Mbeki praat oor ‘Kill the Boer’

Oudpres. Thabo Mbeki. (Foto: Thabo Mbeki Foundation)

Oudpres. Thabo Mbeki meen die sing van die Kill the Boer-lied moet nie geïnterpreteer word as ʼn opswepery om boere dood te maak nie, maar wonder tog waarom Julius Malema dit sing, aangesien dit geen meer politieke konteks het nie.

Mbeki het hom Donderdag hieroor uitgelaat tydens ʼn geleentheid by Unisa wat deur die Thabo Mbeki- Skool vir openbare en internasionale verhoudinge aangebied is.

Volgens Mbeki het die lied sy oorsprong as ʼn ANC-struggle lied en is dit vir die eerste keer deur die destydse ANC-jeugleier Peter Mokaba gesing. “Peter het gehou van daardie tipe ding, maar die lied was nooit baie gewild nie. Jy het dit amper nooit gehoor nie,” het Mbeki gesê. “Daar was nooit ʼn beleid in die ANC om boere dood te maak of ʼn anti-wit-narratief nie.”

Julius Malema het onlangs weer die nuus gehaal met die sing van die lied tydens die EFF se tienjaarviering by die FNB-stadion in Johannesburg.

Mbeki sê toe hy sien dat Malema die lied sing, het hy homself afgevra: Hoekom is dit nodig? Dit het ʼn historiese konteks, maar is nie meer relevant nie.

Hy verwys ook na ʼn lied wat struggle-veterane sing by ʼn oud-kameraad se begrafnis “Hamba gahle umkhonto”. “Die lied eindig met ʼn verwysing van ʼn spies wat ʼn boer doodmaak. Ek sê altyd vir hulle, jy kan dit nie nou meer sing nie, want daar is nie ʼn spies wat ʼn boer gaan doodmaak nie. Dit is nie meer relevant nie.”

Mbeki meen hoewel dit geen nut het om die lied te sing nie, dit ook nie skadelik is nie. “Dit bly deel van ons geskiedenis. Dit is ʼn mobiliseringsding, nie ʼn opswepery nie. Dit beteken nie mense moet nou die FNB-stadion verlaat en boere gaan jag nie.”

Die burgerregteorganiasie AfriForum meen egter die lied kom neer op haatspraak en het die appèlhof genader om ʼn bevel van die gelykheidshof, dat die lied nié op haatspraak neerkom nie, om te keer. Die aansoek sal in September aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Hannelie ·

Dit word verkeerd interpreteer, jammer, maar hoe sal Malema en almal voel as ons die liedjie bietjie verdraai?
Ek persoonlik dink dit is ‘n uittartende liedjie. Sommige mense het nog nie groot geword nie.
En Mbeki (wat nou wakker geword het), hierdie gaan ongelukkig nie oor beleid nie, hierdie gaan oor rassisme, end van prent!!

De Villiers ·

Volgens die huidige narratief is ons geskiedenis die van die onderdrukker en mag ons daarom glad nie aanspraak maak of trots wees daarop nie.

...M... ·

“Dit bly deel van ons geskiedenis” ag asb!!
Wat van ons Afrikaner se geskiedenis? Sodra ons iets noem of wil doen van ons geskiedenis is ons rassiste.

melW ·

Die miljoene aanhangers van die EEF sien dit nie so nie, dis massa histerie en hulle het een doel en dit is om Kill the Boer, Kill the Farmer uit te oefen. Net God sal ons kan red!

Johan ·

Ek stel voor jy neem verantwoordelikheid vir jou eie welstand en veiligheid!

Bulkalf ·

Indien ek dan die ou volkslied in die openbaar luidrustig sing, is dit dan reg? Dit is deel van my geskiedenis.

Ronel ·

Presies – ons bedoel ook dan mos niks daarby nie. Dis ook mos maar net deel van ons geskiedenis!!! Maar nee wag, ons geskiedenis het geen plek in hierdie land nie!!!

Hannelie ·

Net so nou mag ons nie eens die ou landsvlag uitstal nie. Nee wat ons kan maar net nie wen teen hulle nie.

Blikkantien ·

En die ou landsvlag sweep nie ander op om moord te pleeg nie!

Bulkalf ·

Jammer het aanhaal tekens vergeet (luidrustig) bedoelende, uit volle bors maar nie verskree nie.

George ·

Vir almal met die ou vlag. Ja dis deel van geskiedenis, maar ek kan nie verstaan hoekom soveel blankes dit uitstal nie. Die vlag, union jack is ook daarop, onder andere Engeland, wat verantwoordelik is vir hoeveel vroue, kinders en boere se sterftes? Kan nie die obesie verstaan nie.

