Nominasies vir topsewe bekend

Hilda Mulayo, ʼn veteraan van die ANC-vroueliga by die ANC-verkiesingskonferensie (16 Desember 2022) (Foto: Marco Longari/AFP)

Ná talle vertragings by die ANC se nasionale verkiesingskonferensie in Johannesburg is kandidate Saterdag uiteindelik benoem vir ʼn posisie in die ANC se topsewe.

Daar is Saterdagaand besluit om die party se grondwet te wysig ten einde nog ʼn posisie van adjunk-sekretaris-generaal binne die topleierskap te skep.

Die meeste lede van die huidige topses is weer vir dieselfde posisie benoem, behalwe Ace Magashule, wat weens strafregtelike klagte van korrupsie opsy moes staan, en Jessie Duarte, wat vanjaar oorlede is. Die party kan ook ‘n nuwe adjunk-president verwag, nadat David Mabuza ‘n nominasie van die vloer af van die hand gewys het.

Van die lede wat moontlik nou deel kan vorm van die ANC se leierskorps is Pule Mabe, tans die woordvoerder van die ANC, Fikile Mbalula, die minister van vervoer, en Tina Joemat-Pettersson, voormalige minister van energie.

Lindiwe Sisulu, minister van toerisme, is nie ingesluit nie.

Hier is die nominasies wat Saterdagaand ontvang is om die party te lei:

President: Cyril Ramaphosa en dr. Zweli Mkhize

Adjunkpresident: Ronald Lamola, Oscar Mabuyane en Paul Mashatile

Nasionale voorsitter: Gwede Mantashe, David Masondo en Stanley Mathabatha

Sekretaris-generaal: Mdumiseni Ntuli, Phumulo Masualle en Fikile Mbalula

Eerste adjunk-sekretaris-generaal: Nomvula Mokonyane en Tina Joemat-Pettersson

Tweede adjunk-sekretaris-generaal: Maropene Ramokgopa en Ronalda Nalumango

Tesourie-generaal: Benjamin Chauke, Pule Mabe, Mzwandile Masina en Gwen Ramokgopa

Afgevaardigdes sal na verwagting Sondag hieroor stem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.