Nog ʼn jong man op plaas vermoor

(Argieffoto: Lorraine Claasen)

Die liggaam van ʼn 28-jarige man is Maandag kort ná middernag met verskeie skietwonde in ʼn huis op ʼn plaas tussen Stofberg en Groblersdal aangetref.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie in Limpopo, sê beamptes is in die vroeë oggendure na die plaas Frischgewagt ontbied waar hulle die liggaam van Raymond Gregory Papabavlou in een van die vertrekke in die plaashuis aangetref het.

Papabavlou se vrou en ander gemeenskapslede was met die polisie se aankoms op die toneel.

“’n Ondersoek na die presiese omstandighede rakende die skietery is van stapel gestuur,” het Mojapelo gesê.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het gelas dat die voorval deeglik ondersoek en die skuldige(s) in hegtenis geneem moet word.

Die voorval volg kort nadat die 21-jarige Brendin Horner verlede week wreed op ʼn plaas in die Paul Roux-omgewing in die Vrystaat vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

34 Kommentare

jongste oudste gewildste
Willie

En so word die oorlog erger.

Genis

Dis eindelik al lankal n oorlog teen ons wittes, wat ons verloor… sonder dat iemand n oog knip word ons stadig maar seker vermoor… HOE VAT N MANS VIR CR WERELD HOF TOE? Ek wonder hoe sal die wat dood roep voel as hulle kinders vermoor word?

Dup

Baie van hierdie aanvalle word haarfyn beplan en uitgevoer met militêre presisie.Dit laat mens dink of daar nie ñ meesterbrein agter alles sit nie.Intimideer deur middel van terreur en jaag so baie boere van hulle grond af.Jy kan nie boer en ook jouself verdedig teen sulke aanvalle nie.

Pieter

En nog steeds staan ons blankes nie op en neem standpunt in nie. Die dag as ons dalk een dag wakker skrik gaan dit te laat wees

Morne

Die Burger oorlog is naby. Die boere begin moeg raak vir die gemors!!!!!!!!!!!!!!!!!!