Namibië bekommerd oor renosterstropery

Foto ter illustrasie. (Foto: argieffoto/Pete Ball/Pixabay)

Namibië wil sy stryd teen stropery versterk nadat 28 renosters sedert die begin van die jaar vir hul horings doodgemaak is.

Die land se omgewingsdepartement het gesê ’n “dringende hoëvlakvergadering” is met veiligheidsbeamptes belê om maatreëls in te stel om die golf van “barbaarse” stropery die stryd aan te sê.

Die departement het ook ’n beroep op openbare hulp gedoen “in hierdie moeilike stryd” en gesê geen inhegtenisnemings is tot dusver gemaak nie.

Namibië se Etosha Nasionale Park is veral swaar getref met 19 renosters wat hier gestroop is. Daar is in Maart tydens ’n veldtog om renosters te onthoring op 10 renosterkarkasse afgekom.

Minstens 87 renosters is in 2022 in Namibië gestroop, teenoor die 45 in 2021. Statistiek vir 2023 is nog nie bekend gemaak nie.

In Suid-Afrika is byna 500 renosters verlede jaar deur stropers doodgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.