Nog ʼn sinkgat het in Gauteng geval. Dié keer naby die N12 in Benoni.
Die Gautengse departement van paaie en vervoer het Saterdagoggend gewaarsku die sinkgat by Snake-rylaan naby die N12 is vier meter diep. Volgens ʼn kennisgewing deur die departement is die N12 tussen Golden-rylaan en Pioneer-weg gesluit. Motoriste is aangeraai om dié pad te vermy en eerder die Tom Jones-afrit na Heidelberg te neem.
Dit is die derde sinkgat in ʼn week wat in Gauteng val. Die eerste twee het vroeër die week in onderskeidelik Centurion en Delmas geval. Gauteng het boonop Vrydag swaar reën gehad, wat vermoedelik bygedra het tot die ontstaan van die sinkgat in Benoni.
Die Ekurhuleni-munisipaliteit sê hulle sal ʼn geologiese ondersoek doen om die omvang van die probleem te bepaal.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
Ek dink dit sal wys wees om vinniger as 80 in daai gat te ry nie.
‘n Gravitasie-opname is nodig en baie duur. Dink nie daar is geld in die koffers nie. Dieselfde munisipaliteit het geld vir naamsveranderings. Dit gaan goedkoper wees om daardie pad Goliat se Gat te noem en aan te beweeg. Motoriste weet dan wat om te verwag op daardie pad met so ‘n naam. ‘n Inheemse naam sal Nkandla wees, ook ‘n groot gat daar wat baie geld gesluk het.
‘n Ondersoek? Swak onderhoud!
Dis Snake road nie N12 nie. Die N12 is die snelweg wat die pad kruis.
Dink ons moet die arme ANC soe bietjie van ‘n breek gee, en hierdie een nie op hulle blameer nie. Die natuur gee, en hy wat weg!!