Mosie van wantroue teen Ekurhuleni-burgemeester

Die DA se Tania Campbell (Foto: Facebook/Tania Campbell)

’n Mosie van wantroue is teen Tania Campbell, DA-burgemeester van die Ekurhuleni-metro, ingedien.

Die ANC het die mosie ingedien en daar sal na verwagting op 26 Oktober oor die mosie gestem word.

Die ANC beskuldig Campbell onder meer daarvan dat sy versuim het om billike en volhoubare dienslewering te verseker en dat sy township‑gebiede verwaarloos het.

Die veelparty-koalisieregering in Ekurhuleni is egter van mening dat die mosie niks anders is nie as ’n slenter om beheer oor die mense van Ekurhuleni se swaarverdiende geld te herwin.

“Die ANC se prioriteit is nie die mense nie; hulle is op plundering gefokus,” het die veelparty-koalisie van die DA, ActionSA, VF Plus, IVP en ACDP gesê.

“Onder die leierskap van Campbell het die veelparty-koalisieregering in Ekurhuleni oor die afgelope 10 maande aansienlike vordering gemaak met die nakoming van sy verpligtinge om ’n goed bestuurde administrasie te skep, korrupsie te stop en gehalte‑dienste te lewer.

“Die doelbewuste ingrypings deur die nuwe regering was so doeltreffend dat burgemeester Campbell en haar span sedert haar ampsaanvaarding bereik het wat die ANC in meer as 20 jaar versuim het om te doen.”

ActionSA het ook sy eie verklaring oor die aangeleentheid uitgereik en gesê die mosie kom nie as ’n verrassing nie, met die ANC en EFF wat saam met die PA gewerk het om die burgemeester van Johannesburg se veelparty-koalisieregering te verwyder.

Volgens Bongani Baloyi, ActionSA se voorsitter in Gauteng, het die veelparty-koalisieregering in Ekurhuleni nog altyd ’n groter risiko geloop om ineen te stort aangesien daar nie ’n meerderheid is nie en Campbell danksy ondersteuning van die EFF tot burgemeester verkies kon word.

“Dit is presies om die rede dat ActionSA reeds in Februarie sy kommer uitgespreek het oor die stabiliteit van die Ekurhuleni-koalisie en die moontlikheid dat die ANC en die EFF kan saamwerk om die veelparty-koalisieregering uit die kussings te lig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Pippie ·

Daar is soooo baie mosies van wantroue wat ek teen die ANC wil indien, ek weet net nie waar om te begin nie.

Kokerboom ·

Nee Pippie..wil hul sommer in ‘n totale klag van beskuldiging plaas vir verwoesting van ons mooi land, staatskaping, plundering, hoogverraad en talle meer

E ·

Ja en die ANC wil die DA uit Ekurhuleni he, maar ek woon 22 jaar in Boksburg en daar was nooit probleme met vullis verwydering nie. Skielik is die trokke stukkend ens ens. Ek het self ‘n idee die DA word gesaboteer, sodat die ANC kan oorneem. En as jy nie betaal vir dienste nie, hoe verwag jy om dit te kry, moet betalende inwoners altyd die nie-betalendes dra? Hulle moet maar hulle Utopia op ‘n ander plek gaan soek waar ander net gaan betaal vir hulle. DA moet bly, want anders gaan die betalende inwoners ook geen diens he nie.

Lillian ·

Sy’t skaars begin om die gemors wat die anc aangerig het oor die jare op te ruim. Seker omdat sy nie korrup is nie, nou moet sy waai. Sterkte Debbie!

Swerwer ·

Miskien omdat sy iets reg gedoen het en die wonderlike foutlose ANC nie kan aanvaar dat hul verloor nie!

Reynier ·

Wel om eerlik te wees, dienslewering het eintlik verswak onder die spulletjie. Moes die metro vir VF gegee het. Geen vullis verwydering, krag is meer af as aan, geen rekeninge, die “raafslede” blokkeer mense op dienslewering klagtes. Niks word gedoen aan plakkers en Zama Zama nie. Dam ruik na riool. Hulle het ‘n houding van hulle is bo jou verhewe. Ek weet ANC en EFF is erger maar die DA is patteties. Kom ons wees eerlik as Helen Suzzman nog in beheer was sou dit nog ”n erger vrot spul gewees het.

