Nehawu gaan staking teen ‘arrogante’ regering verskerp  

(Foto: Nehawu/Facebook)

Die vakbond Nehawu gaan sy landwye staking Maandag verskerp om sy erns te wys teenoor die “arrogante” regering wat poog om die rol en belangrikheid van staatsamptenare wat aan die voorpunt van dienslewering staan te onderskat.

Nehawu het Sondag tydens ʼn mediakonferensie inligting bekend gemaak oor sy planne omtrent die landwye staking en die wettigheid daarvan.

Zola Sephetha, hoofsekretaris van Nehawu, het die vakbond se lede en werkers in die staatsdiens gehuldig vir hul “meedoënlose stryd” in die staatsdiens deur die staking “sterk en vreedsaam te hou” ter verdediging van kollektiewe bedinging en die regte van werkers.

“Die regering gaan voort om vir ons die middelvinger te wys en ʼn hoë vlak van arrogansie te toon deur die werkers se lot heeltemal te verontagsaam en daarom duur die staking voort totdat die regering aan ons eise voldoen. Werkers het vir te lank die brutaliteit van hierdie gevoellose regering teen hulle verduur.”

Volgens Nehawu sal geen intimidasie of litigasie deur die regering hom van sy “edele saak” afskrik nie.

Nehawu voer aan dat daar ʼn groeiende neiging en doelbewuste pogings deur die regering is om kollektiewe bedinging te ondermyn.

“Hierdie administrasie het werkers doelbewus tot erge armoede veroordeel deur konsekwent te verseker dat loonaanpassings ver onder die gemiddelde lewenskoste is. Ons lede en werkers in die staatsdiens moet die aanslag van hierdie administrasie op baie maniere verduur, insluitend swak werksomstandighede en verskerpte werkslading as gevolg van alomvattende vakatures.”

Minister Joe Phaahla (Foto: Siyabulela Duda/GCIS)

Nehawu se lede staak sedert 6 Maart en die regering het die stakers herhaaldelik gewaarsku om nie die lewering van gesondheidsdienste te belemmer of skade aan eiendom aan te rig nie. ʼn Hofbevel is ook in dié verband bekom en werkers is gewaarsku dat diegene wat nie vir werk opdaag nie, nie betaal sal word nie.

Joe Phaahla, minister van gesondheid, het vroeër gesê minstens vier staatspasiënte se dood word direk met die staking verbind.

Phaahla het intussen Sondag bekend gemaak dat hy die week sal voortgaan met besoeke aan staatshospitale en om assesserings te doen rakende die verskaffing van noodsaaklike gesondheidsdienste in sommige van die distrikte en gesondheidsfasiliteite wat die meeste geraak word regoor die land.

Volgens Phaahla het hy met teleurstelling kennis geneem van Nehawu se aankondiging dat hy die staking gaan verskerp. Hy het weer eens ʼn beroep op die werkers gedoen om vreedsaam te betoog en hulle te weerhou van geweld en intimidasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Julle verstaan nie. Julle bevryders het die staatskoffers geplunder. Nou is die geld op.

kragaap ·

Ha ha “I want, I demand”. Hul base se uitkyk is “I take”……..

annie ·

Afrika weet nie van doodgaan van die honger nie, ok nie van werklike ellende weens oorlog en bloedvergieting nie. Dalk wil Afrika weer oor begin soos nadat die mensdom uit die Paradys gejaag is en uit die goeie Hand van die Skepper darem velle gekry het om hul skaamte te bedek. Weer te gaan sit buite die hek en wag op beter dae… Weer te wag en wag en wag… tot iemand luister… en wag en toi…

Johanna ·

Laat die wat wil staak Dan staak maar moet NIE Ander wat dit NIE wil doen dwing Om dit te down NIE. Vat jul regering Kort jul het gestem vir hulle

Anel ·

Hoe dom is die stakers tog nie! Hulle staan die kans om nie betaal te word nie, maar ook om afgedank te word. En die unie? Hulle lag al die pad bank toe, want hulle kry elke maand hulle bydra van die goedgelowiges. Die unies leef in weelde en hul onderdane moet die spit afbyt. Raak ontslae van die unies en meeste probleme los hulself op!

Amelia ·

Stem saam in elk geval hoeveel van hul stem vir dit (anc) Sien nog baieee probleme met werkers krag rioel en so gaan als ten gronde

Genis ·

Miskien moet n beitjie hard werk en begin n verhoging verdien…

Marius ·

“NO WORK NO PAY” . Dit wil se hulle verloor geld wat hulle NOOIT weer sal opmaak nie.
Hoe stupit kan mens wees??????

domheks ·

Staak man! Demand julle wil die mini-sters se pay he. Hulle doen in elk geval OOK NIKS maar kry hulle pay!

Tino ·

Ek wonder wie het ook bloed op hulle hande, arrogante moordenaars. Nehawu julle is wreed.

Casper ·

Ja en volgende jaar stem hulle weer vir die narre wat hullesel ANC noem.Dit is a g v die narre dat daar nie chung-ching is vir verhogings nie.

LANA is ELANè ·

Ek wil my doodlag, aan die voorpunt van dienslewering staan, is debatteerbaar. Meeste vd mense haat hulle werk en doen dit net vir ñ salaris wat hulle geensins verdien nie. Daar bestaan nie so ding soos dienslewering in die staat nie, miskien ñ handjievol mense wat wil help, maar danksy “redtape” loop hulle hulself telkemale vas teen kollegas wat nie ñ benul vd begrip het nie. Hierdie mense verdien geen verhoging nie, wat nog te sê van die res van hul eise.

Pierre ·

Werk so bietjie in die privaat sektor dan praat ons weer van loon verhogings, NEHAWU besef nie die werklikheid nie

Papsak ·

Hier is nie dienslewering nie hulle staan net rond en lyk of hulle iets doen maar hulle wil staak vir meer geld hoe vertraag is hulle julle doen niks maar wil meer geld he patete

JohanR ·

Al klaar 4 mense se lewens geneem en waar is ons wonderlike ANC?

Waarnemer ·

Kla die Nehawu vakbond bestuur aan vir moord/strafbare manslag oor die minstens 4 mense wie gesterf het agv die staking.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.