Gerhardus Jacobus ·

Ek verstaan nie vir Mbeki of Malema nie. Toe kill the boer as struggle liedjie gesing was, was dit bedoel wat dit sê. Nou mag hulle dit glad nie sing nie want dit is vir die breê populasie aanhitsing tot moord. Die struggle is mos verby?

Hoekom ·

So ek kan die ou volkslied sing met die ou landsvlag in die hand, want dit is deel van ons geskiedenis….

Coenraad ·

So ek kan hulle nou maar noem soos my voor vaders hulle genoem het? Soos die uwe Mbeki sê “hoewel dit nie ‘n nut het nie is dit ook nie skadelik nie” Ek wonder maar net…

Frikkels ·

As dit nou nie haatspraak is en irrelevant, hoe bring jy die kloutjie by die oor dat die sing van die stem en die vertoon van ons landsvlag dan nou haatspraak is? Dubbele standaarde sou ek sê!
En dan moet daar in ag geneem word dat die sing van kill the boer, voorgehou word aan die ongeskoolde massas wat dit wel letterlik opneem en uiting gee daaraan in die praktyk.

Lily ·

Daar noem jy die punt – die lied word gesing vir die ongeskoolde massas. En Malema, hoe onnosel ons ookal dink hy is, doen dit juis om die ongeskooldes op te sweep. Dis ‘n maklike en ontvanklike teiken.

Henry ·

dit is nie opsweping nie vir 1 persent mense maar wat van die ander 99 persent hulle sien dit as aan moediging daarom is daar so baie moorde in ons land

Manie ·

Daar hoef en sal sekerlik nie ‘n amptelike beleid wees om Blanke Boere dood te maak nie, maar hoe jy die lied nie as dreigend beskou nie, gaan my verstand te bowe. Indien daar vandag ‘n soortgelyke lied deur Blankes gesing moet word, slaap hulle almal vannaand nog agter tralies en sal maande lank sukkel om borg te kry. Net die vertoon van ‘n ou vlag word dan as haatspraak verklaar, so hoe kook jou tamatie dan nou Mbeki?

Vrijburger ·

“Daar was nooit ʼn beleid in die ANC om boere dood te maak of ʼn anti-wit-narratief nie.” ?! Hierdie is mos ‘n blatante leuen, of dalk het hy ‘n bietjie vergeet van MK, en die insurgensie van die 70’s en 80’s wat die grensboere geteiken het.

domheks ·

Ja, en so is die landsvlag wat nie eers kan praat nie HAATSPRAAK! Die MRK is net vir sekeres daar. Dubbel standaarde.

Eugene ·

Geagte meneer Mbeki wat is die verskil tussen mobilisering en opsweepery? NIKS.

Bolandse Nooi ·

Die ding is net, geagte mnr. Mbeki, dat u mense die woorde van die lied letterlik opneem. Hulle gee nie om oor die geskiedenis of oorsprong van die lied nie, dit word letterlik geïnterpreteer en ongelukkig uitgevoer. Dít sien ons in die toename van wrede, wraak- en bloedlustige aanvalle op mense op plase sedert die ‘singery’ van die lied met die Rooikappie Bende se 10-jarige bestaansvieringe.

Sê maar net ·

Wel Mbeki, gaan sê dit dan asb vir Malema, as jy ernstig daaroor is. Dalk het hy meer respek vir jou grys kop (ouderdom) as wat hy vir die Boere en blanke Afrikaners het.

Filistyn ·

Jou kans om die lotto te wen is beter as om te dink dit kan realiseer.

George ·

en. Die ondersteuners van die EFF wat dit sing en uitvoer, is die 60 jaar oud nie Thabo, maar die jeug, die jeug wat NIKS te doen het met die struggle nie. Vir hulle gaan die liedjie oor NOU en nie in apartheid nie.

Karoo ·

Malema sing dit vir net vir een rede, om ‘n doring in die vlees te wees, en hy kry dit altyd reg, altyd dieselfde reaksie van ons. Niemand luister andersins na hom nie.

Stephen ·

Mr Mbeki. Why do you not come out and condemn the song outright? Bear in mind that the masses interpret the song literally and Malema takes advantage of the fact.
As a responsible politician you of all people should know that.

Retha ·

Die driekleur vlag is ook deel van my geskiedenis, tog mag ek dit nie waai nie.

