NGV: Discovery en kie ‘moet ruggraat kry’

adrian gore discovery

Adrian Gore, die uitvoerende hoof van Discovery. (Argieffoto / Maroela Media)

Terwyl die beoogde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) al nader aan wetgewing beweeg, moet kernrolspelers in die mediese sektor soos Discovery “ruggraat kry en opstaan vir wat reg is”, al is dit nie polities korrek nie, het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Dinsdag gesê.

Hermann het dié stelling gemaak in die lig van Adrian Gore, uitvoerende hoof van Discovery, se oënskynlike aanvaarding van die NGV-wetsontwerp wat volgens sommige kenners verwoestende gevolge vir gesondheidsorg en private mediese fondse in Suid-Afrika inhou.

Verskeie rolspelers, ook Solidariteit, beveg die wetsontwerp met mening, maar Gore het aangedui dat Discovery dit nie aggressief sal teenstaan of in die hof gaan betwis nie; die maatskappy gaan dit volgens Gore eerder “konstruktief met die regering” bespreek.

Luidens berigte erken Gore wel dat die NGV-wetsontwerp in sy huidige vorm onbekostigbaar en waarskynlik onhaalbaar is, asook dat daar gronde is vir regsgedinge oor rasionaliteit. Dit lyk egter nie of Discovery van plan is om só ʼn perd op te saal nie.

“Meneer Gore, die regerende ANC is nie paaibaar nie. Dit is hulle ideologie. Ideologie neem nie die werklikheid in ag nie,” sê Hermann.

“Met alle respek, meneer Gore, waarom moet ander hof toe gaan om u kernbesigheid – goeie gesondheidsorg – in beskerming te neem? Waarom moet ander die moeilike gevegte veg terwyl u bloot politieke verhoudinge wil beskerm?”

Daar is iewers boonop ʼn misverstand oor wat “konstruktief” is, aangesien iemand wat hof toe gaan oor ʼn ongrondwetlike stelsel juis konstruktief is, sê Hermann.

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. (Foto: Solidariteit/Facebook)

“’n Regering wat mag roekeloos sentraliseer, is dekonstruktief en breek ons grondwetlike bedeling af. Iemand wat nie hof toe wil gaan nie, maar met klein wysigings wil paai, is ook nié juis konstruktief vir die groter samelewing nié.

“Daar is ’n antwoord vir ons gesondheidsorgstelsel. Dit is presies die teenoorgestelde van wat die NGV beoog. Private mediese sorg en mediese fondse moet juis in staat gestel word om soveel dienste as moontlik te lewer om die druk op die openbare stelsel te verlig.

“Discovery en kie moet ruggraat kry en opstaan vir wat reg is en nie vir wat polities korrek is nie.”

Hermann sê voorts dat Solidariteit se regspan reeds hard werk om die wetsontwerp in die hof te betwis.

“In die proses sal ons graag met die regering in gesprek tree. Praat en veg gaan dikwels saam. Paai alleen gaan nie werk nie.

“Die totale gesondheidsektor (ook Discovery) moet eendragtig “néé” sê vir die regering se gesondheidsorgplanne. Ons kan oral om ons sien waarom hulle gestop moet word.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Ryan ·

Alle Discovery lede behoort dadelik hulle maandelikse bydraes te staak, totdat Discovery die anc kanker hof toe vat oor nvg.

skurweberg ·

Maak julle oë oop .
Kyk, verken, doen navorsing en beplan julle strategie. As julle steeds onseker is vra dan vir die wat weet.

Hendrik ·

Discovery is ekonomies ingestel. Vir hull gaan dit hoofsaaklik om die deel wat hul op die langtermyn verkry en ondersoek opsies in samewerking met die regering.

Seef ·

Tyd dat Discovery geboikot word. Soos daar met Spur en Dischem gemaak is.

Janine ·

NGV…..wat mense al vir jare ontvang… Ek is sprakeloos! Ons staatshospitale is ‘n nagmerrie. Privaat al vir jare nie veel beter!

GWS ·

Discovery dink hy gaan voordeel trek uit die nuwe NGV. Word wakker Discovery, word wakker of jou pap val op die grond!

Johanncb ·

Die NGV is ‘n verkiesingsfoefie wat deur alle regdenkendes beveg moet word!

domheks ·

Discovery kruip gat by die regering. Seker beloftes gemaak vir die toekoms …

Johann ·

Lekker Dirk. Dis nou ‘n “in your face” aanvat van ‘n twee gat Jakkals. Melk die nasie met sy Loyalty Mediese Sorg Program, en staan ek kyk hoe die land verwoes word.

Hendrik ·

Ons sal ons medies verander van Discovery na iets soos #OnsSalSelfMedieseFonds.

Kaptein ·

Discovery medies hou hulle bank aan due gang. Dis hoekom daar so baie beperkings op al hul planne is. Hoe meer hulle spaar, hoe meer gaan die bank. Hierdie is die laaste wat doen die regering dat hoë profiel maaatskappye gatkruip by hulle.

Lian ·

Die regering weet nie wat dit gaan kos nie en ook nie hoe om daarvoor te betaal nie.Dit het in geen land gewerk nie Kyk hoe misluk die NHS inBrittanje

Johan ·

Kyk maar hoe het Discovery met C19 aan gegaan, hulle sal net ja en amen op alles wat die regering sê. Ek verstaan regtig nie hoekom enige iemand nog hul geld vir daai klomp gee nie.

Michael ·

Dicovery net nog ‘n departement in die ANC. Dat mense hulle nog ondersteun net so mindboggling soos diegene wat vir die ANC stem

KB ·

Ek het nog nooit enige geloof in Discovery gehad nie…klomp geldwolwe.

Marius ·

Baie beter plekker as hulle maak julle oe oop hulle betaal premies aan mense on besigheid te hou

Papsak ·

Discovery is te duur en doen eindlik niks vir hulle mense nie boikot hulle laat hulle sien dankie ek het geen medies nie almal simpel met hulle gelde en doen niks

houopkruip ·

Gore en Discovery se reputasies loop hulle vooruit.
Het tans te veel om te verloor indien hy sy groot, “massas” kliente-basis ontstel.
Maar Gore vergeet dat die wiel draai, en dit waarvoor hy en sy ANC maatjies staan, is nie volhoubaar nie.
Die korporatiewe wereld is onvergewens-gesind Gore – jy sal nog uitvind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.