Andrè ·

Nou wie volgens jou sal die krag laat werk en die provinsie en die water ens ens . Sy moet 20 jaar se laksheid herstel in ñ paar maande,wees realisties

Keelvol ·

Die slaggate word nie gevul nie, maar hulle kan wel spedwale orals posit.

Pieter ·

Ek moet ongelukkig saam Reynier stem. Die wyk kanseliere (alatans my wyk) se terugvoering rakende dienslewering is swak. Ek was baie optimisities, ons almal weet daar sou uitdagings wees, ek was geduldig. Ekurhuleni se begroting was in Julie goedgekeur, en daar was n hele dokument oor wat sou begin gebeur het om als reg te ruk…ongelukkig is daar nog geen tekens nie. Inteendeel het dinge net versleg. Ek het n klomp versoeke al ingedien om slaggate reg te maak, straatligte wat uit is reg te maak, ens. Daar was nog niks gedoen nie. Vullis verwydering gebeur nie. Hulle vat nou skattings van water en krag, wat hoer is as wat n mens moet betaal en dit is besig om die inwoners se sak te ruk. Ek het al navrae gedoen oor wanneer dit reggestel gaan word, en niemand kan my n antwoord gee nie. Ek weet die die DA is baie goed in ander provinsies, selfs n paar maande na hulle oorgevat het, maar in Ekurhuleni presteer hulle nie.

Blikkies ·

Pieter, sal jy sê dit het heelwat beter gegaan onder die ANC se bestuur?

Pieter ·

Soveel as wat ek die ANC verpes, moet ek ongelukkig ja se. Van n dienslewering perspekftief was daar nie probleme nie. Finansies, nee, natuurlik was daar meer korrupsie.

Moedeloos ·

Gaan woon raadsvergaderings by en hoor wat aangaan. Stel julself beskikbaar as Wykskommittee lede en help jul wyke met hul probleme. Bespreek jul probleme met die Sakekamer dat hul dit verder neem. Daar is vele ander maniere om inligting of klagtes te laat hoor.

Tersia ·

Ek stem ook 100% saam met Reynier en Pieter. Ja, die ANC was die heersende party voor die vorige verkiesing en almal skree ons moet die DA ‘n kans gee want die ANC het alles in ‘n gemors gelos, maar die DA Raadslede wat ons tans het, is al vir jare, nog voor die verkiesing, in hulle huidige poste. Dienslewering was nog altyd en is nog steeds baie swak.

duiweboer ·

Ek bly in die area. Ek stem 100% saam. Die riool loop in die strate af en niks word gedoen nie. Slag gate is in die orde en dit word nie herstel nie

Blikkies ·

Pieter, soos ek ook vir Pieter gevra het, Sou jy sê dinge het beter gegaan onder die ANC bestuur? en sal jy hulle gegewe jou klagtes eerder terug wil he as bestuur?

Twallie ·

Mosies van wantroue word nou elke week oral ingedien. Lyk my dit word nou gebruik as ‘n wapen.

Herman L ·

Die ANC ontken dit, maar dit is al hoe duideliker dat die EFF die ANC se linkervleuel is. Hulle DNS verskil baie min. Hulle weet hoe om iets wat werk te vernietig en gee dan iemand anders die skuld. Hulle stel net belang in hulleself en gee niks om vir die mense wat hulle verkies het nie. So sal die vordering in Ekurhuleni ook tot niet gemaak word.

Althes ·

Moet nie die PA vergeet nie, hul wil ook ñ gulsige sny koek hê by munisipaliteite.

Sterretjie ·

Sy doen uitstekende werk – die mosie van wantroue is ingedien omdat sy DA kandidaat is – dis nou weer “plan” van die ANC om daar ook te probeer oorneem.

Roek ·

DIT GAAN AL LANKAL NIE MEER OOR DIE BELASTIN BETALER NIE , DIT GAAN OOR MAG EN WIE BY DIE VEISPOTTE KAN SIT!!!