JohanR ·

Kan daar nie ‘n koor gestig word waar elke keur en plak waar Malema verskyn staan die koor op en begin sing. As ou 0 vir houtwerk opstaan dan begin die koor Del la Rey en ander lekker Afrikaanse liedjies sing. Weet nie van julle nie mense maar soe nou en dan sien jy of ontmoet iemand waar jy net daai glimlag op die gesig wil afvee….Jacob Zuma comes to mind.

Debbie ·

Wel hy kan sê wat hy wil sodra Malema daai lied begin sing by een van EFF se byeenkomste word een boer na die ander aan geval en ook vermoor. Hoe is dit altyd “coinsedence”. Dis omdat meeste van sy aanhangers hierdie jongetjies is wat nie eers gebore was in die apartheidsjare nie. Hy stook hulle op teen dinge wat hulle maar net van hoor. Daai lied behoort verban te word net soos die stem verban is. Die stem is ook deel van geskiedenis, ons geskiedenis

Fluisterwind ·

Op 20 Mei 1983 het ‘n bom ontplof by die Kerkstraat-stasie van die South African Railways in Pretoria. Die ontploffing het ‘n aansienlike hoeveelheid skade aan die stasie en omliggende geboue veroorsaak. Kort daarna, op 1 Junie 1983, het ‘n tweede bom ontplof by die Voortrekkerhoogte-stasie, wat ook in Pretoria geleë is. Hierdie aanvalle met lewensverlies, het deel gevorm van ‘n reeks bomaanvalle wat deur die Umkhonto we Sizwe (MK), die gewapende vleuel van die African National Congress (ANC), uitgevoer is as deel van hul stryd teen die apartheidstelsel. Wat praat M’stoeltjie

piet ·

Die probleem is dat jy nie eensydig kan besluit hoe iets geinterpreteer moet word nie. So byvoorbeeld is ons gewoond daaraan om as Afrikaners (enige) iemand wat iets doms aanvang ‘n aap te noem. Dis met verwysing na die ding wat die ou gedoen het en nie die persoon se intelligensie self nie. Wat ek probeer se is dat verskillende mens/ groepe iets verskillends kan interpreteer. Die belangrikste vir my is dat as jy sien dat wat jy se of doen iemand anders beledig (uit die persoon se reaksie), hoekom dan voortgaan daarmee. Los dit dan (tensy jy dan ander bybedoelings het).

Jakes ·

Ja Mbeki, jy en jou voorgangers kan vir Malema opkom soveel julle wil maar ons neem die lied op in n ernstige lig.

Adrie ·

Wat die hart van vol is loop die mond van oor. Daar is soveel haat wat na die wittes se kant geslinger word. Malema bedoel elke woord wat hy sing.

Sue ·

Om dit te sing in n land waar boere gereeld vermoor word is HAATSPRAAK. Moenie belaglik wees Nie.

Peetjie ·

Dus: as ek Die Stem sing is dit MOS nie skadelik vir iemand nie – dis deel van óns geskiedenis… En as ons die vlag hys is dit MoS óók nie verkeerd nie..dis ook deel van óns geskiedenis… Of hoe dan nou?

Hendrik ·

Mbeki vergeet blykbaar hoe terroriste in opdrag van Nelson Mandela en die ANC boere en hulle gesinne met landmyne opgeblaas het, hoe Wimpie-restaurante en fliekteaters met bomme geteiken is, ook van die Kerkstraat bom. Hy oorskat die emosionele volwassenheid van ‘n EFF gehoor in ‘n stadion wat uitgil dat Boere vermoor moet word. Gaan ontleed vir ‘n slag watter persentasie witmense wat vemoor word, word deur swartmense vermoor. Dink jou in die reaksie as ons op een dag by Loftus besluit ons sing Die Stem – dit sal hulle as haatspraak uitmaak, maar hulle sien nie fout met “kill the Boer” nie.

Duck ·

Steur my glad nie daaraan nie, die “kill” kom van twee kante af. Maar kyk wie wen en wie verloor

KwaaiRooikop ·

As mens heeltyd gaan sing van lekker roomys eet, gaan jy erens begin luskry om roomys te gaan eet.. Dis regtig nie so ‘n moeilike konsep om te verstaan nie.

Loveleh ·

Siestog! Hoekom sing hy dit?…, want hy is soos ‘n kind wat aandag soek en wat kry hy? Aandag! Ons raad aan kinders is, om iets te ignoreer of saam te lag. Die probleem sorteer homself dan uit. Ignoreer die man! As hy sien hy kry nie meer aandag nie, sal hy hopelik die breinkrag hê om daarmee op te hou.

Minnie ·

Hy bluf my nie.
Wat wil hy bereik met die snert ?
Seker maar net toeval dat meer boere vermoor na sulke opsweping……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.