Nog R33 miljard nodig om Kusile, Medupi te voltooi

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Dit gaan nog minstens R33 miljard kos om die Medupi‑ en Kusile-kragstasies te voltooi.

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag vrae in die parlement beantwoord waartydens hy bekend gemaak het dit gaan nog sowat R19 miljard kos om Medupi te voltooi en R14 miljard om Kusile te voltooi.

“Eskom se voorneme is om die oorblywende omvang van werk by Medupi en Kusile te voltooi binne die huidige projekbegrotings wat deur die Eskom-raad goedgekeur is.

“Eskom maak bestendige vordering met die ontwikkeling en implementering van doeltreffende tegniese oplossings vir die groot aanlegdefekte by die Medupi- en Kusile-kragstasies.”

John Steenhuisen, DA-leier, het dit aan Ramaphosa gestel dat hy al in 2015 beloof het dat beurtkrag binne twee jaar uitgeskakel sou word.

Ramaphosa het hierop geantwoord dat beurtkrag nie die opsetlike bedoeling van enigiemand is nie en dat hy die uitlatings in 2015 gemaak het omdat hy werklik geglo het dat Medupi en Kusile die land se kragprobleme sou oplos.

Hy het beurtkrag beskryf as ’n “ramp van enorme proporsie” en gesê twee weke gelede het byna 50% van die land se opwekkingskapasiteit in duie gestort.

Volgens Ramaphosa is daar foute langs die pad gemaak, maar word daaraan gewerk om die probleme op te los. Hy het gesê daar sal binnekort aankondigings gedoen word wat hy “hoop en vertrou ons vorentoe sal neem”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

54 Kommentare

Groen Ghoen ·

ANC op sy beste! Is daar niemand wat ‘n einde aan hierdie bende misdadigers kan maak nie? En die kersie op die rioolplaas is die Onteieningswet. Hoe lank kan die kameel nog staande bly?

Pieter ·

Wonder wie het die Tender? (Want ons normale ouens hier buite kan baie reg kry mee 33 Miljard, nie net 2 kragstasies nie). – Al die syfers is so gekook soos more die heeldag.

Wondermaarnet ·

En as ons weer lees dan is dit R133 miljard wat gemors is en die werk is steeds nie klaar nie. Wie het tenders gekry om klaar te maak? Die publiek mag seker nie weet nie.

KatjieDeKat ·

I hope i’m wrong but this feels to me like money being thrown down a bottomless pit.

Kokerboom ·

ANC asook Medupi en Kusile is “rampe van enorme proporsie”!!!!
SA gaan nooit hiervan herstel!

Nie Verbaas ·

Nou toe nou. Wat het van die geld geword van die oorspronklike begroting? Porche Cayenne, Hennessy en paleis? ANC tog so voorspelbaar.

Henry ·

Dit sou net so 10 miljard gekos het nou nog 30 miljard maw seker sover 60 miljard gekos. Hulle moet die regte mense kry vir die regte werk. Nie anc mense nie.

Deon ·

Die gierigheid van slinkse mense is besig om die land in elende te dompel. Dit is duidelik dat niks die voortslepende diefstal en verval gestop gaan kry nie.

honeybee ·

Ja ja en dood het ook n oorsaak dink nie dit sal in my tyd gebeur nie.

PieterJ ·

Ek lees daar is gelukkig darem genoeg geld vir eskom salarisverhogings, vir al hul goeie en harde werk natuurlik.

Mariana ·

Foute sluip soms in, maar onbevoegdheid en korrupsie is nie foute nie. Dis sommer net krimineel. En raai die verbruiker sal verseker weer moet opdok. So moeg betaal vir hulle “foute” Hulle moet skoert!!!!

Watsenaam ·

My oorlede pa het op sy dae, ‘n skaap vir ‘n tiekie (sowat 2 1/2 sent gekoop) vandag kos n skaap by die slaghuis (klaar geslag sonder afval ens) jou R2 300.00. So wat sal die waarde va R33 Miljaard oor se maar 30 jaar. Wonder maar net.

Heinrich ·

“Ramaphosa het hierop geantwoord dat beurtkrag nie die opsetlike bedoeling van enigiemand is nie’ nogal. Dis die ANC se opsetlike bedoeling om staatsentiteite doelbewus met hulle ideologië in die grond in te loop.

Genis ·

Die ANC kort geld vir hulle verkiesing in 2024…. weer lekker verkwansel?

Republikein in die Wes Kaap ·

O ja, front organisasies kry tenders en die ANC rol in die geld.

Witbaard ·

Minstens??? maak alweer voorsiening vir grootskaalse plundering

domheks ·

Watter kader kort nog R33 Miljoen? Want BBBBEEEEEE kan nie vertrou word nie!
Het cANCer al ooit gehoor geld word betaal NADAT ‘n sekere deel van die werk voltooi is. Met ‘n einddatum vir finale afhandeling – waarna die res van die geld betaal word??

Danie ·

Ek stel voor die regering moet al die geld wat met korrupsie gepaard gaan insamel dan het hulle my aandag.

Hendrik ·

Wel die algemene publiek het geen keuse as om te wag dat hierdie 2 kragstasies voltooi moet word nie. Indien die kragstasies die kragprobleme oplos, soos beweer word, sal die publiek weer niks doen om hul teen toekomstige probleme te verskans?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die twee kragstasies is swak ontwerp en nog swakker gebou. Sal chronies probleme gee en eventueel ontplof en induie stort.

Waarnemer ·

Regtig!Wat van julle jaag almal wie tans by Kusile werk weg en stek SA ambagsmanne en tegnici aan om die projek te voltooi?

Kobus ·

So , eintlik moet die twee stasies oorgebou word. Wat van die miljarde wat reeds daar spandeer is

Manie ·

Jip, ‘n dekade laat, miljarde oorbestee, val uitmekaar en moet weer van vooraf begin. ANC bestuurstyl.

John ·

Hierdie keer is dit agv die vreeslike storm winde op die Maan wat veroorsaak het dat die beton nie behoorlik kon droog word nie. Gaan hulle met daai geld die filters ook insit om die lug skoon te Hou, siende dat ons reeds daarvoor betaal het?

Swanie ·

Oom Cyril sal dit sommer vir julle onder sy rusbank kussings uithaal.

Peter ·

en heoveel jaar gelede moes Medupi al afgehandel gewees het??? Maar toe raak julle mos van die kwaliteit opgeleidde mense ontslae om julle cronies werk te gee n daars hy………..banana republic

Strandloper ·

Aanlegdefekte….bedoelende op anc wat n ramp van enorme proporsie is.

Windhond ·

Is die beraming van R33 Miljard vir die oprigting en voltooing of vir die oprigting voltooing en diefstal van…………..

ES ·

Dit is die opsetlike bedoeling van iemand – die mense wat ESKOM tot in die grond toe wanbestuur het en die mense wat so lekker onwettige konneksie na hul nedersettings toe aanle… hierdie gaan nooit verander nie.

Wildemien ·

Julle spul is van FOUTE aanmekaar gesit man! Wonder of hy werklik ‘n konsep het van hoeveel veragting elke dag sy kant toe gespreek word. Nie dat hy sou omgee nie, maar nietemin.
Foute foute foute. En dis maar net “sorry, neh’.
Verpestelike knaap.

PieterJ ·

“beurtkrag nie die opsetlike bedoeling van enigiemand is nie”
Nee, dis n natuurlike talent!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.