Jaco ·

Dis 2022 en die DA, wat nogal VIR regstellende aksie gestem het, stel sowaar ‘n wit burgermeester aan. Het hulle dan NIKS uit die Trollip debakel in Nelson Mandelabaai geleer nie? Selfs die Vryheidsfront Plus het vir Peter Marais ingestoot in die Wes-Kaap parlement, al was hy toe maar net 4 maande lid van die party. Word wakker DA!

AndrewL ·

Dit is hul plan. Saai chaos. Tshwane is volgende op hul lys

Swerwer ·

Glo nie hul sal Tshwane haal nie. Hul moet eers leer om die balk uit hul eie oog te verwyder voor iets daadwerkliks kan plaasvind

AndrewL ·

Ongelukkig is dit hul plan. Steenhuysen was gewaarsku, maar hy luister nie.

SwartBees ·

“…dat sy township-gebiede verwaarloos het.” Sy het mos in die middel van n township klip gegooi en tyres brand.

Marelize ·

Kyk hier man omtrent al die munisipaliteite onder ANC beheer val uit mekaar uit!! Waar is hulle mosies van wantroue. Might does not make right.

Hannatjie ·

Ag asseblief!! DA of ANC die een is so pateties soos die ander!! Ek sal nooit vir enige een stem nie danksy Lana van die DA in Boksburg. As jy haar bel oor iets want sy is die wyksraadslid dan wil sy eers jou ID nommer weet voor sy jou antwoord want sy wil glo weet of jy vir die DA stem!!!! Sy en die hele DA kan in hulle peetjie vlieg ek stem NOOIT vir hulle nie net soos min soos ek vir die narre aan die ander kant sal stem. Die een is wragtig net so sleg soos die ander. Almal wil in die poste wees vir die aansien en salaris dis al!

Samuel ·

Daarmee kan ek saamstem. My DA wyksraadslid is net so pateties.

Koos 100 ·

Moet jy jou ID nommer ook op jou geld skryf wat jy oorbetaal vir jou rekening?

domheks ·

cANCer moet ‘n wet maak dat ‘n mosie van wantroue eers na ‘n jaar ingedien kan word. Maar oooo neeee dat benadeel dit die eff en anc….

Swerwer ·

Mosie van wantroue? Genade wonderlike foutlose ANC waarom het jul nog nie beloftes uitgevoer nie? Bou ‘n brug en kom oor dit want jul is oral besig om van die brug af te val,……………………….

Leon ·

Hoekom verbaas. Sy het mos die onlangse onrus aan die oos rand “condone”

Lourens ·

Die probleem is : die mense het nooit gestem vir die burgemeester nie. Party stelsel is ons grootste probleem. Ons laat nie Kartelle toe in besigheid nie, dog is politieke partye kartel vir dienslewering

Hoekom ·

Die ANC gebruik die tegniek om weer in beheer te kom sodat hulle verder kan plunder. Dit het mos nou gewerk in Johannesburg en nou sal hulle dit orals probeer. Hulle prioriteit is beheer, mag en plunder en nie die burgers nie…

Sarel ·

” Billike & Volhoubare Dienslewering”
Weet die ANC wat dit beteken …

Mariana ·

Die ANC moet liewer stilbly oor dienslewering van enige aard. Hulle het in 30jr nog geen dienste van enige aard gelewer nie. Hulle is arrogant.

Pampoen ·

Politiese stadsrade gaan nooit werk nie. Stadsrade gaan oor dienslewering en die raadslede moet verkose lede uit die wyk gemeenskap wees.

Papsak ·

Ek stem ek wil ook maar weet net waaron te begin nie hulle moenie ander mense wil aan kla as hulle self agter die deur staan nie hulle moet kyk na hulle self eerste of hulle alles in plek het

Samuel ·

Die verkiesing kom nader en die cANCer raak benoud oor hulle swak vertoning. Met onderduimse metodes wil hulle oral weer in beheer kom. Dit is jammer, maar die koalisie vennote kan nie vertrou word nie, veral nie ActionSA nie. Hulle is soos aasvoëls.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.