Min vordering in uitlewer van Guptas

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste. (Argieffoto: Siyabulela Duda/GCIS)

Agt maande nadat die regering bekend gemaak het die Gupta-broers Atul en Rajesh is in Dubai aangekeer en dat Suid-Afrika ʼn aansoek om uitlewering aan die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) gerig het, was daar oënskynlik nog geen taal of tyding oor enige vordering in die saak nie.

Die departement van justisie en korrektiewe dienste het Donderdag gesê hy “wag” op die VAE vir bygewerkte inligting oor die status van die uitleweringsaansoek.

Suid-Afrika se aansoek vir die uitlewering van die broers is in Julie verlede jaar al in Engels en Arabies by die VAE se sentrale owerheid ingedien.

“Minister Ronald Lamola is bekommerd dat daar nog geen nuwe inligting oor die eerste hofverskyning van die voortvlugtendes was om te bepaal of daar ʼn verhoor oor die aansoek om uitlewering gaan wees nie,” sê Chrispin Phiri, Lamola se woordvoerder. Dit na afloop van ʼn besoek aan die VAE om te verseker die aansoek voldoen aan die vereistes van daardie land se owerhede.

Volgens hom het die departement die afgelope paar maande verskeie navrae hieroor aan die VAE gerig.

“Die jongste versoek is vir ʼn dringende vergadering tussen die twee departemente, asook die minister en sy eweknie in die VAE.

“Die departement hanteer die kwessie deur diplomatieke kanale kragtens die uitleweringsooreenkoms tussen die twee lande,” sê Phiri.

Daily Maverick het vroeër berig hoewel daar foto’s beskikbaar is van ʼn ander internasionale hoëprofielkarakter wat ook in die VAE in hegtenis geneem is, is geen soortgelyke foto’s oor die inhegtenisneming van die Guptas – wat op grond van ʼn Interpol-kennisgewing al op 2 Junie verlede jaar aangekeer is – nog beskikbaar gestel nie.

Dit is ook onduidelik of die Gupta-broers enige van die verhore – vir uitlewering en nie vir borgtog nie – self bygewoon het, of enige Suid-Afrikaanse amptenaar hulle al sedert hul inhegtenisneming self onder oë gehad het, en of gesigfoto’s van Atul en Rajesh aan die Suid-Afrikaanse regering voorsien is as bevestiging dat die twee wel aangekeer is, het die webwerf berig.

Die saak teen twee vermeende Gupta-meelopers in die omstrede en mislukte Estina-suiwelprojek het die afgelope week intussen begin. Kamal Vasram en Saliesh Indurjeeth, voormalige direkteure van die projek, het onskuldig gepleit in die R37,7 miljard-bedrogsaak teen hulle.

Die twee is onder verskeie mense wat aangekeer is in verband met die Vrystaatse projek wat swart boere kwansuis sou bemagtig. Dit het later geblyk die projek is gebruik as ʼn manier om geld van die regering na spesifieke begunstigdes te kanaliseer, met hoëprofielpolitici en die Gupta-familie wat van betrokkenheid verdink word.

Die Guptas het Suid-Afrika in 2016 verlaat nadat hul beweerde betrokkenheid by grootskaalse staatskaping al hoe meer aan die groot klok gehang is.

Bykomende bron: Daily Maverick

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

JohanR ·

Die Gupta broers sal nooit en nooit en nooit terugkom SA toe nie. Hulle weet te veel oor die ANC en ANC lede. Die vertraaging is aan die SA kant. Die broers sal uit die tronk uit gelaat word in Dubai met die goed keuring van die ANC. Die ANC dink rerig die mense van SA is dom!

Hennie ·

ANC speel vir die gehoor. Niks gaan hiervan kom nie, want dis verkiesing in 2024…

Johann ·

Daar was en gaan nooit dringend na die kwessie gekyk word nie.

Eden ·

Ek dink nie die kaders wil hul regtig laat uitlewer nie. Hulle hou seker ‘n paar se geld vas in Arabierland.

Samuel ·

Ek stem saam dat die kaders die Guptas uit ons land wíl hou.

domheks ·

Te veel kaders wat hulle beskerm. Dan kan die naampies dalk in die hof uitkom. Maar almal sal mos ONSKULDIG pleit!

Jr ·

Nee die govt is NIE BEKOMMERD oor die uitlewering van die Guptas want ‘n blik slange nie wurms gaan uitkruip. Hulle sal dit nie eers maak van die lughawe tot die tronk want hulle sal stilgemaak word in GANGSTER SA MAFIA STATE STYLE

Elize ·

Ek vertrou hierdie ou net sover ek hom sien en dan twyfel ek ook nog.

Stofdonkie ·

Die VAE sal eerder die Gupta’s beskerm. Dinge werk maar bietjie anders daar, hulle het ‘n groot genoeg bankrekening daar, wat die VAE nie gaan wil laat wegraak nie. Geld maak reguit wat krom is

Lillian ·

Julle mors ons geld!!!!!!? Hier gaan niks van kom nie want ministers is betrokke!

Yvonne ·

Hulle word nog steeds beskerm sodat kaders se basse gered kan word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.