Nog ʼn substasie brand

Die brand het omstreeks middernag by die Lotus-substasie uitgebreek. Reuseskade is aangerig. (Foto: Verskaf)

Inwoners van groot dele van Lenasia sit in die donker nadat die Lotus-substasie omstreeks middernag in vlamme opgegaan het.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê die voorlopige ondersoek dui daarop dat ʼn voerbord op een van die transformators aan die brand geslaan het. Nooddienswerkers het die vlamme vroeg vanoggend geblus.

Die span sal vanoggend die laaste opruimingswerk doen, waarna ʼn ondersoek na die oorsaak van die brand van stapel gestuur sal word.

In hierdie stadium word Zakariyya Park, Vlakfontein, Hospital Hills en dele van Lenasia-Suid- deur die onderbreking geraak.

Michael Sun, burgemeesterskomiteelid vir die omgewing en infrastruktuurdienste, sal die substasie Vrydagoggend self besoek om hom te vergewis van planne om die substasie te herstel.

“Die voorlopige ondersoek dui daarop dat die voerbord heeltemal uitgebrand het,” sê Mangena. Foto’s dui ook op grootskaalse skade wat aangerig is.

Die ondersoek sal die omvang van die skade bepaal en ʼn beter aanduiding gee van hoe lank herstelwerk kan duur. Die moontlikheid sal ook ondersoek word om die geraakte gebiede op ander, tydelike maniere van krag te voorsien.

Daar is in hierdie stadium egter geen aanduiding van wanneer kragtoevoer weer herstel sal word nie.

Die brand is een van verskeie voorvalle by substasies wat inwoners in die donker gelaat het. (Foto: Verskaf)

Die substasie in Lenasia is een van verskeie wat die afgelope ruk in brande of weens diefstal beskadig is. Vandalisme en kabeldiefstal het einde verlede maand ʼn kragonderbreking in Wierdapark en Eldoraigne in Centurion veroorsaak. Altesame 10 panele by die substasie in Springbokstraat is gesteel en het tot die onderbreking gelei.

Lyttelton en Kloofsig was kort tevore ook in die donker nadat ʼn reusebrand by die Kloofsig-substasie uitgebreek het.

Talle buurte in Kaapstad was ook in Desember sonder krag nadat ʼn brand van hoogspanningskabels inwoners in die donker gelaat het. Die oorsaak van die kragonderbreking is geïdentifiseer as grootskaalse skade aan een van Eskom se hooftoevoerkabels.

In die ooste van Pretoria was duisende inwoners byna twee weke lank sonder krag nadat ʼn brand die Mooikloof-substasie verwoes het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Samuel ·

Al die skielike brande by substasies en beskadiging van oorhoofse kraglyne lyk darem baie verdag.

Chris dupreez ·

Swak of geen instandhouding speel n beduidende rol in sulke gebeure.

krodedil ·

Jy slaan die bal ver mis met hierdie een. Dis gewoonlik sabotasie of diestal wat veroorsaak dat die proteksie nie goed werk nie.

Manie ·

Johan. Absoluute sabitasie. Die dinge gebeur net te veel en niemand hou wag oor die plakke nie

Willem ·

Help my reg as ek verkeerd is maar ‘n voerband op ‘n transformator? Dis mos nou twak.

Manie ·

Dit lyk soos absolute sabotasie om die land te krippel. Waar is die security wat die tipe plekke oppas soos in doe iu dae. Want dit is sleutel punte in die land. Opha sidder om te weet wat gaan van onse land word

Pieter ·

Mens kan nie alles oppas nie… Daar moet voorbeelde gemaak word. Die land het te min geregtigheid, dus maak almal maar soos hulle wil op hulle eie manier…

Genis ·

Our People kan ongelukkig niks opbou nie, dis n afbrekende spul… kanie aan die dag van more dink nie.. Het nog nooit, sal nog nooit…

Pampoen ·

Is daar nie outomatiese stelsels wat die krag afsny en brandtoerusting aktiveer nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.