ʼn ‘Gruwel’ dat nog meer vroue vermoor word – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa by ʼn konferensie oor geslagsgebaseerde geweld. (Foto: GCIS)

Die getal vroue en kinders wat in die eerste drie maande van die jaar in Suid-Afrika vermoor is, het met sowat 50% gestyg in vergelyking met verlede jaar.

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag gesê die jongste statistieke hieroor is ʼn “gruwel” en het ʼn beroep op die privaat sektor gedoen om te help om hierdie tendens te takel.

Luidens amptelike statistieke is daar ʼn 52%-styging in moorde op vroue in die eerste drie maande van die jaar in vergelyking met dieselfde tyd verlede jaar, toe Suid-Afrikaners nog gehoor gegee het aan streng Covid-19-beperkings.

Die getal kinders wat in hierdie tyd vermoor is, het boonop met 46% gestyg.

Ramaphosa het tydens ʼn konferensie oor geslagsgebaseerde geweld in Johannesbrug gesê ondanks die regering se pogings gaan geweld teen vroue en kinders onverpoos voort.

“Daar gaan nie ʼn dag verby sonder ʼn storie oor ʼn vrou of kind wat hul lewe verloor het of op die gruwelikste manier mishandel is nie,” het hy gesê.

“Hierdie gruwels gaan ʼn mens se verstand te bowe. Dit vertel ʼn storie oor ʼn samelewing wat versteurd is. Dit is ʼn verhaal van ʼn nasie in oorlog met homself.”

Suid-Afrika is die afgelope tyd geteister met grusame misdade, waaronder die bendeverkragting van agt vroue in Julie in Krugersdorp en die herwinning van ʼn halfdosyn liggame by ʼn gebou in Johannesburg verlede maand.

Ramaphosa moes Dinsdag ʼn stortvloed van kritiek en vrae van vroueregtevoorstanders die hoof bied toe hy die konferensie toegespreek het. Sommige voorstanders het selfs die regering daarvan beskuldig dat hy nie genoeg doen om die gewelddadige misdade teen vroue en kinders te bekamp nie.

“Ons as Suid-Afrika is die verkragtingshoofstad van die wêreld,” het Lebogang Motau van die Free World Initiative, wat nie winsbejag is nie, gesê.

“Die leierskap moet meer doen hieromtrent.”

Volgens die president het die regering reeds wette aanvaar om vroue beter te beskerm en oortreders aanspreeklik te hou. R21 miljard is geoormerk om vrouebemagtiging te bevorder en nog geld is ook beskikbaar gestel om slagoffers te ondersteun, die strafregstelsel te versterk en voorkomingsprogramme te onderneem.

Maar die proses is soms stadig en die finansiering onvoldoende, het Ramaphosa bygevoeg.

Ramaphosa het ʼn beroep op die privaat sektor gedoen om “meer hulpbronne beskikbaar te stel” om geweld te help voorkom.

“Ons moet uitreik na seuns en jong mans om manlikheid te ontwikkel wat respek, begrip en aanspreeklikheid aanvaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Iwan ·

Ag man… as dit jou regtig gepla het sou jy al ou hoed man gefire het en al die useless polisie lede saam met hom.
Jou praat is cheap!

kolonel ·

Ramaphosa dis jou WERK om die bogenoemde hok te slaan. Regeer is ‘n WERK woord.

Clifford ·

Soms as dinge in jou natuur is, is dit nie so maklik om uit geskool te word nie.

Christo ·

Groter griewel dat mense sterf agv die korrupsie deur ANC kaders.

Johan ·

Jy mag nie dit sê nie, politici( en ander) glo mos die ekonomie kan maar vernietig word, dit is skynbaar boos en word besit deur geldgierige mense.

marius ·

Ons woon in ‘n gruwel wat deur julle veroorsaak is ou grote . Dit kan nie herstel word nie . Punt .

Anel ·

Hoekom moet die privaatsektor altyd help? Dit is nie hulle plig nie! Voed jou mense op, man! Dit het niks met geld te doen nie maar met opvoeding! En, ja, daardie vrouens is verkrag, maar hulle verkragters is vrygelaat! So hoe beskerm jy die vrouens? Jou regstelsel , jy en jou regering en alles is ‘n klug.

