Meer as 14 000 oortreders in komende maande kwytgeskeld

Ronald Lamola, minister van justisie, vroeër vandag gedurende die mediakonferensie. (Foto: Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het die amnestie en kwytskelding van 14 647 oortreders goedgekeur om Versoeningsdag te gedenk.

Ronald Lamola, minister van justisie, het Maandagmiddag gedurende ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê die proses sal onmiddellik begin en kan tot nege maande duur. Dit beteken dat oortreders wat in aanmerking kom in die komende maande volkome van hul vonnisse vrygespreek sal word.

Lamola het dit wel duidelik gemaak dat slegs oortreders wat aan sekere kriteria voldoen van hul vonnisse kwytgeskeld sal word.

Oortreders wat skuldig is aan seksuele misdrywe, moord, poging tot moord, gewapende rooftog, hoogverraad en terrorisme of enigiemand wat lewenslange tronkstraf opgelê is, sal dus nié by hierdie proses baat nie, het Lamola verduidelik.

Kanya Cekeshe (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Een van diegene wat wel hiervoor in aanmerking kom, is Kanya Cekeshe wat destyds skuldig bevind is op aanklag van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging toe hy ʼn polisievoertuig tydens die #FeesMustFall-betogings aan die brand gesteek het. Cekeshe is die enigste sogenaamde #FeesMustFall-aktivis wat steeds in aanhouding is en sal nou na verwagting spoedig op parool vrygelaat word.

Volgens Lamola is die kwytskelding van vonnisse nie alleen eie aan Suid-Afrika nie aangesien lande soos Thailand, Ghana en Kenia dit as ʼn beleidsinstrument gebruik om die vonnisse van oortreders te verminder wat as rehabiliteerbaar geag word.

“Die herintegrasie van oortreders terug in die samelewing is ʼn maatskaplike verantwoordelikheid. Ons doen ʼn beroep op die samelewing om met hierdie enkelinge versoen te raak,” het Lamola gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Dafer ·

Net nog ‘n verkiesings-foefie.
Hulle sal weer gevang moet word!

SAMPIE ·

Is dit nou oortreders met die korrekte politieke verbintenisse ?

Frikkels ·

Dis al wat dit is ja, en natuurlik speel rasse ook weer ñ rol. Eerste wat vrygelaat word in die waan dat hy rehabiliteerbaar is, is toe ook nou die regte kleur.

Johan ·

Nou ja toe. Weereens welwillendheid teenoor duisende gevangenis. Maar sal laasgenoemde welwillendheid teenoor die samelewing toon?

Hannetjie ·

Ja Sampie.. wonder ook.Maar hoop Janus Walush….word dan op parool vrygelaat

Jane ·

So word die kriteria verander om gewelddadige protesters vry te laat. Is dit nie wonderlik nie? Ek het geen behoefte om met ‘n krimineel te versoen nie.

Karina ·

Ek dink julle moet die Boeremag vrylaat wat al soveel jare onskuldig opgesluit sit. Nou wil julle kriminele vrylaat.

Johann Burmeister ·

Ja daar gaan misdaad maar weer floreer. Ek hoop al die name word bekend gemaak en hoeve binne eerste maand weer terug in tronk is. BELAGLIK

Hannetjie ·

En hier kom ‘n ding….so met Kersgety….sulke ‘geskenke’ ‘uitgedeel’ word.Man dit gaan mos lekker

Martie ·

Dit is nog oor die 14000 werklose mense by en ek sien juis gister hoe van gevangenis personeel by hulle voertuie gestaan en bier drink omtrent 200m van ons polisie stasie af met ook n klomp lee bierbottels wat voor die polisie stasie le moes dokumente vat vir beediging.

