Minister veroordeel moord op jong boer

Brendin Horner (21), ‘n plaasbestuurder, is wreed vermoor. (Foto: Facebook)

Die minister van landbou, Thoko Didiza, het die moord op ʼn jong plaasbestuurder van die Vrystaat ten sterkste veroordeel en gesê sy het met skok van die wrede aanval verneem.

Maroela Media het vroeër berig Brendin Horner (21) se liggaam is Vrydagoggend vroeg in ʼn veld op ʼn plaas in die omgewing van Paul Roux aangetref. Hy het glo verskeie steekwonde, asook ʼn kopwond gehad. Sy kneukels was na verneem word bebloed soos wat hy glo sy aanvallers probeer afweer het.

ʼn Soektog na Brendin is aanvanklik Donderdagaand begin nadat hy vroeër die dag by sy pa, Robby, gaan kuier het, maar daarna spoorloos verdwyn het. Robby Horner en Brendin se vriendin, Lenize Taljaard, het die soektog die volgende dag voortgesit. Hulle het op Brendin se liggaam afgekom en die polisie ontbied.

Sy bakkie, vol bloedvlekke, is ʼn ent daarvandaan gevind.

“Ek doen ʼn beroep op wetstoepassers om geen steen onaangeroer te laat in hul ondersoek en die inhegtenisneming van die oortreders nie,” het Didiza gesê.

Niemand is nog in verband met die moord op die jong man aangekeer nie en dit is in hierdie stadium nie bekend hoeveel aanvallers betrokke was nie.

“Ek kan nie die rol wat boere en plaaswerkers in die voedselwaardeketting speel sterker beklemtoon nie. Die moord het ʼn verwoestende uitwerking op ons bedryf,” het Didiza gesê.

Die minister het ook haar medelye met Brendin  Horner se familie, vriende en kollegas betuig.

Dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, het die voorval as “tragies en brutaal” bestempel en gesê dit het die gemeenskap diep geskok.

“Die DA wil sy innige meegevoel teenoor Brendin se familie en vriende uitspreek. Dit is hartverskeurend dat die sinnelose geweld op plase en kleinhoewes ʼn jong man, wat sy lewe nog voor hom gehad het, geëis het.”

Hy het gesê boere en werkers op plase is ʼn nasionale bate wat die land se voedselsekerheid verseker.

“Ons land kan nie bekostig om ons boere, veral skaars jong boere, in hierdie lae-intensiteitoorlog te verloor nie.”

‘n Foto van Horner wat op sosiale media gedeel word. (Foto: Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Byekonfyt ·

Mnr. Didiza, kan jy asb. meer as ” ‘n beroep op wetstoepassers” doen? VOORKOM DIT in die eerste plek d.m.v patrollies en verleen finansiele steun daarvoor. Neem aksie sodat ons kan sien julle gee om.

Sarel ·

Het die geagte Minister sl verduidelik wat van die Hulpfonds se Miljoene geword het of sy rond om die aandag af te trek.

Harry ·

Dis nie goeie opbouende nuus. Mag ons Liewe Vader ons land red.

Human ·

Nou moet julle sogenaamde ministers ‘n slag jul dikgatte uit die stoele lug en regtig probeur om iets te doen en ‘n slag die daad by die woord voeg en nie net lippetaal en geveinsde skok en woede, kamstig te openbaar, wanneer sulke afskuwelike dade gepleeg word.

Ranie ·

Man, julle wat as minesters sit en kastig medelye uitspreek, is walglik, want dit is net n manier om ons te probeer troos….. Wel ons is lankal g..vol en by julle skeinheilige omgee verby. Dink regtig dit is tyd dat ons van ons kant af begin plan maak.

Persheks Adri ·

By die 1ste boer was dit al 1 te veel! Sinnelose moorde en word deur rasse haat aangemoedig punt klaar. Ons moet onsself beskerm ons kan nie wag vir regering om op te tree nie ons is aan God se genade oor gelaat! Die terroristiese aanvalle teen ons dwing ons om self op te tree.

Miskruier ·

Hy was nie deel van die apartheid jare, die nuwe generasie mag nie veroordeel word oor die verlede. RIV

Casper ·

Those Didiza,hoe kan jy so walglik wees om jou skok oor die moord uit te spreek en op news 24 se die man met die hoed boere se lewens beteken niks vir die anc nie.Dit is nou erger as in die apartheidsjare.

Cherokee ·

Ek weet nie waarom jy duim oppe kry nie. Hulle lees jou nie maar duimop net.

JohanR ·

Minister…..is nie net die moord om ‘n jong boer nie maar die manier en marteling wat daarmee saamgaan. Dink jy is lekker as iemand geslaan word totdat hulle nie meer uit hulle oe kan sien nie, iemand gemartel word met kook water en strykysters. Iemand verkrag word baie maal in die teenworrdigheid van familie. Iemand gesteek word, iemand gekap word, iemand geskiet word, iemand opgehang word. In Engels se mens you ANC’s conveniently look past the absolute violence that goes together with farm murders. A boer being murdered is NOT JUST A MURDER, often it is a massacre. Think again minister!

msp ·

Thanks to the Minister, as South African I respect you. Wish I could of heared that from a guy who calls him the president of South Africa and that cele guy who are so scared if a white farmer ask him a question .

shari ·

Nog n jong jong boer in die fleur van sy lewe van sy pragtige toekoms ontneem.Bring terug die doodstraf hoe gouer hoe beter

Sarel ·

Waarmee is die Anti besig.
Herlei aandag weg van die korrupsie tydens Lock Down

Jannie van Niekerk ·

Minister Didiza, sal u asb ook vir die minister van Polisie, wie se belaglike hoedjie vir hom belangriker is as wetstoepassing, ook uitdaag om plaasmoordenaars te vang? Hy en jou president het al male sonder tal bewys dat hulle plaasmoorde goedgesind is, want hulle spreek nie hulle “skok en afgryse” uit nie, maar sê eerder “boere moenie huil as hulle iets oorkom nie. Skandalig.

twaalfboor ·

Hou op veroordeel en freekin DOEN IETS DAARAAN!!!!! Praat praat praat….. Dis al wat julle kaders kan doen. Dit FREEKIN BRUIS HIER BINNE IN MY.

Susan ·

Nou wil di regering iets se vir wat??? Hoeveel boere word vermoor en niks word gese ni.
Dit sal op niks uitloop ni. My hart is stukkend vjr di jong kind wat so verdomp wreed vermoor is. Di ouers kan mens net bid dat dat di Vader hulle sal troos in di swaar tyd tot ons saam staan teen di aanvalle sal niks gedoen word ni. Wat sad is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.