·

Ek was altyd onder die indruk met ‘n tolpad moet daar ‘n alternatiewe roete beskikbaar wees (gewoonlik die sogenaamde ou pad) vir diegene wat nie tolgelde wil of kan betaal nie. ‘n Goeie voorbeeld is die N1 tussen Jhb en Bloemfontein waar daar ten minste vanaf Parys suidwaarts ‘n ander opsie is. Die N3 na Durban het ook ander opsies – al is dit ‘n langer pad. Die padgebruiker se keuse is hier ter sprake.

Maar dan kry mens ook byvorbeeld op die N2 tussen Plettenbergbaai en Stormsrivier ‘n tolhek op ‘n stuk pad waar dit die enigste pad is. Die ou pad (Bloukranspas) is gesluit en gaan nie herstel word nie. So nou is daar nie ‘n ander opsie nie en dit is ook verkeerd in my opinie.

Die N1 rondom Johannesburg en Pretoria – dit is dan die “ou paaie” wat net opgegradeer is. Ek sien dit as “normale” opgradering met belasting geld wat ek as burger van SA verwag van die regering. En daarom sal ek nie e-tol betaal nie.

Sê net ·

Elke keer as ek hoor van nog ‘n taakspan raak ek naar. Dink dis ons land se nuwe nasionale sport

De Villiers ·

Mbalula bedank Outa vir hul bereidwilligheid om hul siening met die ANC te deel. Die teendeel is dat hierdie gesprekke met die ANC op dowe ore val, want hulle doen elk geval op die einde wat hulle goed dink, ongeag wat bespreek is. Hulle doen hierdie oefening net om almal te paai sodat hulle agterna kan sê dat hulle wel met alle rolspelers daaroor. Boonop s Mbalula dat die ANC luister. Dis nie die eerste keer dat hy nie die waarheid praat nie. Hy het destyds, toe hy nog minister van verdediging was, die versekering aan Suid-Afrikaners gegee dat hy sal sorg dat Grace Mugabe nie die land sal verlaat nie nadat sy vir Gabriella Engels met ń elektriese koord aangerand het. Nodeloos om te sê het sy dieselfde dag nog die land verlaat per vliegtuig.

Judge Dredd ·

“Ons regering luister, gee om en is inklusief” – Het iemand al soveel onwaarhede in so min woorde gese?

Leon ·

E-Tol is nie die probleem nie. Ek ry elke dag tussen Stormvoël en die Ou JHB pad. As die verkeer teen ten minste 100 tot 110 km/u beweeg het sou ek nie gekla het nie. Die verkeer bereik selde 25 km/u. verwag hulle ek moet betaal vir kruip werk toe en kruip huistoe. Nie in jou lewe nie. Dit is nie die geld werd nie. Vergeet dit. E-Tol moet weg totdat ons snelweë werklik snelweë word.

Thomas ·

Korrek. Dit gesê, dit sou nog erger gewees het sonder die nuwe paaie… Maar ek weier ook om te betaal.

Matt ·

Mbalula en die AA praat uit een mond. Plaas addisionele heffing op brandstof sodat Mbalula ook, soos hy nou die aand op TV gesê het, alle modelle taxis tot en met 2007 modelle, gaan “scrap” en die eienaars vir elke gescrapte voertuig R124000.00 gee om ‘n nuwe taxi aan te koop omdat die modelle voor 2007 verantwoordelik is vir te veel ongelukke en padsterftes…. hy is ‘n minister en weetb nie dat ‘n ongelul deur ‘n bestuurder van ‘n voertuig veroorsaak word en nie deur die voertuig nie. Waar gaan die geld vandaan kom? Nog heffings in die brandstof prys???????

maryann ·

Hoeveel wil die ANC nog inpalm vir hulself. Genoeg is genoeg, mense sukkel om van dag tot dag te leef met huidige kos en brandstofpryse dan moet jy nog ekstra heffings ook betaal a nee a vorder die geld van Soweto munisipaliteit in dan het jul genoeg

Gemaskerde_Sopbeen ·

“gee om en is inklusief” ….

ha haa haaa haa ha ha!! Oh, ek is jammer, was jy ernstig?!? Laat ek dan nog harder lag: HAA HAAA HA HA HA HA…….

Foxi ·

Julle kan doen en maak net wat julle wil……betaal sal ons nie!

Swanna ·

Hoekom net in Gauteng is e-tol en nêrens anders nie. In die wes-kaap wou hulle dit doen en is afgeskiet deur die publiek daar so hoekomk moet ons hierdie betaal sodat die ANC hoog geplaastes nog meer kan skep, hulle en hul kaders.

Suzette Geringer ·

Nou maar as jy luister – skaf e-tol af!!! Dit is wat die SA burgers wil he.

blouapie ·

Geld terug betaal wat deur die mense betaal is?????
Sien is glo!
Gedink ons is wetsgehoorsaam…… Net heuning om die mond.

H Klopper ·

Lekker vergader julle ouens…. daai koevertjie wat julle elke keer stuur om betaal te word gaan maar net terug na die rooi posbus by die kafee…nadat ek vooroo in groot swart letters skryf

” RETURN TO SENDER ”

..

Db ·

E-tol inwerk by die brandstofprys! Ek gebruik nie daardie paaie nie maar moet nou vir die regering se gemors betaal as hulle dit instel. Die hele land gaan betaal vir hulle onbevoegdheid om enigiets in sukses om te skakel. Groot sponse wat ons land probeer regeer en sit elke dag net en kyk wat hulle nog kan opslurp. Kan niemand sien dat hulle onbevoeg is om enigiets te bestuur – wat nog te sê van ‘n land

Annie ·

Ha ha… as die volk besluit het hulle gaan nie betaal nie is dit mos maklik. Skrap die gemors!
Ons almal betaal reeds genoeg! Alles is duur…. praat nie eers van brandstof nie.
Hierdie fatcats wil net oes. NO THANK YOU!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.