Ja swaer ·

He he lekker kom daai ANC mentaliteit weer deur. Verhoor en gevonnis deur ‘n hof en dan kom die ANC regering en sê skroef die sisteem, ons laat hulle vry. Dus ‘n vermorsing van fondse van begin tot einde. Vrugtelose uitgawe. Laat my so dink aan ons bra Zuma wat kort kort sy maters laat vrylaat het, elkekeer met ‘n ander verskoning. Kan Ramaposa verduidelik wat het kriminele op straat met versoening uit te waai? Hulle sit net hulle misdaad loopbane voort. Gaan hy vir hulle werk en heenkome gee? Hoe verwag hy moet hulle wegbly v misdaad?

Madalene ·

Lamola se ma is seker nie deur n amnestie geval aangerand en verkrag op 74 nie! Die meeste van hierdie wat amnestie gekry het, was binne n paar weke weer terug in die tronk op baie ernstiger aanklagte. My ma se verkragter het boonop regsverteenwoordiging geweier en
Sy moes in die hof die vrae wat haar verkragter haar gevra het, beantwoord. Sy het op 74 nog self geboer en 3 huisgesinne in diens gehad. Minder as 2 jaar na haar aanval het sy haar 2 plase verkoop en die 3 huisgesinne was werkloos, agv van amnestie! Hierdie is die grootste euwel in moderne samelewing. As jy oortree het, moet jy jou straf uitdien…. maak nie saak of jy pers, groen of oranje is nie. Dis waarvoor tronke daar is. Ek hoop Lamola aanvaar aanspreekikheid vir elke oortreding wat sy 14000 amnestie en kwytskeding gevalle na die tyd begaan!

JohanR ·

Wonder hoeveel misdaad sal die 14000 pleeg, voordat dit weer moet gevang word en terug tronk toe?

Chris ·

Wat van die ouens wat nie etol, belasting of hulle munispale/Eskom rekeninge kon betaal nie. Al wou hulle as hulle geld gehad het?

Vita ·

Dit die wat nou vrygelaat word wat weer gaan roof en moor, hou nuus dop, einde Des en Jan sit meer as die helfte weer terug in tronk

Elsa ·

Geen moordenaars mag vrygelaat word sonder dat die naasbestaandes van die vermoor de nie in die saak geken is nie.
Onthou Chris Hani se “moordenaar” kry na al die jare nog steeds parool….

Nettie ·

@Elsa, maar hulle SÊ DAN JUIS dat moordenaars, poging-tot-moord-gevangenes, , seksuele aanranders, verkragters, lewenslange-tronkstraf-gevangenes NIE amnestie sal kry nie ….

Weet nie Meer nie ·

14000 Meer om weer misdaad te pleeg die vorige berig was weer oor plaas aanvalle en ek vra ook die vraag wat het dit met versoening te doen

TwaalfBoor ·

Dink net bietjie mooi. 14000 + kriminele word die land ingestuur. Wat ñ walglike gedagte.

Dom Vraag ·

Ek het nie eers iets om te se nie, want rerig dis belaglik!!!

Leon ·

Maar ons moet ons vuurwapens inhandig………….se voet man!!!!

Vee ·

14 600+ Kriminele weer op straat losgelaat wat weer kan voortgaan met “crime”!! Pragtig RSA pragtig – kom ons sê liewers niks!!!

Shaun Kok ·

Ek hoop regtih die arme blankes wat onodige lang jare sit vir sogenaamde rasisme kom ook uit.

SoosDitIs ·

CR – ek hoop jy laat diè mense toe om in jou omgewing te kom bly en dat jy mnr. die President, sonder lyfwagte rond sal beweeg :)
Die tronk verander n mens.

A Mac ·

Mense, nou moet ons in ons pasoppens wees. Hou maar oë en ore oop, en maak seker jy, jou gesin en eiendom is so veilig moontlik. Ons kan nie meer sommer met oogklappe en oorproppe vertrou op die polisie, die regstelsel (in sekere gevalle) en die politici nie. Ou mense en weerlose kinders krepeer en gaan slaap honger en nou word die bende kriminele nog op die samelewing losgelaat. Versoeningsdaad? Vir wie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.