Mej. SA-organisasie sê oor deelname aan wêreldkompetisies

Natasha Joubert, die pasgekroonde Mej. SA. (Foto: Mizanne Hattingh/Maroela Media)

Dit is nog nie amptelik bekend aan watter internasionale skoonheidskompetisies Natasha Joubert, die pasgekroonde Mej. SA, vanjaar gaan deelneem nie.

Ondanks groot bespiegeling is daar nog geen amptelike aankondig deur die Mej. Suid-Afrika Organisasie gemaak nie.

Maroela Media het vroeër berig dat Joubert vanjaar die tweede keer die gesogte Mej. SA-titel nagejaag het nadat sy in 2020 as die tweede naaswenner aangewys is en die land by die Mej. Heelal-kompetisie verteenwoordig het.

As gevolg van haar vorige deelname aan Mej. Heelal mag Joubert Suid-Afrika nie weer by dié kompetisie verteenwoordig nie. Hoewel sy toegelaat is om weer aan Mej. SA deel te neem, bepaal Mej. Heelal se kompetisiereëls dat skoonhede slegs een keer mag deelneem.

Mej. SA se kompetisie-verteenwoordigers het ook bevestig dat nóg Joubert nóg ʼn ander deelnemer vanjaar op die Mej. Wêreld-verhoog sal skitter. “Die organisasie het nie sy lisensie vir Mej. Wêreld hernu nie, daarom sal Suid-Afrika nie ʼn verteenwoordiger na dié kompetisie stuur nie.”

Die Mej. SA-kompetisie het by navraag gesê dat amptelike verklarings oor Mej. Heelal, en Mej. Supranasionaal binnekort gedoen sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Vonny ·

Stuur asb Bryoni na mej Heelal.
En natasha het gewen
Stuur haar asb na die ander 2x kompetisies.
Sy verdien dit!!

miche ·

Bryoni Govender (2e in Mej.SA 2023) gaan die kroon dra tydens die Mej.Heelal dié jaar! ( elders gelees sy gaan deelneem).Sy is welgesproke, intelligent en beeldskoon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.