Judy ·

Anel, alles hier is waar – hoekom moet daar altyd geld wees vir alles wat hulle kastig doen

AndrewL ·

Hoekom wil almal net meer wette hê? Wette voorkom nie misdaad nie.

Dit begin in die huis. Dit gaan voort in die skool. Opvoeding, opvoeding, opvoeding.

Mense moet lewe en mekaar respekteer, dan is wette en die polisie nie nodig nie.

Ongelukkig moet ek hier erken dat dat ons, die geloofsgemeenskap, erg faal in ons taak. Dit is ‘n berg om uit te klim, maar ons moet deurdruk.

ES ·

Die groot probleem is dat onopgevoede mense sonder waardes die onderrig vir mense in daardie gemeenskappe bied. So dit gaan nooit verander nie.

Pietertjie ·

Rama, JY is die hoof-aanspreeklike vir die misdaad, maar blykbaar besef jy dit nie, want jy is nie eens ‘n Staatsman se groottoon nie.

Tewis ·

OU GROTE JULLE HET DAN DIE GRENSE OOP GEGOOI??? SO WAT HET JULLE VERWAG???

Snowball ·

Die grootste gruwel is jou en jou mede ANC bendelede se gruwelike gierigheid, geldhonger en korrupsie wat SA stap vir stap op elke moontlike vlak verwoes het tot die misdaadhool waarin dit nou verander het.

Casper ·

Meneer die president,die privaatsektor is nie daar om die polisie se werk te doen nie daarom is daar ‘n polisiediens wat klaaglik misluk om ‘n diens te lewer.Die skerp styging in misdaad kan toegeskryf word aan die aanstelling as hoedman as minister want hy was as kommisaris afgedank a g v korrupsie toe trek jy hom weer nader.Jy laat toe dat Julius Malema heet spraak praatjies lewer en jy swyg soos die graf.Hoe op dees aarde verdedig hoedman die agterstand by die forensiese afdeling en jy glo hom.Meneer die president dit is maar nog net die begin,die ergste kom nog.

Pieter9 ·

Hierdie is ‘n mors van tyd en tipies ANC manier, praat doen hulle gedurig, doen nooit.
Jy kan hierdie probleem slegs aanspreek met ‘n totaal holistiese benadering, o.a. plaas beperkings op musiek video inhoud, moet nie kondome by skole uitdeel nie, hou op om half-kaal vroue as ‘sexy’ en ‘sterre’ in die media voor te stel en beman spesialis eenhede om vervolging te doen (daar is nog baie meer wat gedoen kan word).

Danie ·

Privaat sektor om te help wat?Waar is die sapd en regstelsel ?Wanneer het misdaad die probleem van die sektor geword?Ja ons moet na ons eie veiligheid ook om sien maar die sapd skitter in hul afwesigheid seker besig om hul eie vure te blus.

Samuel ·

Talk is cheap. Dit is níe die privaat sektor se plig of werk om die staat se werk te doen nie. Ramaphosa, jou polisiemag is hopeloos.

Mallie ·

Ou hoed se vrou moet eers vermoor word voor iets gedoen sal word.

JM ·

Sal ek nog die dag beleeef dat die ANC spul van die aardbol af verdwyn het? Hierdie land is onherstelbaar opgevoeter!

Manie ·

Jou neef se betrokkenheid by skelmstreke is nog meer gruwelik Ramaphosa.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ramaphosa, jy is, was en sal nooit ‘n staatsleier wees nie. Jou eie mense weet jy is onbevoeg.

Kokerboom ·

Die man is ‘n professionele ekspert in twakpraat, mooi broodjies bak en mense om sy vinger draai SONDER die intensie om ooit te presteer!!!Hou op praat en DOEN mnr Ramaphosa!!!!!
Abraham Lincoln het gese: You can fool all the people some of the time and some people all the time but you cannot fool all the people all the time!

Marisa W ·

Die privaat sektor nogal!? Die privaat sektor word in die grond in belas en die geld word uitgemors, maar nou moet ons help – gebruik die belasting om ‘n ordentlike ploisiemag te bou of ontbind die polisiemag sodat ons elkeen privaatbeskerming kan reel – ons doen dit in elk geval reeds.

JohanR ·

‘n Gruwel dat oms jou as president het, en die ANC die land regeer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.